WGO veroordeel moord van pasiënte in Soedan - October 30, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie veroordeel die moord op meer as 460 pasiënte en ontvoering van ses gesondheidswerkers by die Saudi-kraaminrigting in El Fasher, Soedan. Die WGO het voor die jongste aanval reeds 185 aanvalle op gesondheidsorgfasiliteite in Soedan bevestig sedert die konflik in April 2023 begin het. In dié tydperk is 1 204 pasiënte en personeellede dood […]
Melissa dood meer as 20, sover - October 30, 2025
Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa ‘n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou ‘n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van hulle kinders, is in Haïti […]
Hoogste hof hoor vandag Baster appèl aan - October 30, 2025
Die Rehoboth Baster-gemeenskap is vandag in die Hooggeregshof vir hul appèl oor die betwiste Baster-kapteinskapverkiesing. Dit volg op ‘n uitspraak deur regter Orben Sibeya, wat Rynault van Wyk se aansoek van die hand gewys het met die argument dat dit op ‘n herroepe voorvaderlike wet staatmaak. Maar die gemeenskap sê die regter het die werklike […]
Kenner sê oor beesvleis produksiegaping - October 30, 2025
China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis kan die vraag tot 20 000 ton per maand laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het landboukenner Wallie Roux gesê Namibië, die droogste Afrika-land suid van die Sahara, staar natuurlike beperkings in die gesig […]
NHE kort N$76 miljard, projekteer inkomste van N$4,4 miljard - October 30, 2025
Die Nasionale Behuisingsonderneming sal 76 miljard Namibiese dollar benodig om Namibië se behuisingsagterstand van ongeveer 300 000 eenhede aan te spreek. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska Sem, sê die land se behuisingskrisis word gedryf deur beperkte gedienste grond, hoë konstruksiekoste en onvoldoende befondsing. Sy erken die land het ‘n behuisingskrisis. Volgens Sem het […]
Telecom werk aan iWay-uitdagings - October 30, 2025
Na verskeie klagtes van kliënte het Telecom Namibia bevestig dat sommige iWay-e-posdienste onderbroke toegang en stadige werkverrigting ondervind. Uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem veroorsaak is deur onlangse kragverwante voorvalle. Hy sê daar is geen presiese tydsraamwerk vir wanneer die dienste ten volle herstel sal wees nie, […]
Storm ontwortel 200 op Aranos - October 30, 2025
Die Hardap-streeksraad sê ‘n kragtige donderstorm het Aranos Woensdagmiddag getref en ongeveer 30 mm reën en sterk winde meegebring wat aansienlike skade veroorsaak het. Daar word berig dat ongeveer 60 tot 70 huise se dakke beskadig of heeltemal vernietig is, en dele van die dorp bly sonder elektrisiteit weens skade aan fasiliteite. Ongeveer 200 inwoners […]
Sprinkane maak hulle terugkeer in Zambezi - October 30, 2025
’n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde gebiede uit te voer. Zamwaani […]
Cyril se viering van gryslys verdwydering ignoreer werklikheid - October 30, 2025
Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese mylpale moet deur sigbare verandering […]
Orkaan Melissa saai verwoesting - October 30, 2025
Orkaan Melissa het verswak na ‘n kategorie-2 storm met winde van 160km/h nadat dit verwoesting oor die ooste van Kuba en die Bahamas gesaai het, en was laat Woensdagaand op pad na Bermuda. Die orkaan het teen 24km/h beweeg en die verwagting was dat die spoed sou optel. Intussen het Jamaika se eerste minister, Andrew […]