Hamas skop glo vas teen Trump se plan vir Gaza - October 2, 2025

Die BBC verstaan dat bemiddelaars glo kontak gemaak het met die hoof van Hamas se militêre vleuel in Gaza, Izz al-Din al-Haddad, wat aangedui het dat hy nie tot die Amerikaanse wapenstilstandplan instem nie. Daar word vermoed dat hy glo die plan is ontwerp om Hamas te vernietig, en is dus vasbeslote om aan te […]

Read More

Namibië kan baat by Kubaanse kundigheid, sê minister - October 2, 2025

Selma Ashipala-Musavyi, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die Namibiese en Kubaanse Inter-regeringskommissie vir Bilaterale Samewerking geopen. Die twee lande wil solidariteit versterk weens hul noue politieke en historiese bande. Musavyi het ‘n oorsig gegee oor wat bespreek was. Die twee lande het verder ooreenkomste geteken ten spyte van talle internasionale handelsanksies teen […]

Read More

DA ontbloot rioolbesoedeling in Oranjerivier, Gariepdam - October 2, 2025

Die DA in die Oos-Kaap het die voortdurende rioolbesoedeling van die onaktiewe Nursery-pompstasie in Aliwal-Noord ontbloot. Die party het onlangs ‘n oorsigbesoek aan die pompstasie gebring waar onsuiwer rioolafval gevind is wat direk in die Oranjerivier vloei en stroomaf die Gariepdam ook besoedel. Marina van Zyl van die DA sê onbehandelde rioolafval is ‘n oortreding […]

Read More

Twee sterf in aanval buite sinagoge in Manchester - October 2, 2025

Twee mense is dood en drie gewond in ‘n motor- en mesaanval buite ‘n sinagoge in Manchester in die noordweste van Engeland. Die polisie sê die vermeende aanvaller is deur beamptes geskiet en vermoedelik dood. Dit kon egter nog nie bevestig word nie as gevolg van items op sy persoon, met ‘n bomopruimingseenheid wat op […]

Read More

Kampioeneliga: PSG en Arsenal wen, Man City gooi punt weg - October 2, 2025

Sokker: Die verdedigende kampioen, Paris Saint-Germain, het ‘n agterstand ingehaal en Barcelona 2-1 verslaan in die tweede ronde van die Kampioeneliga. Ferran Torres het Barcelona laat voorloop, maar Senny Mayulu het die telling voor rustyd gelykop gemaak voor die plaasvervanger Goncalo Ramos teen die einde die wendoel aangeteken het. Manchester City en Monaco het met […]

Read More

Etosha bly oop vir besoekers, beaam minister - October 2, 2025

Die omgewingsminister, Indileni Daniel, het vanoggend die media toegespreek oor die verwoestende Etosha-brand. Gerugte is op sosiale media versprei dat die park toe is vir die publiek, met vrese dat dit toerisme kan benadeel, veral uit die buiteland. Daniel is aan die woord.

Read More

Giwusa soek nasionalisering van myne - October 2, 2025

Die vakbond Giwusa dien vandag by die Menseregtekommissie se ondersoekeenheid voorleggings in oor privaat mynbedrywighede en Operasie Vala Umgodi in Johannesburg. Die ondersoek gaan onder meer oor die uitwerking van privaat en onwettige mynbedrywighede op die menseregte van die Stilfontein-gemeenskap, en die beleidsgapings en raamwerk oor privaat mynbedrywighede. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hulle […]

Read More

Aussie sampioenmoordenares gaan appelleer - October 2, 2025

Die veroordeelde Australiese moordenaar Erin Patterson gaan appelleer teen haar skuldigbevinding aan moord op drie mense met giftige sampioene. Die 51-jarige is verlede maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis met ‘n verbod op parool vir 33 jaar. ‘n Jurie het haar skuldig bevind aan die moord op drie familielede en poging tot moord op ‘n vierde […]

Read More

FNB Eagles kwalifiseer vir 2026 IKR T20 Wêreldbeker-toernooi - October 2, 2025

Die FNB Eagles het hul semifinaal teen Tanzanië by die IKR T20 Wêreldbeker Afrika kwalifiserende toernooi in Harare met 63 lopies gewen. Dit beteken hulle is deur na Saterdag se finaal, en het ook vir die 2026 T20 Wêreldbeker-toernooi in Indië en Sri Lanka gekwalifiseer. Die Eagles het 174 vir 6 aangeteken en Tanzanië beperk tot 111 […]

Read More

Landbou: Berei voor vir wisselende omstandighede - October 2, 2025

‘n Goeie reënseisoen word in die vooruitsig gestel, en Agribank boere om voor te berei vir die reën. Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur vir lewende hawe en weiveld, meen egter boere moet ook voorbereid wees vir droë toestande, omdat klimaatsverandering die voorkoms en voorspellings vir reën onseker maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaruka […]

Read More