Amerikaners deel intelligensie met Oekraïne - October 3, 2025

Amerika sal intelligensie aan Oekraïne verskaf oor langafstand energie-infrastruktuurteikens in Rusland, het twee amptenare aan Reuters gesê. Die VSA vra ook dat Navo-bondgenote soortgelyke steun verleen, het die amptenare gesê. Die nuwe gegewens sal dit makliker maak vir Oekraïne om infrastruktuur soos raffinaderye, pypleidings en kragsentrales te tref, met die doel om die Kremlin van […]

Read More

Volans-1X eksplorasieput lewer belowende resultate - October 2, 2025

Belowende koolwaterstowwe is in PEL85 se Volans-1X eksplorasieput in blok 2914A in die Oranje-bekken ontdek, het Namcor aangekondig. Die put het 26 meter netto loon in rykgas-kondensaathoudende reservoirs teëgekom. Verdere laboratoriumstudies sal uitgevoer word op addisionele vloeistofmonsters, sywandkerne en rotssnydings wat tydens die veldtog versamel is. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het meer.

Read More

Cyril eis vrylating van ontvoerde burgers op flottielje - October 2, 2025

President Cyril Ramaphosa het die Israelse regering gevra vir die vrylating van Suid-Afrikaners en ander burgers wat ontvoer is toe Israelse owerhede die Global Sumud-flottielje onderskep het. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die flottielje bestaan ​​uit humanitêre vaartuie wat hulp aan Gaza wil lewer. Hy sê Suid-Afrikaners wat aan boord van die flottielje […]

Read More

Betogings brei uit in Marokko na sterftes - October 2, 2025

Versetoptrede in Marokko om hervormings aan openbare dienste en ‘n einde aan korrupsie te eis, vind vandag vir die sesde dag plaas, nadat twee betogers gisteraand dood is. Die groep GenZ 212, ‘n onlangs gevormde groep, gebaseer op die Discord-webplatform wie se organiseerders onbekend is, het die betogings begin en spoor betogers deurlopend aan om […]

Read More

De Allende verwag taai stryd teen Los Pumas in Londen - October 2, 2025

Rugby: Die Springbok-senter Damian de Allende verwag ʼn taai en fisiese stryd teen Argentinië wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag op Twickenham afgesluit word. Suid-Afrika het verlede naweek in Durban ʼn skitterende oorwinning van 67-30 oor die Pumas behaal. Die Bokke is boaan die Kampioenskaps-punteleer. Hulle het een punt meer as Nieu-Seeland wat vroeër Saterdag in Perth […]

Read More

Fotograaf vertel van diere na Etosha-brand - October 2, 2025

Die Etosha-ramp bly in die nuus. Terwyl die lynminister vanoggend die media toegespreek het en ‘n opdatering gegee het, is die situasie op die grond in werklikheid hartverskeurend. Kosmos 94.1 Nuus het met die fotograaf, Koos Reynecke, gepraat. Hy het die eerste foto’s in die park na die brand geneem. Hulle was by Olifantsrus.

Read More

Bachmus Kusmarathon verdubbel in grootte - October 2, 2025

Die Bachmus Kusmarathon vind Saterdag tussen Swakopmund en Walvisbaai plaas, met inskrywings wat meer as verdubbel het sedert verlede jaar. Die marathon begin om 6-uur Saterdagoggend by die Vineta sportgronde in Swakopmund en eindig by die Walvisbaai Privaatskool. Die halfmarathon begin kwart-voor-sewe by Langstrand en eindig ook by die Walvisbaai Privaatskool, terwyl die 10km resies […]

Read More

Plaas waar Etosha-brand ontstaan het, ‘het houtskool-permit’ - October 2, 2025

Die kwessie van houtskoolproduksie en die Etosha-brand weier om te gaan lê. Volgens die berigte het die brand op Helaas, ‘n regeringsplaas aangrensend aan die park begin. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die plaas het ‘n permit. Volgens die Houtskoolverening kan permitte net uitgereik word as die nodige brandbestrydings maatreëls in plek is, en waar […]

Read More

Nama-volk soek steeds geregtigheid vir volksmoord - October 2, 2025

Vandag merk 121 jaar van die uitroeiingsbevel teen die Ovaherero deur generaal Lothar von Trotha. Hy het op 22 April 1905 dieselfde bevel teen die Nama-volk uitgereik. Daar is tans ‘n veldtog aan die gang tussen die Nama en Ovaherero om die dag te herdenk sowel as om aanspreeklikheid vir die Duitse regering te verseker. […]

Read More

Rekord-handelstekort van N$5,3 miljard in Augustus aangeteken - October 2, 2025

Namibië het ‘n rekordhandelstekort van 5,3 miljard Namibiese dollar in Augustus aangeteken, ‘n verskuiwing van slegs 13 miljoen dollar in Julie. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die gaping aansienlik vergroot in vergelyking met Augustus verlede jaar, toe die tekort op 3,4 miljard dollar gestaan het. Die agentskap se woordvoerder Mirjam Shihepo het meer oor die […]

Read More