Namibië werk aan register vir seksoortreders - October 4, 2025
‘n Register vir seksoortreders gaan in Namibië ingestel word, het justisieminister Wise Immanuel in die parlement gesê. Die hof sal bepaal hoe lank oortreders op die register bly. Toegang tot die register sal deur klaringsertifikate verkry word om die veiligheid en waardigheid van betrokkenes te beskerm, sê Immanuel:
SA hof sê ouerskafsverlof diskrimineer - October 4, 2025
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die baanbreker-uitspraak van die Konstitusionele Hof verwelkom wat die ongelyke bepalings vir ouerskapsverlof as diskriminerend verklaar. Die hof het bevind dat geboortemoeders, vaders, aanneemouers en surrogaat-ouers gelyke verlofregte kragtens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Werkloosheidsversekering moet geniet. Die kommissie sê hierdie uitspraak bevestig waardigheid, gedeelde versorging […]
Regstreekse vlugte tussen Indië, China hervat ná vyf jaar - October 4, 2025
Indië en China gaan regstreekse vlugte hervat ná ‘n vyf-jaar-lange opskorting. Vlugte tussen die twee lande met die grootste bevolkingsgetalle ter wêreld is tydens die Covid-19-pandemie in 2020 opgeskort en namate spanning tussen Beijing en Nieu-Delhi oor grensgeskille toegeneem het, is die vlugte nie hervat nie. Betrekkinge tussen die Asiatiese mededingers het sedertdien verbeter, en […]
Krieket: Honderdtalle gee Indië voorsprong - October 4, 2025
Dhruv Jurel en Ravindra Jadeja het aanvallende honderdtalle geslaan om Indië in beheer te plaas met ‘n voorsprong van 286 in die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande. KL Rahul het die kolfvertoning gelei met ‘n 100-tal voor Jurel, wat 125 aangeteken het, en Jadeja het sake nog moeiliker vir die boulers gemaak in ‘n […]
Nanso veroordeel leerders se straf in Kavango-Wes - October 4, 2025
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n voorval by die Katjinakatji Senior Sekondêre Skool in Kavango-Wes skerp veroordeel waar ‘n onderwyser na bewering tien graad 8-meisies vir bykans ‘n halfuur in die son laat rondkruip het as straf omdat hulle glo geraas het. Die regering se nuusagentskap, Nampa, het videomateriaal op X geplaas wat toon […]
Mandela se kleinseun in flottielje-drama - October 4, 2025
Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, se vrou pleit vir sy veilige terugkeer nadat Israelse magte die Global Sumud-flottielje onderskep het, met aktiviste, insluitend Suid-Afrikaners aan boord. Nosekeni Mandela het aan SABC News gesê die familie se laaste kontak was Woensdagoggend. Nosekeni sê Mandla het verplig gevoel om by die sending aan te sluit […]
Jood in geskiedkundige Siriese verkiesing - October 4, 2025
‘n Siriës-Amerikaanse Jood Henry Hamra staan Sondag vir ’n setel in Sirië se eerste wetgewer sedert die omverwerping van die jarelange heerser Bashar al-Assad. Hamra se pa is volgens berigte die laaste rabbi wat Sirië verlaat het. As hy gekies word, is Hamra die eerste Joodse verteenwoordiger in die parlement sedert die 1940’s. Plaaslike kommittees […]
Krieket: Proteas sien uit na wedstryd teen Australië - October 4, 2025
Die Proteas-span is opgewonde oor hul eerste toetswedstryd vandag teen Australië by die Red Energy-stadion. Suid-Afrika hoop om sake om te keer, nadat hulle die Taini Jamison-trofee in Nieu-Seeland verloor het. Kaptein Khanyisa Chawane het in gesprek met SABC Sport haar spanmaats se vasberadenheid geprys om hul merk te maak terwyl hulle voorberei vir die Statebondspele van 2026. […]
Maasdorp-moord: Polisie wag op DNS-resultate - October 4, 2025
Die polisie se ondersoek na die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp op Okahandja in April vanjaar duur voort en die polisie het die DNA van vier persone laat toets. Hulle wag steeds op die resultate, sê die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu. Sy het die jongste inligting in die parlement gedeel. Nóg […]
Vryheidsfront Plus beskuldig MK van truuks - October 4, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê die MK-LP, Mzwanele Manyi, se voorgestelde grondwetlike wysiging oor grond lei slegs die aandag afleiding af van die werklike bedreiging, die voorgenome Wetsontwerp op Billike Toegang tot Grond. Manyi vra dat alle grond aan die regering moet behoort en vir grondeise om terug te dateer tot 1652. Wynand Boshoff van die […]