Goma-inwoners bang na Kabila-doodstraf - October 2, 2025
In die oostelike DRK het die doodsvonnis wat aan voormalige president Joseph Kabila opgelê is, sterk reaksie ontlok, veral in Goma. Kabila het net ‘n paar maande gelede na Goma gekom om met die bevolking te vergader. Na die nuus van sy doodsvonnis is die kommer van Goma-inwoners tasbaar. Baie vrees dat Kabila se skuldigbevinding […]
VSA-sluiting: Werkers word afgedank, nie huis toe gestuur nie - October 2, 2025
Die Withuis sê regeringsagentskappe maak gereed vir besnoeiings en afleggings wat sal plaasvind indien die afsluiting voortduur. Die regeringsluiting het Woensdag begin nadat Republikeine en Demokrate in die Kongres nie kon saamstem oor ʼn nuwe bestedingsplan nie. Visepresident JD Vance… Die standaard vir ‘n regeringsluiting is dat federale werkers huis toe gestuur word nie afgedank […]
Kriminele geregtigheid onder die loep by Korrektiewe Diens - October 2, 2025
Die Namibiese Korrektiewe Diens het ‘n kriminele geregtigheid navorsingsforum gestig. Die forum poog om vas te stel waar kriminele aktiwiteite meestal voorkom met die doelwit om inligting in te samel oor kwessies soos misdaadvoorkoming, oorvol gevangenisse en oortreder rehabilitasie. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se kommissaris Lovisa Uukelo gepraat.
Makaneta waarsku jeug om te leer uit Malema-uitspraak - October 2, 2025
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta het die jeug gevra om na te dink, ná die skuldigbevinding van die EFF-leier Julius Malema in sy vuurwapenverhoor by die Landdroshof in Oos-Londen. Makaneta sê die uitspraak is ‘n herinnering dat vryheid sonder wet wanorde is, en dat geen leier bo aanspreeklikheid verhewe is nie. Hy moedig jong mense aan […]
Bootongeluk op Niger-rivier dood 26 - October 2, 2025
Minstens 26 mense is dood in ‘n bootongeluk op die Niger-rivier in die suide van Nigerië. Die boot het handelaars na ‘n mark op die teenoorgestelde oewer vervoer. Ongelukke is algemeen op Nigerië se besige riviere, en word dikwels veroorsaak deur oorlaaide bote, swak onderhoud of versuim om aan veiligheidsmaatreëls te voldoen. Verlede maand het […]
Filippynse dodetal styg tot 72 - October 2, 2025
Die dodetal van ‘n 6,9 aardbewing wat laat Dinsdag die sentrale Filippyne getref het, het tot 72 gestyg. Soek- en reddingsoperasies is gestaak omdat daar nie meer vermiste mense is nie. ‘n Verdere 294 mense is beseer. Die vlak aardbewing het laatnag die waters van die sentrale eiland Cebu getref en kraglyne, brûe en verskeie […]
Volhoubare finansiering in die lig van klimaatsverandering - October 2, 2025
Die sentrale bank van Namibië het saam met vennote die Namibiese Volhoubare Finansiering Alliansie geloods. Die vennootskap wil finansiële sektore in Namibië bymekaarbring om klimaat bestendigheid te bevorder beide die privaat- en openbare sektore is betrokke. Klimaatrisikos dreig om die ekonomie en finansiële sektor onder druk te bring. Naufiku Hamunime van die bank het meer.
SA moet sy internasionale houding verander - October 2, 2025
Die ekonoom Frederick Mitchell sê om betekenisvolle ekonomiese vordering te ondersteun, moet Suid-Afrika sy plaaslike ekonomiese beleid en sy internasionale houding verander. Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal vanjaar slegs 0,8-persent gegroei. Mitchell sê om Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal te ontsluit, vereis ʼn ondubbelsinnige ekonomiese bloudruk. Hy sê die bloudruk moet onder meer […]
Betogers in Madagaskar eis Rajoelina se bedanking - October 2, 2025
Honderde betogers regoor Madagaskar eis die bedanking van president Andry Rajoelina en het die strate ingevaar vir ‘n vyfde dag van demonstrasies wat die land se regering ruk. Aangespoor deur die sogenaamde jeuggeleide GenZ-protesoptogte in Kenia, Marokko en Nepal, is die demonstrasies die grootste wat die eiland in jare gesien het, en die ernstigste uitdaging […]
Wat van die onmenslike behandeling van Amerikaners deur immigrante? - October 2, 2025
Pous Leo het hom uitgespreek teen wat hy as onmenslike behandeling van immigrante in die VSA beskryf. Hy sê: “Iemand wat sê ek is teen aborsie, maar ek stem saam met die onmenslike behandeling van immigrante in die Verenigde State, ek weet nie of dit pro-lewe is nie.” Die vraag is gestel aan die Withuis […]