FAK vereer Leon Schuster met eretoekenning - September 30, 2025

Drie dekades nadat “Hie’ kommie Bokke!” in 1995 tydens die Springbokke se historiese Rugbywêreldbeker-oorwinning oor die All Blacks op Ellispark opgeklink het, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ’n eretoekenning aan Leon Schuster oorhandig vir sy lewensbydrae tot Afrikaanse musiek, rolprente en radiowerk. Omdat hy tans gesondheidsuitdagings beleef, het die FAK hom by sy huis […]

Read More

Indië kolf eerste teen Sri Lanka in Vroue-Wêreldbeker - September 30, 2025

Krieket: Indië kolf eerste nadat die medegasvrou, Sri Lanka, se kaptein, Chamari Athapaththu, die loot gewen het in die openingswedstryd van die eendag-Wêreldbekertoernooi vir vroue in Guwahati, Indië. Suid-Afrika is een van die agt spanne wat deelneem, met al die spanne wat eenkeer teen mekaar speel terwyl die boonste vier na die halfeindronde deurdring. Die […]

Read More

Buigsame grondtitels uitgerol na ander dorpsrade - September 30, 2025

Om die doelwitte van die buigsame grondbesitstelsel te versnel, het die ministerie van stedelike ontwikkeling planne aangekondig om prestasieteikens vir geselekteerde plaaslike owerhede uit te rol, te befonds en vas te stel as deel van die Informele Nedersettingsopgraderings- en Sanitasieprojek. Die inisiatief sal oor ‘n tydperk van vyf jaar, van 2025 tot 2030, geïmplementeer word. […]

Read More

Cosatu verwelkom Tembisa-onthullings - September 30, 2025

Die vakverbond Cosatu in Gauteng verwelkom die onthullings van die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag dat meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand by die Tembisa-hospitaal gebuit is. Die eenheid het 116 amptenare vir dissiplinêre stappe verwys en werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om bates te verhaal en strafregtelike klagtes aanhangig te maak. Cosatu se provinsiale […]

Read More

Aanklaer vra vir 11 jaar vir Diddy, word Vrydag gevonnis - September 30, 2025

Amerikaanse federale aanklaers het ‘n regter versoek om Sean “Diddy” Combs hierdie week tot meer as 11 jaar tronkstraf te vonnis na die hip-hop-magnaat se skuldigbevinding aan prostitusieverwante aanklagte. Hulle vra ook ‘n boete van 500 000 Amerikaanse dollar. Amerikaanse distriksregter Arun Subramanian sal Combs Vrydag in Manhattan vonnis. Combs, 55, staar tot 20 jaar agter […]

Read More

SA se FIFA Wêreldbeker-droom kry knou - September 30, 2025

Suid-Afrika se hoop vir die 2026 Wêreldbeker is ‘n terugslag toegedien nadat FIFA die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging gestraf het omdat hy ‘n ontoelaatbare middelveldspeler, Teboho Mokoena in die wedstryd teen Lesotho laat speel het. Die wedstryd word prysgegee, en Lesotho word ‘n 3-0 oorwinning toegeken. Safa is ook ‘n 200 000 Suid-Afrikaanse rand boete opgelê, en […]

Read More

Jeugontwikkelingsfonds kom op die regte tyd - September 30, 2025

Die regering het amptelik die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds in Gobabis bekendgestel, waar die 42 begunstigdes wat in die loodsfase sal baat vind, aangekondig is vir 14,8 miljoen Namibiese dollar. Die fonds bied lae-rente lenings aan jeuggeleide besighede of koöperasies in verskeie sektore. Die direkteur van die Nasionale Jeugraad, Calista Swartz-Gowases, sê die fonds kom op ‘n […]

Read More

Gewapende rowers buit N$100 000 by kleuterskool - September 30, 2025

‘n Gewapende roof het vanoggend by ‘n kleuterskool in Kleine Kuppe plaasgevind. Vyf mans, gewapen met pistole en messe het kontant gebuit en geen beserings is aangemeld nie. Owerhede soek ‘n blou Mazda Demio sonder nommerplate. Superintendent Marcelline Murapo van Stadspolisie het die inligting.

Read More

RWE trek Hyphen aankoop ooreenkoms terug - September 30, 2025

Die Duitse kragverskaffer, RWE, het hom aan die Hyphen-groen ammoniakprojek onttrek. Die maatskappy het in 2022 ‘n voorlopige nie-bindende ooreenkoms met Hyphen onderteken om vanaf 2027 sowat 300 000 ton ammoniak per jaar aan te koop. Die maatskappy sê egter nou dat daar ‘n stadiger as verwagte vraag in Europa na waterstof en waterstofderivate soos […]

Read More

Ithete sê GRN oorweeg nog toetrede tot konsortium vir De Beers verkryging - September 30, 2025

Namibië sal ‘n versigtige benadering volg voor enige besluit of die land by ‘n voorgestelde Pan-Afrikaanse konsortium sal aansluit om ‘n belang in De Beers te verkry. Lynminister Natangwe Ithete sê dit is geen geheim dat die bedryf onder druk is en geraak word deur die sogenaamde laboratoriumdiamante. Dus moet die plan noukeurig bestudeer word […]

Read More