Stad Kaapstad prys lugvaart vir ekonomiese groei - October 1, 2025
Stad Kaapstad sê lugvaart is ʼn hoeksteen van die metro se doelwit om ekonomiese groei te bevorder. In 2024 het die Kaapstad Internasionale Lughawe meer as 10-miljoen passasiers verwelkom en 75-duisend ton vrag hanteer. Vanjaar was daar reeds ʼn toename van agt-persent in plaaslike reisigers, en ʼn styging van vyf-persent in internasionale besoekers. Die burgemeesterskomiteelid […]
Sinner wen weer Chinese Ope - October 1, 2025
Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Chinese Ope die tweede keer gewen toe hy die Amerikaanse tiener Learner Tien in die eindstryd in Beijing geklop het. Dit is die Italianer se derde titel van die seisoen en 21ste algeheel. Sinner het in 2023 in die Chinese hoofstad gewen, maar in verlede jaar se eindstryd […]
Verlaging van stemouderdom ‘positief vir demokrasie’ - October 1, 2025
Die debat oor die verlaging van die stemouderdom van 18 na 16 duur voort. AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê waarin hy aanvoer dat as 16-jariges as volwasse genoeg beskou word om tot seks in te stem en aansoek te doen vir identiteitsdokumente, hulle ook die reg moet hê […]
Unam Wolves tans voor in Khomas Basketbalvereniging se Premierliga finale uitspeelreeks - October 1, 2025
Unam Wolves het sterk begin in die Khomas Basketbalvereniging se Premierliga finale uitspeelwedstryde en loop tans 2-0 voor teen Quality Basketball in die beste-van-sewe-reeks. Wolves het hul eerste wedstryd in die Unam Gimsaal met 102-94 gewen, en die tweede wedstryd met net drie punte gewen vir ‘n telling van 86-83. Die twee spanne meet vanaand […]
Omgewingministerie moet krisis in Etosha erken: Calle - October 1, 2025
Die omgewingministerie se hantering van die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park is opnuut onder skoot. Kenners het reeds mislukkings in verband met brandvoorkoming en bestuur beweer, maar nou word geen opgedateerde inligting oor dieresterftes en huidige toestande verskaf nie. Onstellende foto’s van ‘n olifant met erge derdegraadse brandwonde is afgemaak as “dit lyk […]
Optimisme oor mynbousektor, maar… - October 1, 2025
Namibië se mynbousektor se Beleggingsaantreklikheidsindeks in die Fraser Instituut-opname het met 10 punte gestyg en is nou 35ste wêreldwyd, vanaf die 42ste plek. Streeksgewys bly dit Afrika se vierde top-mynboubestemming. Volgens die Kamer van Mynwese bly die vooruitsigte vir die mynbousektor oor die algemeen optimisties. ‘n Voorgestelde 51 persent plaaslike eienaarskapsreël vir nuwe projekte kan […]
Savanna Beef op rand van bekendstelling in EU - October 1, 2025
Savanna Beef stoom voort met toetsverslagtings en om hul ontbeningsgerief te toets, om SADC-uitvoerstatus te bekom, wat binne weke kan gebeur, en dan na Europese Unie-uitvoerstatus te mik. Mecki Schneider, voorsitter van Savanna Beef Operations, het aan Agriforum gesê dat SADC-uitvoerstatus onderhewig is aan die direktoraat veeartsenydienste se prosesse en goedkeuring. Schneider sê hulle is […]
Global Sumud-flotielje geteister soos dit Gaza nader - October 1, 2025
Die afgevaardigdes van die Global Sumud-flotielje het onderneem om sy vreedsame humanitêre sending te handhaaf terwyl hulle Gaza nader, ten spyte van aggressiewe vlootbedrywighede en intimidasie. Die afgevaardigdes vra beskerming onder internasionale reg en vra die wêreld om aandag te gee aan die onwettige blokkering van humanitêre hulp en toenemende vyandighede in die streek. ‘n […]
Speaker betoog vir sistemiese benaderings tot geslagsgelykheid - October 1, 2025
Tydens die Tweede P20-vergadering van vroulike parlementariërs het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die dringende behoefte aan sistemiese benaderings tot geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het uitgelig dat hoewel Namibië in 2014 begrotingsriglyne daarvoor aangeneem het, die implementering steeds swak bly, met slegs 1,5 persent van die nasionale begroting wat op geslagspesifieke behoeftes gemik […]
Grenssluitings vir groente-invoere aangepas - October 1, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad het weer grensaanpassings gemaak vir die invoer van groente onder sy Market Share-program. Die grens is gesluit vir wortels, kool, Engelse komkommer, uie, konfyttamaties, kersietamaties, ronde tamaties en spinasie. Die grens is oop vir botterskorsie, groenpeper, skorsie, gewasde aartappels, pampoen, soetpatat, waatlemoen, spanspek en suikermielies. Pro-rata invoere word vir gekleurde soetrissies, beet […]