Bulle behaal opwindende oorwinning oor Leinster - October 5, 2025
Die Bulle het Saterdag vir opwindende rugby voor ‘n tuisskare in Pretoria gesorg met ‘n bonuspunt-oorwinning van 39-31 teen die verdedigende kampioen Leinster in Ronde Twee van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die gashere het die aanslag van die Iere in die tweede helfte oorleef. Leinster het van ‘n agterstand van 22-10 herstel om die voortou te […]
Loodsfase van nuwe sensus begin - October 5, 2025
Die adjunk-statistikus-generaal, Ottillie Mwazi, het veldbeamptes van die Namibië Statistieke-agentskap in Otjiwarongo toegespreek tydens ‘n insweringseremonie. Die beamptes gaan die agentskap se finansiële insluitingsopname behartig. Aangesien dit slegs ‘n voorbeeldopname is, sal dit slegs sekere huishoudings insluit. Daarbenewens is die Namibië inkomste- en uitgawes-opname nog aan die gang. Mwazi verduidelik.
VN se Algemene Vergadering se rol moet versterk word – Lamola - October 5, 2025
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die VN se Algemene Vergadering se sentrale rol in globale bestuur moet versterk word om lidstate te bemagtig. Lamola het tydens die 22ste Vergadering van Nordies-Afrika-ministers van Buitelandse Sake by die Victoria-waterval in Zimbabwe, die behoefte aan die hervorming van die Veiligheidsraad in lyn met […]
München se lughawe sluit weer - October 5, 2025
Die lughawe in München, Duitsland het vlugbedrywighede verder vertraag weens hommeltuigwaarnemings. Dit volg na waarnemings vroeër alle verkeer by die lughawe vir etlike ure tot stilstand gebring het. Ongeveer 6 000 passasiers is geraak deur die jongste voorval, met 23 vlugte wat herlei is en 58 kansellasies en vertragings. München bied tans sy beroemde Oktoberfest-bierfees […]
Nam-Bots Bilaterale-kommissie vergader die week - October 5, 2025
Namibië is gasheer vir die Botswana-Namibië Bilaterale-kommissie wat die komende week in die hoofstad gehou word. Presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Dumo Boko sal as voorsitters dien. Senior regeringsamptenare en ministers sal ook vergader. Die kommissie is in 2021 gestig om ekonomiese sowel as diplomatieke samewerking te versterk. Kwessies van samewerking sal sekuriteit, ekonomie, maatskaplike uitdagings […]
Mutharika ingehuldig as Malawi se president - October 5, 2025
Peter Mutharika is as president van Malawi ingehuldig. Die 85-jarige was voorheen die president tussen 2014 en 2020. Sy terugkeer, na ‘n beslissende verkiesingsoorwinning, plaas hom aan die stuur van ‘n land wat met ‘n ernstige ekonomiese uitdagings sukkel. Hy het 56 persent van die stemme op hom verening teenoor Lazarus Chakwera se 33 persent.
Israel het ingestem tot onttrekkingslyn – Trump - October 5, 2025
Israeliese aanvalle het minstens 70 Palestyne gedood, ondanks die oproepe van die Amerikaanse president Donald Trump vir Israel om die aanvalle te staak. Hamas het ooreengekom om gyselaars vry te laat maar het vrae oor sommig elemente van Trump se 20-punt-plan. Saterdag het Trump Hamas aangespoor om vinniger op te tree met die vyrlatings en […]
Bokke kom terug, klop Los Pumas 29-27 - October 5, 2025
Met bykans ‘n herhaling van hul vorige kragmeting teen Argentinië, het die Bokke in die tweede helfte van hul laaste Rugbykampioenskap-wedstryd teruggeveg om Los Pumas met 29-27 te klop. Dit is die Bokke se tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskap-titel. Die Argentyne het voor ‘n volgepakte Allianz-stadion in Londen eerste punte aangeteken en met rustyd met 13-10 voorgeloop. […]
GBV, kindermoorde aangespreek op Okahandja - October 5, 2025
Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, het Saterdag tydens CC Riders Windhoek-motorfietsklub se bewusmakingsveldtog op die dorp ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om geslagsgebaseerde geweld te staak. Okahandja is vroeër vanjaar deur drie kindermoorde geruk. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus was daar en doen verslag van die toneel:
GOOD verwelkom uitspraak oor skadevergoeding vir apartheid - October 5, 2025
Die GOOD-party het die Pretoriase Hooggeregshof se besluit verwelkom om president Cyril Ramaphosa en die regering se poging af te wys om ‘n skadevergoedingsaak van 167 miljoen Suid-Afrikaanse rand deur apartheidslagoffers en die Stigting vir Menseregte, onbepaald uit te stel. Die party sê dit is belangrik vir die integriteit van Suid-Afrika se regstelsel dat die […]