Duitsland verhoog minimumloon tot N$291 per uur - October 30, 2025
Die Duitse regering het ‘n verhoging van die minimumloon tot 291 Namibiese dollar per uur goedgekeur, die grootste verhoging sedert die land ‘n dekade gelede minimumlone ingestel het. Die verhoging sal in twee fases plaasvind. Die Minister van Arbeid, Baerbel Bas, sê 6 miljoen werknemers sal merkbaar meer ontvang en maatskappye kan die stygende koste […]
Donatus verskyn weer 16 Januarie, in streekshof - October 30, 2025
Florian Donatus, landelike raadslid van die IPC sal weer op 16 Januarie volgende jaar verskyn maar in die Swakopmund-streekshof. Die aanklaer-generaal het die saak oorgedra tydens sy verskyning Woensdag. Donatus is op 26 klagtes, 13 van bedrog en 13 van geldwassery aangekla wat goedere van meer as 116 000 Namibiese dollar betrek. Volgens die staat […]
Handelsooreenkoms met VSA dalk binnekort – Cyril - October 30, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2024. Ramaphosa sê die […]
Fed verlaag koers met 25 basispunte - October 30, 2025
Die Amerikaanse Federale Reserweraad het ‘n rentekoersverlaging van 25 basispunte aangekonding terwyl inflasievrese aan die agterspeen suip teenoor die stagnerende arbeidsmark. Ekonome sê die verlaging kom ten spyte van die Amerikaanse regering se sluiting wat amptelike data vertraag het en sentrale bankiers “blind laat vlieg” het oor die arbeidsmark. Die repokoers is nou tussen 3,75 en […]
Derde termyn: Trump wil aandag op hom vestig meen kenners - October 30, 2025
Sal hy of sal hy nie? President Donald Trump hou aan met aanmerkings dat hy sal staan in 2028 en dan maak hy ‘n ommekeer en sê hy weet hy kan nie. Die Grondwet laat dit nie toe nie. Luister na Speaker Mike Johnson. Maar, pette is reeds gemaak en Trump-bondgenoot Steve Bannon hou vol […]
Meer as 1,5 miljoen kiesers geregistreer - October 30, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië het ‘n opdatering gegee oor die aanvullende registrasie van kiesers vir die komende streek- en plaaslike owerheid-verkiesings. Die aanvullende registrasie was vanaf 4 tot 19 Augustus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
Groot diere soos renosters, olifante, kritiek vir Afrika-ekostelsels - October 30, 2025
‘n Nuwe Oxford-studie in Nature het aan die lig gebring Afrika se ekosisteme werk teen minder as twee-derdes van hul oorspronklike energie, wat biodiversiteit en lewensbehoud bedreig. Die hoofskrywer van Oxford se Omgewingsveranderingsinstituut, Ty Loft, sê die impak van wildlewe wat voedingstofsiklusse en saadverspreiding dryf, het sedert voor-koloniale tye afgeneem. Loft waarsku die verlies van […]
Louvre: Twee verdagtes erken betrokkenheid - October 30, 2025
Die Parys-aanklaer se kantoor sê die twee verdagtes wat gearresteer is in verband met die diefstal van kroonjuwele uit die Louvre se Apollo-galery, het erken dat hulle by die rooftog betrokke was. Agt kosbare skatte met ʼn geraamde waarde van 1,2 miljard Namibiese dollar is twee weke gelede helderoordag uit die wêreld se gewildste museum […]
Wolvaardt gesels oor Protea-vroue se geskiedenis-oomblik - October 30, 2025
Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n meesterklas in kolfwerk aangebied toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies in Guwahati geklop het om hul eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit van ‘n Suid-Afrikaner by ‘n Wêreldbeker, sodat die Proteas ‘n indrukwekkende 319 vir sewe lopies kon aanteken. In […]
Likwidasies in SA styg met 24% in September - October 30, 2025
Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon ‘n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar het ‘n 3,8-persent toename getoon, […]