Vrae oor wettige aborsies vlam weer op - October 3, 2025
Reaksie word ontvang op die arrestasie die week van ‘n vrou in Walvisbaai nadat sy na bewering onwettige aborsiepille verkoop het. Die waarde van die pille volgens plaaslike media was 8 500 Namibiese dollar. Die insident ontlok weer vrae oor veilige en wettige aborsies wat nie moontlik is in Namibië nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Krieket Namibië besing FNB Eagles-span se prestasie - October 3, 2025
Namibië se nasionale krieketspan, die FNB Eagles, rig hul visier op goud terwyl hulle voorberei vir die IKR Mans T20 Wêreldbeker Afrika-streekfinaal. Die beslissende wedstryd word hierdie Saterdag by die Harare-sportklub gehou, waar Namibië teen die gasheerland, Zimbabwe, sal te staan kom. Terwyl beide spanne reeds hul plekke in die wêreldbeker 2026 verseker het, sal […]
Buitelandse grondeienaarskap-verbod kan skadelik wees: EPRA - October 3, 2025
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, EPRA, sê in ‘n verslag oor die nuwe Grond-wet dat ‘n totale verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond beleidsrisiko verhoog, kapitaal- en tegnologiebeleggers afskrik en die aandag aflei van die werklike beperkings op produktiwiteit en indiensneming. Wanneer regerings op diskresie, kwotas en nasionaliteitstoetse staatmaak, prys beleggers óf ‘n hoër […]
Nama en Ovaherero vat volksmoord-ooreenkoms hof toe - October 3, 2025
Volgende week neem Nama- en Ovaherero-verteenwoordigers die regering hof toe in ‘n poging om ‘n omstrede skadevergoeding-ooreenkoms wat tussen die regerings van Duitsland en Namibië onderteken is, van die hand te laat wys. Die groepe sê onder andere hulle is nie by die onderhandelinge betrek nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Melissa Hendrikse, ‘n […]
Onaanvaarbaar dat mense van Noorde voorrang kry vir werk in Suide: AR - October 3, 2025
Reaksie word steeds ontvang oor ‘n video op sosiale media waar ‘n verpleegster van Mariental gekla het dat verpleegsters van die Noorde bo hulle gekies word vir aanstellings. Die kwessie was ook geopper in die parlement deur die LPM se Utaara Mootu. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die AR se George Kambala gekry. Hy […]
NLU wys gebrek aan effektiewe veldbrand-wetgewing uit - October 3, 2025
In die nasleep van die Etosha-brand wys die Namibië Landbou-unie uit dat daar ‘n gebrek aan effektiewe wetgewing rondom veldbrande bestaan. Daar is wel belangrike bepalings rondom die voorkoming en bestryding van veldbrande in die voorgestelde nuwe Bosbouwet en -regulasies, maar die wet sloer reeds etlike jare by die regering. Die omgewingministerie het op 25 […]
42% van lenings in 2017 was om kos te koop: Cirrus - October 3, 2025
Cirrus het ‘n ontleding gedoen van die laaste inkomste en uitgawe opname wat in 2017 in die land gedoen is, met die jongste wat tans aan die gang is deur die Namibiese Statistieke-agentskap. Volgens die makelaarsfirma was die hoofrede om lenings uit te neem in 2017, om kos te koop op 42 persent van respondente. […]
DBV kap Noordwes-regering oor olifantkrisis - October 3, 2025
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings kritiseer die Noordwes-owerhede se weiering om noodsaaklike kwessies oor dierewelstand by die bestuur van die toenemende olifantkrisis in die Madikwe wildreservaat in te sluit. Die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme, en die Noordwes Parke- en Toerismeraad ignoreer ʼn parlementêre opdrag om die DBV-raad by die provinsiale […]
WGO vra lande om hulp met Gaza-beseerdes - October 3, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê byna 42 000 mense, wat sowat 10 000 kinders insluit, leef in Gaza met lewensveranderende beserings weens die voortslepende konflik. Hy sê die gesondheidstelsel stort ineen onder die konstante druk terwyl die oorlog voortduur. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO sê meer as 5 000 mense het amputasies en ander ernstige beserings […]
Bangladesj behaal 2de oorwinning ooit by Vroue-Krieketwêreldbeker - October 3, 2025
Krieket: Bangladesj het hul tweede oorwinning ooit by ʼn Vroue-Wêreldbeker behaal toe hulle Pakistan met sewe paaltjies afgeransel het by hulle openingswedstryd in Colombo. Shorna Akter spog met ʼn loopbaan-beste van drie paaltjies vir slegs vyf lopies, met Pakistan wat na 38 boulbeurte en drie balle op 129 almal uit was. In antwoord daarop het […]