Veeartse mobiliseer na Etosha, groot kommer oor diere-ongevalle - September 30, 2025
Terwyl brande steeds in die Etosha Nasionale Park woed, mobiliseer veeartse om die katastrofiese tol op wildlewe te bepaal. Die bekende veearts, dr. Ulf Tubbesing, het ‘n somber assessering van die ontvouende krisis gegee en waarsku dat die amptelike syfers vir diere-ongevalle ‘n ernstige onderskatting is. Met meer as 800 000 hektaar wat afgebrand het, […]
LPM takel Sankwasa, sê hy misbruik mag - September 30, 2025
Die Landless People’s Movement staan ‘n opdrag teen van die stedelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, wat sewe Windhoek-raadslede gelas het om meer as 80 000 Namibiese dollar se S&T-betalings terug te betaal vir ‘n ongemagtigde reis na die Suider-Afrikaanse Inter-Munisipale Sportvereniging se spele in Lesotho verlede week. Die raadslede, insluitend LPM-lede Ivan Skrywer en Sade Gawanas, […]
Meatco, beesboere in vir ‘n hupstoot van Wulff & Co - September 30, 2025
Noorweë se grootste invoerder en grootmaat-handelaar van premium vleis, Wulff & Co, het aangedui dat dit gereed is om meer as 800 ton Namibiese beesvleis en verwante produkte van Meatco te verkry. Die maatskappy is sedert verlede jaar ‘n Meatco-kliënt en het reeds sowat 215 ton top-kwaliteit beesvleis van Namibië gekoop. Die produkte was hoofsaaklik […]
Hamas oorweeg Trump se Gaza-plan - September 30, 2025
‘n Palestynse bron na aan Hamas sê die groep oorweeg die Amerikaanse president Donald Trump se voorstel vir die beëindiging van die Gaza-oorlog, wat gesteun word deur die Israelse eerste minister. Die bron het aan AFP gesê Hamas het begin met ‘n reeks gesprekke met sy politieke en militêre leierskap in Palestina asook in die […]
Stad Windhoek implementeer Landbouforum-resolusies - September 30, 2025
Sewe maande ná Stad Windhoek se Landbouforum het stadswoordvoerder Harold Akwenye aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie sleutelresolusies word reeds geïmplementeer. Die forum, wat stedelike landbou te midde van groeiende voedselonsekerheid en waterskaarste aangespreek het, het gelei tot verbintenisse soos die integrasie van voedselproduksie in stadsbeplanning, die ondersteuning van waterdoeltreffende metodes soos hidroponika en akwaponika, […]
Nou’s daar vergiftiging-kommer oor Edgar Lungu se dood - September 30, 2025
Die Progressive Forces of South Africa het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en die Gautengse kommissaris, Tommy Mthombeni, versoek om ondersoek in te stel na die dood van die voormalige Zambiese president Edgar Lungu op Suid-Afrikaanse bodem. Die Nasionale Strategiese Organiseerder, Bonang Letsokoane, noem familie- en politieke kommer oor moontlike vergiftiging. Sy waarsku […]
Kinders vasgekeer onder ineengestorte skool in Indonesië - September 30, 2025
Reddingswerkers in Oos-Java, Indonesië, is in ‘n verbete stryd om 38 mense te vind wat vermoedelik vasgekeer is in die puin van ‘n skoolgebou wat Maandag ineengestort het. Beamptes sê drie studente is dood en 99 ander is in die hopitaal, sommige met kritieke beserings, terwyl die dodetal na verwagting sal styg. Baie van die […]
Top vroue-tennisspelers vra korter seisoene - September 30, 2025
Tennis: Die Amerikaner Coco Gauff vra korter seisoene en sê dis onmoontlik om meer te speel as wat sy reeds doen. Dit volg nadat Iga Swiatek van Pole haar ook teen die aantal toernooie uitgespreek het. Hulle het tydens die Chinese Ope gepraat waar vyf spelers gister onttrek het met beserings. Die eerste-gekeurde Swiatek het […]
Openbare konsultasies oor verkrygingswet kom na hoofstad - September 30, 2025
Openbare konsultasies oor die hersiening van die Wet op Openbare Verkryging is steeds aan die gang. Tussen môre en Donderdag sal die konsultasies in Windhoek by onderskeidelik die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, en die Windhoek Buiteklub Oord plaasvind. Die konsultasies is onder andere daarop gemik om openbare verontwaardiging oor kwessies soos […]
Hernubare energie-opwekking in SA styg 280% sedert 2015 - September 30, 2025
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê die opwekking van hernubare energie van Suid-Afrika se Hernubare Energieverkrygingsprogram van Onafhanklike Kragprodusente het met 280 persent sedert 2015 toegeneem. Die program, wat in 2010 van stapel gestuur is, was ‘n belangrike katalisator om die privaatsektor in die hernubare energiemark betrokke te maak. Sipho Mdhluli van die WNNR sê die […]