Ooreenkoms met VSA binne bereik maar geen wil nie – Solidariteit - September 30, 2025
Die Solidariteit Beweging sê ʼn handelsooreenkoms met Amerika is binne bereik, maar die Suid-Afrikaanse regering het nie die politieke wil om dit te doen nie. Die beweging is die oorhoofse liggaam vir Afrikaanse belangegroepe soos AfriForum en Solidariteit, en het die naweek ʼn opvolgbesoek aan die Withuis gebring om bykomende inligting oor sy voorgestelde handelsraamwerk […]
Gaza-vredesplan: Gyselaar families versigtig maar hoopvol - September 30, 2025
Hoopvol maar baie, baie versigtig, is hoe die voormalige Israeliese diplomaat Daniel Shek die families van Israeliese gyselaars beskryf. Shek werk sedert 7 Oktober 2023 nou saam met die families. Hy het met SkyNews gepraat oor Donald Trump se 20-punt Gaza-vredesplan.
Arbeiders skarrel te midde van dalende ondersteuning - September 30, 2025
Die Britse minister van Binnelandse Sake het streng reëls voorgestel vir migrante wat in die Verenigde Koninkryk wil woon, terwyl die regerende Arbeidersparty by sy jaarlikse konferensie stemme wil terugwen. Migrante wat onbepaald in die land wil aanbly moet werk hê, mag nie voordele eis nie en moet gemeenskapswerk aanvaar. Die reëls is ontwerp om […]
Adjunkspeaker gesels vanaf Pan-Afrika Parlement - September 30, 2025
Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering en hoof van Namibië se afvaardiging na die Pan-Afrika Parlement, Philipus Katamelo, het die pas afgelope werkswinkel oor KI-bestuur as ‘n belangrike stap in die rigting van digitale gereedheid regoor die vasteland beskou. Namibië is verteenwoordig deur vyf LP’s van beide huise van die parlement. Katamelo is deel van […]
DA sê Gauteng-gesondheid is vrot van korrupsie - September 30, 2025
Die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement moet dringende dissiplinêre stappe doen ná die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse bevindings rondom korrupsie by die Tembisa-hospitaal. Die verslag het drie groot sindikate blootgelê wat meer as twee-miljard-rand geplunder het, insluitend kontrakte wat verbind word met president Cyril Ramaphosa se neef, Hangwani Morgan Maumela en Vusimusi “Cat” Matlala. Jack […]
Putin roep 135 000 mans op vir diensplig - September 30, 2025
Die president van Rusland, Vladimir Putin het 135 000 mans opgeroep vir roetine militêre diens, die land se grootste herfs dienspligveldtog sedert 2016. Rusland roep alle mans tussen die ouderdomme van 18 en 30 op vir verpligte diens elke lente en herfs. Dienspligtiges word verwag om vir ‘n jaar diens te doen by ‘n militêre […]
Argentinië Saterdag sonder Albornoz en Garcia - September 30, 2025
Argentinië het die dienste van Tomas Albornoz en Gonzalo Garcia verloor vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke op Twickenham. Hulle word vervang deur Gonzalo Bertranou en Nicolas Roger. Albei spanne het uit Durban na Engeland vertrek na die Springbokke se oorwinning van 67-30 die afgelope naweek. Los Pumas kan na die nederlaag nie […]
N$14,8m vir 42 jeug-begunstigdes - September 30, 2025
Die 42 begunstigdes van die nasionale jeugontwikkelingsfonds is bekend gestel. Net minder as 14,8 miljoen Namibiese dollar is toegeken vir verskeie landbou-, tegnologie, hernubare energie-, en meganika-projekte. Die regering het 257 miljoen dollar in die huidige boekjaar daarvoor bewillig en het 11 475 aansoeke ontvang. Die fondse word deur Agribank, die Ontwikkelingsbank en die Omgewingsbeleggingsfonds […]
Khumalo ontbloot Groot Vyf-kartel - September 30, 2025
Die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo, het aan die Madlanga-kommissie gesê die strafregstelsel is geïnfiltreer deur ‘n magtige dwelmkartel bekend as die Groot Vyf. Volgens Khumalo is die kartel gebaseer in Gauteng met netwerke in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, en word verbind aan senior politici en mense in die binnekringe van wetstoepassing. Hy het onthul […]
President ontbind Madagaskar se regering - September 30, 2025
Madagaskar se president Andry Rajoelina het Maandag sy regering ontbind in reaksie op toenemende jeug-geleide protesoptogte oor ernstige water- en elektrisiteitstekorte. Die protesoptogte, nou in hul derde dag, is aangevuur deur wydverspreide woede oor toenemende kragonderbrekings en watertekorte wat meer as 12 uur daagliks kan duur. Die demonstrasies het gegroei tot die grootste in jare, […]