Savanna sê oor Chinese vraag van 20 000 ton - October 30, 2025
Reaksie word steeds ontvang op China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis wat vraag tot 20 000 ton per maand kan laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard gepraat die uitvoerende hoof van Savanna Beef wat die nommers in perspektief sit. Collard […]
Namibië se groeimodel het sy perke bereik - October 30, 2025
Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, waarsku dat Namibië se groeimodel, gedryf deur hulpbronontginning en stygende skuld, sy perke bereik het. Jansen het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die land moet sy produktiewe basis herbou en lenings in werklike produktiwiteitswinste omskakel. Hy het beleidmakers aangespoor om buitelandse beleggings verder as olie en […]
Selfmoord in media-dialoog onder die loep - October 30, 2025
Selfmoord bly ‘n wesenlike uitdaging in die land en ‘n media-dialoog is in die hoofstad aan die gang wat daarop gemik is om ondersoek in te stel oor hoe mediaberiggewing selfmoordtendense in Namibië beïnvloed. Daar word beaam dat rapportering die risiko om selfmoord te pleeg kan verhoog. In die vorige boekjaar, het 475 mense in […]
ILO looi Namibië oor sy werksbeleid - October 30, 2025
Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens ‘n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik om werk te skep deur […]
BMW- en Opel-modelle herroep - October 30, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland het herroepings deur BMW Suid-Afrika en Stellantis bevestig. BMW herroep 75 BMW Reeks 1 en 2-modelle, asook X1 en X2-voertuie wat in 2025 met foutiewe veiligheidsgordels verkoop is. Stellantis herroep Opel Astra-modelle van tussen 2004 en 2015 vir foute in die lugsakopblaasmeganismes wat ernstige beserings of selfs die dood […]
Westelike dele van Jamaika, wat ergste getref is, is afgesny - October 30, 2025
Die onderwysminister van Jamaika Dana Morris Dixon het haar kommer uitgespreek oor toegang tot die westelike dele van die eiland wat die swaarste deur Orkaan Melissa getref is. Sy sê gemeenskappe daar is heeltemal afgesny en toegang is moeilik as gevolg van skade aan infrastruktuur en meer. Sy voeg by in ‘n onderhoud met Sky […]
Rusland toets Poseidon met sukses - October 30, 2025
Rusland sê hy het ‘n kernkrag-aangedrewe onderwater-hommeltuig suksesvol getoets. Militêre ontleders glo die supertorpedo is in staat om kusstreke te verwoes deur enorme radioaktiewe oseaangolwe te veroorsaak. Die toets van die Poseidon was in weerwil van die Amerikaanse president Donald Trump wat ditas ongepas beskryf het. President Vladimir Putin sê die hommeltuig-torpedo is ongeëwenaard in spoed […]
Agribank se saak teen Deodat Beukes weer in die hof - October 30, 2025
Agribank se saak teen die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging Deodat Beukes en sy vrou Annetha kom weer vandag voor regter Thomas Masuku voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die bank eis net minder as 276 000 Namibiese dollar vir ‘n 2004-lening van 266 500 dollar om porsie een van plaas Neckartal in die Suide […]
Walvis bied toerisme forum aan vir operateurs - October 30, 2025
Die Walvisbaai-munisipaliteit gaan ‘n toerisme forum aanbied vir plaaslike toerisme-operateurs. Registrasie vir die forum sluit môre. Die geleentheid vind die 5de November plaas en poog om toerisme-operateurs te help met hulle besighede. Johanna Monde van die munisipaliteit gee meer inligting.
RISE vat dobbelkrisis parlement toe - October 30, 2025
RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens ‘n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59 miljard rand in 2023/24 gestyg tot 75 miljard rand in 2024/25, wat dui op ‘n dringende behoefte aan ingryping. […]