Staak Gaza-aanvalle, sê Trump aan Israel - October 4, 2025
President Donald Trump sê Hamas is gereed vir “blywende vrede” nadat die Palestynse militante ingestem het om alle oorblywende gyselaars vry te laat. Trump het gereageer op ‘n verklaring deur Hamas Vrydag waarin die groep onderneem het om alle oorblywende gyselaars in Gaza, lewend en dood, terug te besorg. Hamas het gesê hulle wil onderhandel […]
Rugby: Kolisi verwag taai stryd teen Pumas - October 4, 2025
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, verwag dat Argentinië vandag op Twickenham hard gaan terugveg ondanks verlede week se vernederende pakslae van 67-30. Die Springbokke hoop op ‘n tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskapkroon. Die agtereenvolgende Wêreldbekerkampioene is met ’n enkele punt voor op die punteleer met die sesde en finale ronde van die suidelike-halfrond kampioenskap. Die Bokke begin die […]
Copps 94.1: Twee gewapende rooftogte in Windhoek - October 4, 2025
Twee gewapende rooftogte het Vrydagaand tydens die Copps 94.1-skof in Windhoek plaasgevind. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie en doen verslag van die toneel:
Dawn Pieterson skuldig op nege klagte van bedrog - October 4, 2025
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het die skuldigbevinding van die afgedankte amptenaar Dawn Pieterson verwelkom, wat skuldig bevind is op nege aanklagte van bedrog en twee vir die oortreding van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes. Pieterson, wat gewerk het in Calvinia, Noord-Kaap, het kliënte bedrieg deur begrafnispolisse met hul […]
Brittanje verskerp sekuriteit ná aanval by sinagoge - October 4, 2025
Brittanje is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n aanval buite ‘n sinagoge in Manchester. Eerste minister Keir Starmer, wat die toneel besoek het waar die motor- en mesaanval plaasgvind het, het gesê sekuriteit sal by sinagoges landwyd verbeter word na toenemende oproepe om Brittanje se Joodse gemeenskap te beskerm. Donderdag se aanval het op Yom […]
Tennis: Pegula deur na halfeindronde in China Ope - October 4, 2025
Jessica Pegula het teruggeveg om mede-Amerikaner Emma Navarro 6-7, 6-2, 6-1 te klop vir ‘n afspraak met Linda Noskova in die halfeindronde van die China Ope in Beijing. As sy die 26ste gekeurde Noskova kan verslaan, waarborg dit ‘n Amerikaanse eindstryd teen die verdedigende kampioen, Coco Gauff, of Amanda Anisimova. Daar was nog nooit ‘n […]
NAM-CSIRT waarsku oor vals webwerwe - October 3, 2025
Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, onder die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, waarsku die publiek oor ‘n toename in vals webwerwe. Hierdie vals webwerwe boots noukeurig wettige organisasies na en gebruik gekloonde handelsmerke en uitlegte om gebruikers te mislei. Onlangse gevalle het bekende Namibiese instellings geteiken, met vals webwerwe wat besoekers na verdagte advertensies of kwaadwillige platforms herlei. […]
Kommunikasiewerkers-unie kap SABC-bestuur oor laat salarisse - October 3, 2025
Die Kommunikasiewerkersunie beskuldig die SABC-bestuur dat hy werkers se regte, waardigheid en lewensbestaan ignoreer. Die vakbond sê werkers moet nog 50-persent van hul agterstallige salarisse vir die 2023/2024-boekjaar kry. Woordvoerder Moffat Seutlwadi sê die bestuur het boonop openlik verklaar daar sal geen salarisverhogings wees nie, wat beteken beloftes word verbreek en salarisse bly drie agtereenvolgende […]
Kerk van Engeland stel eerste vroulike Aartsbiskop van Kantelberg aan - October 3, 2025
Dame Sarah Mullally is aangewys as die eerste vroulike Aartsbiskop van Kantelberg in die byna 500-jaar geskiedenis van die Kerk van Engeland. Sy het in haar eerste toespraak belowe dat sy in haar nuwe rol sal luister na oorlewendes en die kwesbares. Sy het gesê haat en rassisme van enige aard mag nie toegelaat word […]
Los Pumas het nuwe skakelpaar vir Bok-wedstryd - October 3, 2025
Rugby: Argentinië se hoofafrigter, Felipe Contepomi, het volle vertroue in sy onervare skakelpaar vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika op Twickenham. Die skrumskakel Simon Benitez Cruz speel in sy tweede toets in die plek van die beseerde Gonzalo Garcia. Die losskakel Geronimo Prisciantelli maak sy buiging nadat Contepomi die Pumas se agterlyn herrangskik het, […]