Tembisa: ATM eis aanspreeklikheid - October 2, 2025

Die African Transformation Movement sê die Tembisa Hospitaal-skandaal bewys die haglike gevolge van gierigheid en wanbestuur wat die kwesbaarstes regstreeks raak. Die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na korrupsie by die hospitaal het afgekom op drie gekoördineerde sindikate wat meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat vir gesondheidsorg bedoel was, geplunder het. ATM-woordvoerder Zama Tshona sê […]

Read More

China kap terug, beperk gebruik van Nokia en Ericsson - October 2, 2025

China blyk om terug te kap oor intelligensie en staatsgeheime en Reuters berig Beijing beperk die gebruik van Europese telekommunikasietoerustingverskaffers Nokia en Ericsson in sy netwerke. Swede se Ericsson en Finland se Nokia-kontrakte moet ingedien word vir “swartboks” nasionale veiligheidsoorsigte deur die Kuberruimte Administrasie van China waar die maatskappye nie ingelig word hoe hul toerusting beoordeel […]

Read More

Pogings vir Lula en Trump om direk te ontmoet - October 2, 2025

Die Verenigde State en Brasilië werk daaraan om ‘n persoonlike ontmoeting tussen president Donald Trump en die Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula da Silva te reël. Dit is volgens Bloomberg wat berig dat Trump het tydens sy toesprake voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verlede week gesê dat hy ingestem het om met […]

Read More

Diere-eienaars, dis vanaand die Whk-skou se vuurwerke - October 2, 2025

Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels. Die DBV herinner troeteldiereienaars daaraan dat vuurwerke aansienlike nood vir diere kan veroorsaak, wat soms daartoe kan lei dat troeteldiere weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, die DBV se nasionale direkteur.  

Read More

Etosha: Minister staan bankvas by ‘amptelike weergawe’ - October 2, 2025

Die omgewingsminister Indileni Daniel het vanoggend die media toegespreek oor die verwoestende Etosha-brand. Sy hou voet by stuk oor die dierevrektes: nege bokke, een olifant en ‘n ietermagô al is 38 persent van die park afgebrand. Sy sê ook steeds Koos Reyneke se foto van die verbrande olifant, wat hy by Olifantsrus geneem het, is […]

Read More

‘EU belê zero in renosterbewaring maar skryf vir ons voor’ - October 2, 2025

Alex, seun van die legendariese Jan Oelofse en bewaringskenner het fel kritiek teenoor die EU uitgespreek na die blok Namibië se voorstel om renosterhoringhandel onder die CITES te reguleer, blokkeer het. Hy sê agter die taal lê ‘n verwoestende waarheid: Dit sal onwettige handel bevorder, die winste van kriminele sindikate beskerm en Afrika se renosters […]

Read More

Mnyupe sluit aan by Duitse energiereus - October 2, 2025

Die stigtershoof van die Namibië Groenwaterstofprogram, James Mnyupe, tree met ingang van 1 November af waarna hy by die Duitse maatskappy Thyssenkrupp Uhde as senior visepresident vir Afrika Suid van die Sahara sal aansluit. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die Groenwaterstofprogram se woordvoerder, Jona Musheko, gesê Mnyupe was groot sukses behaal sedert […]

Read More

LGBT: Dis ‘n kwessie van naasbestaan of ware insluiting - October 2, 2025

‘n Nuwe Afrobarometer-opname skets ‘n komplekse prentjie van Namibiërs se standpunte oor dieselfdegeslagregte. Terwyl die land onder die mees verdraagsame in Afrika tel as dit kom by die aanvaarding van homoseksuele bure, sê byna ses uit tien Namibiërs dat hulle ‘n gay vriend of familielid sou verwerp. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 sê die […]

Read More

Gesondheid het nie kapasiteit vir Psema-lede nie - October 2, 2025

‘n Nasionale Gesondheidsfasiliteitsassessering het groot leemtes in Namibië se openbare gesondheidstelsel aan die lig gebring, wat toon dat die meeste fasiliteite nog nie voorbereid is om staatsamptenare Psemas te akkommodeer nie. Dit kom na president Netumbo Nandi-Ndaitwah vroeër vanjaar gelas het dat alle staatsamptenare onder Psemas vanaf 2026 beperk sal wees tot die gebruik van […]

Read More

Ondersoek na SAPD-regteskendings verwelkom - October 2, 2025

Lawyers for Human Rights sê die nasionale ondersoek na kleinskaalse mynbou en polisie-optredes is ’n deurslaggewende stap in die rigting van aanspreeklikheid. Die ondersoek is gister in Stilfontein in Noordwes deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bekendgemaak. Jessica Lawrence van die organisasie sê die ondersoek sal die menseregteskendings ontbloot wat verbind word met Operasie Vala Umgodi, waartydens […]

Read More