Franse owerhede sê Mthethwa was alleen, val was doelbewus - October 1, 2025

Franse owerhede het met ʼn ondersoek begin na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Hy is Dinsdag dood aangetref buite die Hyatt Hotel nadat hy Maandag as vermis aangemeld is. Parys se aanklaer, Laure Beccuau, sê Mthethwa se kamervenster op die 22ste vloer is oopgedwing met ʼn skêr wat op die […]

Read More

Kabila, in absentia, ter dood veroordeel - October 1, 2025

Voormalige president van die DRK, Joseph Kabila, is in absentia ter dood veroordeel deur ‘n militêre hof wat hom skuldig bevind het aan oorlogsmisdade, hoogverraad en misdade teen die mensdom. Die saak spruit voort uit sy beweerde rol in die ondersteuning van die opmars van Rwanda-gesteunde M23-rebelle in die Kongo se onstabiele ooste. Kabila, wat […]

Read More

Sir Keir baklei vir sy oorlewing - October 1, 2025

Die Britse premier Keir Starmer waarsku dat die volgende vier jaar ‘n stryd om die siel van die land teen die verregse Reform UK-party sal wees. Volgens Ipsos, ‘n toonaangewende meningspeiler, sê slegs 13-persent van kiesers dat hulle tevrede is met Starmer sedert hy 15 maande gelede in die amp ingesweer is, terwyl 79 persent […]

Read More

HyIron vorder uiters goed - October 1, 2025

HyIron se Oshivela-projek beplan om die produksie van groen yster tot 200 000 ton per jaar teen 2026 op te skaal, na ‘n suksesvolle aanvanklike fase van 15 000 ton per jaar. Hierdie uitbreiding stem ooreen met ‘n geprojekteerde toename in sonkrag- en batterybergingskapasiteit en word ondersteun deur ‘n aankoop-ooreenkoms met die Duitse maatskappy Benteler. […]

Read More

MISA is boos oor Agoa vat verval het - October 1, 2025

Die motorvakbond MISA sê Suid-Afrika het te laat opgetree om nuwe handelsooreenkomste met Amerika te sluit voor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika gister verval het. Hulle waarsku dat hierdie mislukking werksverliese in die kleinhandelmotorbedryf sal vererger waar afleggings alreeds styg. Die woordvoerder van die vereniging, Sonja Carstens, sê pogings deur president Cyril […]

Read More

EU stel nuwe teikens, in tyd vir COP30 - October 1, 2025

Die Europese Unie gaan teikens stel vir die vermindering van kweekhuisvrystellings vir 2035 en ’40, betyds vir November se COP30-klimaatberaad in Belém, Brasilië. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het by ‘n EU-geleentheid in Brussel die noodsaaklikheid van pragmatisme beken, gegewe die verdeling van lidlande oor die doelwitte. Sy sê Brussel […]

Read More

Doelwagter Gordon opgeroep vir Skotland - October 1, 2025

Die 42-jarige doelwagter, Craig Gordon, is ingesluit in Skotland se groep vir die tuis Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde teen Griekeland en Belarus. Dis die eerste keer dat hy weer speel nadat hy vroeg in Mei ‘n nekbesering opgedoen het. Gordon het al 81 keer vir sy land gespeel. Skotland het vier punte in die kompetisie na ‘n doellose […]

Read More

Balhao sluit by LPM aan, na goeie aanbod - October 1, 2025

Voormalige IPC Lüderitz-raadslid en burgemeester Phil Balhao het by die Landless People’s Movement aangesluit. The Namibian berig hy het dit bevestig na hy verlede week as beide burgemeester en lid van die IPC bedank het. Hy sê die party het hom ‘n aanbod gemaak. LPM Lüderitz-raadslid Annemarie Hartzenberg het intussen Balhao by die LPM verwelkom […]

Read More

DA verwelkom tekens van handelsooreenkoms met VSA - October 1, 2025

Die DA verwelkom die positiewe tekens van ʼn omvattende handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika, en dat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika dalk vir ʼn jaar verleng word. President Cyril Ramaphosa het verlede maand ʼn onderhandelingspan na Amerika gestuur om ʼn verlaging in die 30-persent tariewe op uitvoere na Amerika te probeer bewerkstellig. […]

Read More

Vet soldate, en selfs generaals, moet waai - October 1, 2025

Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag diversiteitsinisiatiewe afgekraak wat volgens hom tot dekades van verval in die weermag gelei het, en aan ‘n seldsame byeenkoms van bevelvoerders gesê het dat hulle moet bedank as hulle nie sy agenda ondersteun nie. Hegseth en president Donald Trump het by ‘n geleentheid in Quantico, Virginia, gepraat met generaals […]

Read More