Skok en walging met foto’s van verbrande diere in Etosha - September 30, 2025
Reaksie wissel van walging tot woede met die eerste foto’s van dooie diere in Etosha Nasionale Park. Die beeldmateriaal toon half verbrande maar lewende olifante sowel as vrek diere. Die lynministerie loop deur onder kritiek omdat hy nie vinnig genoeg reageer het en ook bystand aanvaar het nie, en ook omdat geen brandbestuur in die […]
Ekonomie: FNB versigtig optimisties oor mediumtermyn - September 30, 2025
FNB-ekonoom Helena Mboti sê ten spyte van ‘n stadiger tweede kwartaal, bly die land se ekonomie op koers om met 3 persent in 2025 te groei. Namibië se reële bruto binnelandse produk het met slegs 1,6 persent jaar-op-jaar in die tweede kwartaal van 2025 gegroei, af van 2,8 persent in die eerste kwartaal, namate sleutelrisiko’s […]
Vryemarkstigting looi ANC vir sy beleide - September 30, 2025
Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika se voorspoed hang af van openheid, handel en die oppergesag van die reg. Die regering onderhandel steeds met Amerika oor ‘n handelsooreenkoms. Die stigting sê die hervormings wat Amerika versoek, naamlik respek vir eiendomsregte, die beëindiging van rasverdelende maatreëls en die bekamping van haatspraak, is ten volle in ooreenstemming met die […]
JD Vance blameer Demokrate vir dooiepunt oor befondsing - September 30, 2025
Amerika se visepresident JD Vance glo die federale regering sal sluit indien die dooiepunt oor fondse voortduur. ʼn Laaste wanhopige vergadering gister tussen president Donald Trump en Demokratiese leiers in die Kongres het min vordering gemaak. Die Demokrate weier om die Republikeinse Party se wetgewing oor voortgesette befondsing ná vandag te steun, tensy dit verskeie […]
FIFPro waarsku oor hitte-gevare by 2026 Wêreldbeker - September 30, 2025
Die wêreldwye spelersvakbond FIFPro het gewaarsku oor die gevare om by 2026 Wêreldbeker in die Verenigde State, Mexiko en Kanada, in uiterste hitte te speel. Die Wêreldbeker volg ná die Klubwêreldbeker, wat vanjaar in Junie en Julie in die VSA plaasgevind het. Alexander Bielefeld van FIFPro noem die toernooi ‘n wekroep in die konteks van […]
Neckartal neem 16m kubiek in na Suide-reën - September 30, 2025
Die Neckartaldam het 16 miljoen kubieke meter water ingeneem na verlede Vrydag se reën in die Suide, met Naute wat 106 000 kubiek gevat het. Volgens NamWater se dambulletin is Neckartal nou 99,4 persent vol en Naute, 91,9 persent. Oanob by Rehoboth het 68,6 persent water. Bronne vir die sentrale gebied is op 71 persent […]
Gemeenskappe gemaan om geskenkte toerusting te beskerm - September 30, 2025
Die Duitse KfW ontwikkelingsbank doen ‘n beroep op bewaringsorganisasies om gemeenskapsgedrewe bewaring te prioritiseer en sleutelinfrastruktuur te beskerm vir langtermyn-impak. Dit kom nadat die bank toerusting en infrastruktuur ter waarde van 15 miljoen Namibiese dollar in Oshakati oorhandig het, wat daarop gemik is om konflik tussen mens en wild aan te pak en alternatiewe lewensbestaan […]
Tshwane sukkel met stedelike ontwikkeling - September 30, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun alle ontwikkeling en belegging wat daarop gemik is om kapitaal en werksgeleenthede na die Stad Tshwane te lok. Die party sê egter hy sal nie toekyk hoe die metro se begrotingbesnoeiings sulke ontwikkelings kniehalter nie. Volgens ʼn verslag van die Oorsigkomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning maak die […]
Verstekeling sterf op vlug van Europa na VSA - September 30, 2025
Polisie in Charlotte, Noord-Carolina, ondersoek die dood van ‘n verstekeling wat Sondag in die landingsgestel van ‘n American Airlines-vliegtuig gevind is. Die vliegtuig het van Europa aangekom en was besig met onderhoud toe werkers die liggaam ontdek het. Die persoon se identiteit en oorsprong bly onbekend. Om in ‘n vliegtuig se wielkom weg te kruip, […]
Fishrot-lot verwag uitspraak oor verskuiwing - September 30, 2025
Uitspraak word vandag verwag in die Fishrot-lot se aansoek om uit die algemene bevolking, of te wel, Echo-afdeling van die gevangenis, verskuif te word. Die aansoek is teen die minister van veiligheid en sekuriteit. James Hatuikulipi, en vyf ander beweer hulle dat korrektiewe owerhede bewus is van die dreigemente wat die groep ontvang van ander […]