City Power ontkoppel ses eiendomme met miljoene in skuld - October 5, 2025
City Power het ses eiendomme wat miljoene op hul elektrisiteitsrekeninge skuld, ontkoppel tydens sy jongste inkomsteherwinningsveldtog in Johannesburg. Die operasie, gelei deur die Hursthill Diensleweringsentrum en wetstoepassers, het wanbetalers in Auckland Park, Northcliff, Fairland en Westdene geteiken. Agterstallige skuld het gewissel van 600 000 Suid-Afrikaanse rand tot 2,3 miljoen rand. City Power het kliënte aangespoor […]
Amerikaanse sojaboonboere skarrel, China koop niks - October 5, 2025
Desperate sojaboonboere en hul handelsorganisasies in die VSA skarrel om nuwe vennote te vind vir hul oeste na China, vir die eerste keer in 20 jaar, geen aankope gedoen het nie. Nigerië, Viëtnam en Bangladesj is van die tiekenlande. Die pogings tot dusver misluk om die verliese te te verminder met trekkervervaardigers en ander landboubesighede […]
Oekraïne: China help Moskou met intelligensie - October 5, 2025
Die Oekraïne se intelligensiediens sê China bied intelligensie aan Rusland om Moskou in staat te stel om aanvalle in die Oekraïne beter uit te voer. Oleh Alexandrov van die diens sê dat China satellietintelligensie oor teikens oordra, insluitend die wat voordeel trek uit buitelandse beleggings. Daar is volgens hom bewyse van samewerking tussen Rusland en […]
Brent daal skerp, val met 8% - October 5, 2025
Oliepryse het die week afgesluit met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit is die grootste verlies in drie maande. Die verwagte toename in Opul-plus produksie en die Irak/Koerdiese pypleiding wat begin vloei nadat dit vir twee jaar gesluit was het bygedra. Ontleders meen ook die […]
UDM-vroue bekommerd oor gebrekkige paroolstelsel - October 5, 2025
Die UDM-vroueorganisasie is bekommerd oor Suid-Afrika se gebrekkige paroolstelsel met verwysing na 18 052 paroolgangers wat binne drie jaar weer oortree het, waaronder 493 moorde en 624 verkragtings. Die sekretaris-generaal Thandi Nontenja dring aan op hervorming wat slagofferveiligheid, aanspreeklikheid en oortreder-rehabilitasie eerste stel. Sy verwelkom onlangse besluite deur die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, […]
Deby kry sy sin in Tsjad - October 5, 2025
Tsjad se parlement het ‘n grondwetlike wysiging oorweldigend goedgekeur wat die presidensiële termynperke afskaf, ‘n skuif wat kritici beskryf as ‘n stap om die heerskappy van president Mahamat Idriss Deby Itno te verskans. Die omstrede besluit baan die weg vir Deby om moontlik dekades aan bewind te bly. Die wysiging is deur Deby se party […]
Russell spring eerste weg in Singapoer - October 5, 2025
George Russell sal die voorste wegspringplek in die Singapoer Grand Prix inneem en het ‘n nuwe ronderekord by die Marina Bay-straatrenbaan opgestel. Die Mercedes-jaer het Max Verstappen van die Red Bull-span net-net met 0,182-sekondes geklop. Titelmededingers Oscar Piastri en Lando Norris het 3de en 5de gekwalifiseer, wat ‘n uitdagende wedren vir die McLaren-paar op die […]
Beperkings op invoere van voertuie ouer as 12 jaar ingestel - October 5, 2025
Die Namibiese regering het nuwe beperkings op die invoer van tweedehandse motorvoertuie ouer as 12 jaar aangekondig. The Brief berig die handelsministerie sê dit het net betrekking tot voertuie buite die algemende doeanegebied, wat Botswana, Eswatini, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika insluit. Die maatreël is daarop gemik om die toestroming van verouderde voertuie na die land […]
Mthethwa se doodsertifikaat uitgereik, baan weg vir repatriasie - October 5, 2025
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa se familiewoordvoerder, die voormalige adjunkminister Sfiso Buthelezi, het die ontvangs van sy doodsertifikaat bevestig wat die beplanning van repatriasie moontlik maak. Mthethwa is vroeër die week dood gevind buite ‘n hotel in Parys. Buthelezi sê sy oorskot moet nog vrygestel word hangende ‘n nadoodse verslag wat Dinsdag verwag […]
ICE beamptes skiet gewapende vrou in Chicago - October 5, 2025
Die Amerikaanse grenspatrolliepersoneel het ‘n gewapende vrou in Chicago geskiet na talle betogers met die federale immigrasie-agente in die suidweste van die stad te kampe gehad het. Die departement van binnelandse sekuriteit sê geen wetstoepassers is ernstig beseer in die voorval waarin die groep, wat die vrou ingesluit het, hulle motors vas teen die owerheid […]