Tekort aan ondersteuning veroorsaak daling in kommersiële bewareas - October 6, 2025
Die aantal bewareas in kommersiële plase in Namibië het ‘n daling van sy hoogtepunt van 25 in 1996 tot ‘n handvol aktiewes in 2024 aangeteken. Die neiging word hoofsaaklik toegeskryf aan ‘n gebrek aan voldoende regeringsondersteuning en aansporings. Die bewareas is vrywillige verenigings van kommersiële boere wat hul grond saamspan vir samewerkende wildbestuur en bewaring. […]
Drie vas vir smokkel met Welwitschias - October 6, 2025
Drie mans, twee Namibiërs en een Angolese burger, verskyn vandag in die hof op Ongwediva nadat hulle oor die naweek op Oshikango vasgetrek is vir handel in die beskermende Welwitschia mirabilis-plant. Die drie is tydens ‘n geheime operasie by ‘n kroeg op Oshikango gearresteer met drie plante in hulle besit wat hulle wou verkoop. Die […]
Raadslede en burgemeesters wat ANC ondermyn, word verwyder - October 6, 2025
Die ANC sal ingryp by plaaslike regerings in provinsies en burgemeesters en raadslede verwyder wat teen die party se belange werk. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het tydens ‘n spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering beklemtoon die party sal fokus op die verskerping van kandidaat-keuring en sy interne prosesse versterk:
VSA-diplomate gemobiliseer om Kuba-embargo te behou - October 6, 2025
President Donald Trump se administrasie mobiliseer Amerikaanse diplomate om teen ‘n VN-resolusie te werk wat Washington versoek om sy dekades lange embargo op Kuba op te hef, deels deur besonderhede te deel oor Kuba se steun vir Rusland se oorlog in die Oekraïne. Daar is volgens die VSA meer as 5 000 Kubane wat saam […]
Russell vat Grand Prix in Singapoer - October 6, 2025
Mercedes-renjaer George Russell het ‘n oorheersende oorwinning in die Singapoer Grand Prix behaal, sy tweede van die seisoen. Red Bull se Max Verstappen en Lando Norris van McLaren het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Oscar Piastri moes met die vierde plek tevrede wees, en sy voorsprong bo spanmaat Norris is nou verminder tot 22 punte […]
Hersiening van Psemas word (steeds) beplan - October 5, 2025
Die finansministerie het die eerste minister dr. Elijah Ngurare ingelig oor die voorgestelde hersiening van Psemas deur die bestuur van die skema, sy komitee en die finansminister, Erica Shafudah. Die oorsig poog om die voordele van lede te herevalueer, tariewe te hersien, bestaande skuiwergate in die stelsel aan te spreek en om kontrakte vir diensverskaffers […]
Onderwysers se drinkgewoontes deur Nantu aangespreek - October 5, 2025
Petrus Kashumali, streeksvoorsitter van die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, sê onderwysers moet hul alkoholgebruik op weeksdae verminder, aangesien dit bydra tot onetiese gedrag in die samelewing. Kashumali het gepraat tydens ‘n finansiële geletterdheidseminaar vir onderwysers in Kavango-Oos se Rundu-kring om selfmoord in die onderwysberoep te bekamp.
Pole ontplooi vegvliegtuie teen Russiese aanvalle in westelike Oekraïne - October 5, 2025
Navo-lid Pole het vroeg vanoggend vliegtuie ontplooi om sy lugruim te beveilig na Rusland lugaanvalle op Oekraïne uitgevoer het. Oekraïnse amptenare het berig dat missiele en hommeltuie op die Lviv-streek naby die Poolse grens neergereën het. Die hele Oekraïne was vir etlike ure oornag onder lugaanvalwaarskuwings, met die Oekraïnse lugmag wat ernstige waarskuwings oor missiel- […]
Tyrese Gibson op US$20 000 borg in dieremishandelingsaak - October 5, 2025
Die Fast and Furious-ster, akteur Tyrese Gibson het homself aan Fulton County-owerhede, in Atlanta, Georgia, oorhanding, ‘n week nadat ‘n arrestasiebevel uitgereik is vir dieremishandeling ná ‘n voorval waar sy honde die troeteldier van ‘n buurman doodgebyt het. Hy is vry op borg van 20 000 Amerikaanse dollar maar sy vier honde is steeds soek. […]
Oranje-bekken eksplorasie behaal 60% sukses - October 5, 2025
Die Afrika Energie Kamer sê die Oranje-bekken lei die vasteland se sukses in eksplorasie met ‘n syfer van 60 persent. Namibia Mining and Energy berig dat dit een van die vasteland se aktiefste eksplorasie-gebiede is. In minder as vier jaar is net meer as 6 miljard vate olie-ekwivalent ontdek, ‘n tempo vergelykbaar met Guyana. TotalEnergies, […]