Ministerie skarrel oor omvang van Etosha-brand - October 1, 2025

Die omgewingministerie hou vol dat bevestigde diere-ongevalle in die verwoestende Etosha-brand staan op een olifant, nege wildsbokke en een ietermagô. Dit volg na foto’s op sosiale media versprei is van ‘n dooie olifant en ‘n erg gebrande olifant. Die ministerie het oor laasgenoemde foto gesê dit lyk of dit met KI geskep is, en het […]

Read More

Getuienis oor Cat se WhatsApp-boodskappe by Madlanga-kommissie - October 1, 2025

In Suid-Afrika sê die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, WhatsApp-boodskappe waarby vermeende kartelbaas Vusimuzi “Cat” Matlala betrokke is, dui op pogings om tenders te beskerm en om die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde te bevorder. In getuienis by die Madlanga-kommissie sê Khumalo dat die boodskappe tussen Matlala en sakeman Brown Mogotsi ook bande […]

Read More

Hamas het drie tot vier dae om plan te aanvaar – Trump - October 1, 2025

Internasionaal en Amerikaanse president Donald Trump het Hamas ‘n spertyd van drie tot vier dae gestel om te reageer op sy plan vir ‘n einde aan die oorlog in Gaza. Hy het aan verslaggewers gesê dit sal ‘n baie hartseer einde wees as Hamas die plan verwerp. Katar se buitelandse sake-ministerie sê die Palestynse groep […]

Read More

Vier veranderings aan Bokspan vir Saterdag - October 1, 2025

En in rugbynuus het Springbok-afrigter Rassie Erasmus vier veranderings aan sy wedstrydgroep aangebring vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen die Pumas op Twickenham. Ox Nché keer terug na die opdrafspan en Grant Williams, Jesse Kriel en Bongi Mbonambi is op die bank. Nché moes kort voor die toets in Durban onttrek weens ‘n ligte besering. […]

Read More

Etosha het wel brandbestuurstelsels, sê minister - September 30, 2025

Omgewingminister Indileni Daniel het bewerings dat die Etosha Nasionale Park nie behoorlike brandbestuurstelsels het nie van die hand gewys. Sy het die parlement toegespreek en verseker dat die brand, wat al meer as ‘n week woed, nou onder beheer is, met die hoop om dit teen vanaand ten volle onder beheer te bring. Daniel het […]

Read More

Oud-SA polisiehoof pleeg vermoedelik selfmoord in Parys - September 30, 2025

Die internasionale betrekkinge-ministerie het die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, bevestig. Die 58-jarige diplomaat, wat voorheen as polisieminister en sportminister gedien het, is in Parys dood en Franse owerhede stel tans ondersoek in na die omstandighede. Franse media berig hy het vermoedelik van die 22ste verdieping van die Hyatt Hotel gespring, […]

Read More

Belangrike Moslemlande steun Trump se Gaza-oorlog plan - September 30, 2025

Belangrike Moslemlande het hul steun verklaar vir ‘n plan van die Amerikaanse president Donald Trump om die oorlog in Gaza te beeïndig, terwyl sommige Palestyne die plan as ‘n “klug” afgemaak het. Agt Arabiese of Moslem-meerderheidslande sê hulle verwelkom Trump se opregte pogings om die oorlog te beeïndig. In ‘n gesamentlike verklaring het Egipte, Jordanië, […]

Read More

Alcaraz is kampioen in Tokio, Sinner in eindstryd in Beijing - September 30, 2025

Tennis: Wêreld nommer een, Carlos Alcaraz, is die Japanese Ope-kampioen. Die Spanjaard het die bordjies verhang na sy onlangse nederlaag in die Laver-beker toe hy die Amerikaner, Taylor Fritz in skoon stelle verslaan het in Tokio om sy agtste titel van die seisoen te wen. In Beijing, het wêreld nommer twee, Jannik Sinner, die Australiër, […]

Read More

Skaars Suidelike Karmynbyvreters in Kavango-Oos in gevaar - September 30, 2025

Die Suidelike Karmynbyvreter, een van Namibië se skaarsste voëlspesies, staar ‘n skerp afname in die gesig – nie as gevolg van natuurlike oorsake nie, maar as gevolg van doelbewuste menslike inmenging. In die Kavango Oos-streek word neskranse vernietig en voëls in visnette gevang. Kampeienaar Mark Paxton sê die hoofkolonie naby sy Shamvura-kamp het in een […]

Read More

MPSH wen eerste Riaan McNab Hardap Goewerneursbeker-toernooi - September 30, 2025

Die eerste Riaan McNab Hardap Goewerneursbeker-toernooi is die naweek op die Rehoboth-stadion afgesluit, met MPSH van Windhoek wat as kampioene gekroon is. Die toernooi, met die tema “Sokker teen geslagsgebaseerde geweld, geweld teen kinders en dwelmmisbruik”, het 36 spanne gelok. Die eindstryd is beslis tussen MPSH en Tuk-Tuk, ook van Windhoek. Die wedstryd het doelloos […]

Read More