Dodetal tans op 60 na 6,9 aardbewing in Filippyne - October 1, 2025

Minstens 60 mense is dood en 147 beseer in ʼn aardbewing van 6,9 in sentraal-Filippyne. Die aardbewing het aan die kus by Cebustad plaasgevind. Die sterk skudding het kragonderbrekings veroorsaak, geboue en huise se mure laat ineenstort en grondstortings laat ontstaan. Die streek was besig om te herstel van ʼn storm wat die sentrale gebied […]

Read More

Landbou moet sy grond in Zambezi ontwikkel  - October 1, 2025

Die voorsitter van die Zambezi-streeksraad Warden Simushi het die landbouministerie aangemoedig om grond wat vir hom sover terug as 2011 bekom is, te ontwikkel vir voedselproduksie. Dit sluit in 10 000 hektaar in Kabbe Noord, 1 000 hektaar in Katima-landelik, nog 10 000 hektaar naby Liselo en ‘n verdere 1 000 hektaar by Ibbu. Intussen […]

Read More

Ramaphosa toon medelye met Mthethwa se familie  - October 1, 2025

President Cyril Ramaphosa betreur die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, wat in Parys op die ouderdom van 58 oorlede is. Ramaphosa het sy meegevoel betuig met sy vrou, Philisiwe Buthelezi, sy familie en kollegas. Hy het Mthethwa geloof vir sy diens in die kabinet as minister van Sport, Kuns en Kultuur, […]

Read More

Amerikaanse regering sluit  - October 1, 2025

Die Amerikaanse regering is gesluit. Dit kom na die Kongres nie die nodige befondsingswetgewing kon instel om die federale regering se bedrywighede te finansier voor die begin van die nuwe fiskale jaar, wat op 1 Oktober is, nie. Die partye was haaks oor gesondheidsbefondsing en verdere besnoeiings aan Medicaid. Dit beteken nie-noodsaaklike federale werknemers word […]

Read More

Alcaraz onttrek aan Sjanghai Meesters  - October 1, 2025

Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, het aan die Sjanghai Meesters onttrek nadat hy sy linker-enkel beseer het. Die 22-jarige Spanjaard het sy enkel in sy eerste wedstryd by die Japannese Ope beseer, maar deurgedruk, die toernooi voltooi en met sy agste ATP Toer-titel van die seisoen weggestap. Corentin Moutet van Frankryk neem Alcaraz se plek in […]

Read More

Goeie vordering sedert eerste jagluiperds na Indië gestuur is  - October 1, 2025

In ‘n mylpaal vir Indië se jagluiperd-herinvoeringsprojek was daar 26 jagluiperdgeboortes oor sewe werpsels in net drie jaar. Dit is volgens dr. Laurie Marker, uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy die vordering gevier sedert Namibië die eerste agt jagluiperds na Indië gestuur het en dit […]

Read More

Nuwe Grondwetsontwerp ter tafel gelê - October 1, 2025

Die Grondwetsontwerp is heringedien in die Nasionale Vergadering en sal nou deur parlementslede gedebatteer word. Sleutelbepalings sluit in die stig van ‘n Grondtribunaal om geskille rakende beide kommersiële en kommunale grond te hanteer, die skep van ‘n Gemeenskaplike Grondontwikkelingsfonds, en ‘n verbod op die verkryging van kommersiële en kommunale grond deur buitelandse burgers. Die wetsontwerp […]

Read More

Geen vordering in Okh-moordsake nie - October 1, 2025

Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, het ‘n opdatering gegee oor die voortgesette ondersoeke na die moorde van drie jong meisies wat vroeër vanjaar in die dorp plaasgevind het. Sy sê dat die munisipaliteit CCTV-kameras geïnstalleer het wat direk aan die Okahandja-polisiestasie gekoppel is. Hoewel die installasies gevorder het, die munisipaliteit ‘n bykomende 100 000 […]

Read More

NamPost en pensioen: So werk dit vanaf 9 Oktober - October 1, 2025

NamPost het die aanvang van maatskaplike kontanttoelaagbetalings aangekondig wat hierdie maand begin. ‘n Loodsuitbetaling sal op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Dit sal die gereedheid bepaal voor die volle landwye bekendstelling op Maandag, 13 Oktober. Begunstigdes word versoek om die gestruktureerde skedule te volg, […]

Read More

Omstrede skeidsregter Piardi Saterdag aan diens - October 1, 2025

Die Italiaanse skeidsregter Andrea Piardi, wat daarvan beskuldig word dat hy Australië onlangs twee keer ernstig benadeel het, is in beheer van Saterdag se Rugbykampioenskapstoets tussen Suid-Afrika en Argentinië in Londen. Hy het in die doodsnikke van die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus ‘n omstrede drie aan die Leeus toegeken het wat […]

Read More