Ministerie gee opdatering vanoggend oor Etosha-brand - October 2, 2025

Amper twee weke na die Etosha brand begin het, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah ‘n verklaring uitgereik rakende die ramp. Sy sê hulpbronne is gemobiliseer van die Kantoor van die Eerste Minister, die omgewingsministerie, die Wildproduktrustfonds; en verskeie lynministeries, insluitend verdediging, sekuriteit, landbou, finansies en gesondheid, sowel as die Omusati- en Oshana-streeksrade en die boerderygemeenskap rondom […]

Read More

Agoa: Uitvoermarkte moet diversifiseer - October 2, 2025

Nog reaksie is ontvang op die sperdatum vir Agoa, of die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wat verstryk het. Die Trump-administrasie het geen formele besprekings of verklarings daaroor uitgereik voordat die Amerikaanse regering gesluit het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou ekonoom Dr. Kobus Laubscher gepraat, wat die impak […]

Read More

Rondom 20 000 Namibiese kinders word aanlyn misbruik – elke jaar - October 2, 2025

Media berig vanoggend dat ongeveer 20 000 kinders in die land, tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaarliks blootgestel word aan seksuele uitbuiting aanlyn. Volgens die internasionale Disrupting Harm-projek is 81 persent van Namibiese kinders internetgebruikers met 56 persent wat daagliks aanlyn is waarvan 84 persent in stedelike gebiede woon. Internetgebruik is 82 persent […]

Read More

Steytler waarsku oor oorafhanklikheid op een bron – olie - October 2, 2025

Die toekoms van olie in Namibië word nog steeds bevraagteken en kom met vele onsekerhede. Ekonoom dr. John Steytler waarsku teen die hulpbronvloek, of sogenaamde ‘Dutch disease’ wat veral in ontwikkelende lande voorkom en korrupsie en wanbestuur tot gevolg het. Steytler het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy kommer gedeel, veral oor ‘n enkele […]

Read More

Finansministerie sê oor toelaaguitbetalings deur NamPost - October 2, 2025

Maatskaplike kontanttoelaagbetalings begin landswyd by NamPost op Maandag, 13 Oktober. Ter voorbereiding en om moontlike haakplekke uit te stryk sal ‘n loodsuitbetaling op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Kosmos 94.1 Nuus het met die finansministerie se woordvoerder Jonathan Swartz gepraat wat meer inligting gee.

Read More

Madlanga-kommissie hervat 13 Oktober - October 2, 2025

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel se openbare sittings hervat op 13 Oktober. Woensdag se verrigtinge is deur regter Mbuyiseli Madlanga afgelas nadat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, siek geword het en nie met sy getuienis kon voortgaan nie. Die woordvoerder van die kommissie, Jeremy […]

Read More

Finale waarskuwing vir burgerlikes om Gazastad te verlaat - October 2, 2025

Die Israeliese weermag het wat dit noem ‘n finale waarskuwing uitgereik aan die inwoners van Gazastad om na die suide van die strook te vlug, na dit Woensdag sy bombardemente en grondaanval versterk en die stad omring het. Israel se verdedigingminister, Israel Katz, het gesê diegene wat in die stad agterbly sal beskou word as […]

Read More

Befaamde bewaarder dr. Jane Goodall sterf - October 2, 2025

Die wêreldberoemde primatoloog en diereregte-aktivis, dr. Jane Goodall, is op 91-jarige ouderdom oorlede. Die Jane Goodall-instituut het aangekondig dat sy aan natuurlike oorsake dood is terwyl sy in Kalifornië was as deel van ‘n Amerikaanse toespraaktoer. Goodall se ontdekkings as ‘n etoloog was rewolusionêr. Sy was die eerste om aan te teken hoe sjimpansees stokkies […]

Read More

Elindi-broers vra hoërhof vir N$50 000 borgtog elk - October 1, 2025

Peter en Malakia Elindi, twee van die Namcor-bedrogbeskuldigdes, het ‘n aansoek in die Windhoek hoërhof gebring om landdros Linus Samunzala se weiering van hul borgtog-aansoek om te keer. Die broers voer aan dat Samunzala geen bewyse gevind het dat hulle vlugrisiko’s is of by die ondersoek sal inmeng nie. Hulle beweer dat die landdros nie […]

Read More

Sesde Schumacher Bonsmara-veiling dalk grootste vanjaar - October 1, 2025

Die sesde Schumacher Bonsmara-veiling vind volgende week Dinsdag by die Agra/Bank Windhoek Ring, sowel as aanlyn plaas. Boere kan tot Maandag registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met die teler Marc Schumacher gepraat oor die diere op aanbod.

Read More