Hulde gebring aan sinagoge-slagoffers - October 5, 2025
Die families van die twee slagoffers van die aanval op die sinagoge in Manchester het hulde aan hulle gebring as helde. Adrian Daulby en Melvin Cravitz is Donderdag in die aanval by die Heaton Park-sinagoge in Crumpsall dood. Daulby is per ongeluk geskiet toe die polisie op die aanvaller Jihad al Shamie losgebrand het. Die […]
Eagles verloor teen Zim, maar het reeds gekwalifiseer vir wêreldbeker - October 5, 2025
In krieketnuus het Namibië se nasionale span Saterdag met sewe paaltjies teen Zimbabwe verloor in die IKR Mans T20 Wêreldbeker Afrika-streekfinaal in Harare. Namibië se telling was 167 vir die verlies van ses paaltjies, terwyl Zimbabwe 171 lopies vir die verlies van drie paaltjies behaal het. Albei spanne het reeds hul plekke in die wêreldbeker […]
BoN werk aan OTM-probleme met nuwe geld - October 4, 2025
Daar is toenemende kommer dat Namibië se nuwe banknote en muntstukke deur OTM’s en dobbelmasjiene verwerp word. In reaksie hierop sê die Bank van Namibië dat hulle saam met verskaffers, kommersiële banke en ander vennote werk om die integrasie van die nuwe geldeenheid te bespoedig. Sommige masjiene aanvaar glo nie die onlangs bekendgestelde note nie, […]
Eskom se herstelplan lyk gesond - October 4, 2025
Eskom se opwekkingsherstelplan het die maand-tot-datum se energiebeskikbaarheidsfaktor tot 70,45 persent gestoot, wat sy 70-persent-teiken oortref. ‘n Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit het die aanlegbetroubaarheid verbeter met verminderde onbeplande onderbrekings. Die kragverskaffer sê daar was 140 opeenvolgende dae sonder beurtkrag, met slegs 26 uur sedert April aangeteken. Mokwena sê dieselafhanklikheid het skerp gedaal, wat koste […]
Spanje oorweeg omstrede aborsiereg - October 4, 2025
Die linkse regering in Spanje stel voor dat die reg tot aborsie in die grondwet verskans moet word nadat die Munisipale Raad van Madrid besluit het om vrouens in te lig oor die sogenaamde “ná-aborsie-sindroom”. Die geskil het ontstaan toe die raad, wat deur die konserwatiewe Popular Party beheer word, ‘n ver-regse voorstel aanvaar wat […]
Rugby: Só lyk die VRK-uitslae - October 4, 2025
Die Stormers het die Ospreys Vrydag by die Kaapstad-stadion oortref en uitgestof, vir ‘n perfekte begin tot hul Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen. Die welkome 26-10 sege gee die Stormers twee oorwinnings in hul eerste twee wedstryde, met 9 uit ‘n moontlike 10 punte op die punteleer. Die Haaie en die Dragons het met 17-elk gelykop gespeel in hul […]
CCTV-skenkings vir CoW se misdaad-, ongelukstryd - October 4, 2025
Misdaadbestryding in die hoofstad gaan danksy skenkings van geslote-kringtelevisiekameras, of CCTV, aan Stad Windhoek opgeskerp word. Die Motorvoertuigongeluksfonds, die MVAF, het CCTV-toerusting van bykans 141 000 Namibiese dollar aan die munisipaliteit geskenk, wat ingespan gaan word in areas waar baie ongelukke voorkom. FNB Namibia se CCTV-skenking ter waarde van 500 000 dollar gaan in misdaadgeteisterde […]
Voorleggings oor aanhoor van Mkhwanazi-getuienis - October 4, 2025
Die getuienisleier van die parlementêre ad hoc-komitee, Norman Arendse, sê verskeie openbare voorleggings is ontvang voor die aanhoor van getuienis deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer daar is politieke inmenging in die regstelsel en misdaadvoorkoming. Arendse het aan die komitee gesê die intelligensie-inspekteur-generaal het eers leiding van die gesamentlike staande komitee versoek […]
Sean ‘Diddy’ Combs 50 maande tronk toe - October 4, 2025
Die veroordeelde rapmagnaat Sean “Diddy” Combs is ‘n vonnis van 50 maande tronkstraf en ‘n boete van 500 000 Amerikaanse dollar opgelê ná sy skuldigbevinding aan twee klagte van prostitusie. Voor sy vonnisoplegging deur regter Arun Subramanian, het Combs aan die hof gesê sy gedrag was “veragtelik, skaamlik en siek”, en sy slagoffers om verskoning […]
Tennis: Djokovic deur na derde ronde van Sjanghai-meesters - October 4, 2025
Novak Djokovic sê hy moes alles uithaal om ‘n moeilike eerste stel te wen en sy mede-veteraan Marin Cilic met 7-6, 6-4 te klop. Hy is daarmee deur na die derde ronde van die Sjanghai-meesters. Die 38-jarige Serwiër mik na ‘n rekord- vyfde titel in Sjanghai, waar hy luid toegejuig is deur ‘n stadion vol […]