Corruption Watch vra aksie teen sindikate by Tembisa-hospitaal - October 1, 2025
Corruption Watch sê dis duidelik dat sindikate waarby amptenare en diensverskaffers betrek word, voortgaan met hul plundering sonder om enige gevolge te dra. Dit volg ná die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek by die Tembisa-hospitaal waar gekoördineerde sindikate ontdek is wat meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand gesteel het. Corruption Watch sê die wanbestuur van hulpbronne het […]
Rassie tevrede met ontwikkeling van Bok-groep - October 1, 2025
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die manier waarop die groep vanjaar ontwikkel het, veral wat die diepte en verskillende sterkpunte betref. Nie een van die 36 spelers wat hy in vanjaar se Rugbykampioenskap ingespan het, was die volle 400 minute van die vyf rondes op die veld nie. Agt-en-twintig Bokke het […]
O&L open geskiedkundige Model Auas Valley - October 1, 2025
Die voorsitter van Ohlthaver & List, Sven Thieme, sê die bekendstelling van Model se vlagskip winkel by Auas Valley in die hoofstad is geskiedkundig. Die handelsmerk is in 1965 gestig deur Werner List. Die 100 persent plaaslike eienaarskap beteken dat meer inkomste in die land sal bly, wat sal help om winkels op te gradeer, […]
AfriForum vier Malema se skuldigbevinding - October 1, 2025
AfriForum verwelkom die uitspraak van die landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap wat die EFF-leier, Julius Malema, skuldig bevind het op vyf vuurwapenverwante aanklagte. Die saak spruit voort uit die party se verjaarsdag-byeenkoms in Mdantsane in 2018, waar Malema skote afgevuur het. AfriForum, wat die aanklagte aanhangig gemaak het, sê geregtigheid het geseëvier ondanks vertragings. […]
Oktoberfest-perseel gesluit na bomdreigement - October 1, 2025
Die perseel van München se Oktoberfest, wat op 20 September begin het en tot Sondag duur, sal tydelik gesluit bly nadat ‘n brand en ontploffing ‘n gebou in die suidelike deel van die Duitse stad geruk het. Die organiseerders van die bierfees sê op hulle webwerf dat hulle ‘n bomdreigement ontvang het. Die polisie sê […]
Indië klop Sri Lanka in Vrouekrieket-wêreldbeker openingwedstryd - October 1, 2025
Krieket: Indië het hul Vroue-wêreldbekerveldtog in Guwahati op ʼn wen-noot begin en Sri Lanka met 59 lopies verslaan. Deepti Sharma en Amanjot Kaur se vennootskap van 103 lopies om die sewende paaltjie waar albei vyftigtalle behaal het, het die gasvroue se telling na 47 boulbeurte op 269 vir agt gebring. Drie boulbeurte het weens reën […]
Bates in nie-bank finansiële sektor behaal mylpaal - October 1, 2025
Namibië se nie-bank finansiële sektor het ‘n belangrike mylpaal bereik met totale bates wat tot 502 miljard Namibiese dollar gestyg het. Dit is ‘n toename van 4,2 persent vanaf die vorige kwartaal en ‘n sprong van 12,3 persent jaar-op-jaar. Pensioenfondse, langtermynversekeraars en kollektiewe beleggingskemas beslaan nou meer as 90 persent van hierdie bates. Kenneth Matomola, […]
Mynbou in suidelike Krugerwildtuin moet staak - October 1, 2025
AfriForum doen ‘n beroep dat mynbouaktiwiteite naby die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin dadelik gestaak moet word in die afwesigheid van omgewingsgoedkeuring en toestemming deur die grondeienaar. Die organisasie sê boorwerk en geografiese ondersoeke op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch is onwettig, en geen omgewingsimpakstudie is in plek nie. Die Omgewingsake-raadgewer […]
Sumud-flotrielje word deur vaartuie genader - October 1, 2025
Die internasionale flottielje wat probeer om hulp aan Gaza te lewer, sê ongeïdentifiseerde vaartuie het vroeg vanoggend sommige van sy bote genader soos hulle nader gekom het aan ‘n sone waar Israel ‘n vlootblokkade op die oorloggeteisterde strook geplaas het. Die Global Sumud-flotielje bestaan uit meer as 40 burgerlike bote wat ongeveer 500 mense vervoer, […]
Zaporizhzhia word met diesel-kragopwekkers verkoel - October 1, 2025
Die enorme Sowjet-geboude Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die suide van Oekraïne word vir ‘n negende dag deur nooddieselkragopwekkers afgekoel nadat ‘n eksterne kraglyn afgesny is. Die Russiese bestuur by die aanleg is aangehaal wat sê het dat die rugsteun-elektrisiteitsvoorsiening vir eers voldoende was, maar dat die hervatting van ‘n gereelde elektrisiteitsvoorsiening via ‘n eksterne bron onmoontlik was […]