Lodox-masjien deur Standard Bank, MVA geskenk - September 29, 2025
‘n Groot hupstoot vir traumasorg by Katutura Intermediêre Hospitaal vandag, aangesien dit Namibië se eerste Lodox-volliggaam-X-straalmasjien ontvang het. Dit kan pasiënte binne sekondes skandeer. Die masjien, ter waarde van 13 miljoen Namibiese dollar, is vanoggend deur die Motorvoertuig Ongelukkefonds, in vennootskap met Standard Bank geskenk, met die doel om traumasorg en diagnose te bespoedig. Die […]
Nasionale Kommissie vir Unesco vergader - September 29, 2025
Die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco het vandag sy jaarvergadering in Windhoek gehou. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sê die byeenkoms bied ‘n kans om oor vorige prestasies te besin en die pad vorentoe uit te stippel. Die kommissie, wat in 1992 gestig is, is ‘n direktoraat binne die ministerie wat verantwoordelik is […]
Cyril se neef betrek by Tembisa-sindikaat - September 29, 2025
Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n korrupsie-sindikaat by die Tembisa-hospitaal in Gauteng verbind met die sakeman Hangwani Maumela, wat ‘n neef van president Cyril Ramaphosa is. Die hoof van die eenheid, Andy Mothiba, sê Maumela se netwerk het 816 miljoen Suid-Afrikaanse rand deur 1 728 bestellings laat vloei wat verkrygingsreëls omseil het. Medewerkers, insluitende Vusimuzi ‘Cat’ […]
VN herstel wapen-embargo teen Iran - September 29, 2025
Die Verenigde Nasies het ‘n wapen-embargo en ander sanksies teen Iran herstel oor sy kernprogram. Dit volg na aanleiding van ‘n proses deur Europese moondhede waarvolgens Teheran gewaarsku is dat streng reaksie sal volg. Brittanje, Frankryk en Duitsland het begin met die herinstelling van sanksies teen Iran by die VN-Veiligheidsraad. Dit gaan oor beskuldigings dat […]
BoN stel nuwe note, munstukke in sirkulasie - September 29, 2025
Die Bank van Namibië het amptelik die eerste nuut opgegradeerde banknote en ‘n herontwerpte muntreeks aan die publiek vrygestel. Dit is die eerste groot hersiening van die land se geldeenheid in meer as 30 jaar. Die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, het die publiek gewaarsku teen die beskadiging en vervalsing van die geldeenheid.
Etosha: Vuur kan goed wees maar herstel vat baie lank - September 29, 2025
Die weeklange brand in Etosha Nasionale Park het nie net plaaslik hooflyne gemaak nie maar is ook internasionaal berig. Meer as ‘n miljoen hektaar is afgebrand en owerhede loop deur oor hul trae reaksie daarop. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, professor Morgan Hauptfleisch gepraat oor die impak […]
NNN vry na VSA-beleggings vir mynbou verwerking - September 29, 2025
Namibië het sy rol as ‘n roumateriaalverskaffer verwerp en posisioneer homself om meer waarde uit sy minerale hulpbronne te verkry deur verder as rou-uitvoere na plaaslike verwerking en vervaardiging te beweeg. Mining and Energy berig president Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die land se minerale rykdom, insluitend litium, seldsame aardelemente, uraan, koper en grafiet, plaas die land […]
Namfisa betaal amper N$12m in 2024 aan klaers terug - September 29, 2025
In 2024 het die Namfisa 358 uit 373 verbruikersklagtes opgelos en 11,8 miljoen Namibiese dollar in uitbetalings aan 87 klaers verseker. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die nie-bank finansiële instellingssektor veerkragtigheid getoon […]
Chevron doen aansoek om Walvis-bekken eksplorasie te begin - September 29, 2025
Chevron in Namibia het aansoek gedoen vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat om aflandig in PEL 82, geleë in die Walvis-bekken, eksplorasie uit te voer. Die voorgestelde program dek blokke 2112B en 2212A, geleë tussen 72 kilometer en 300 kilometer vanaf die kus, in waterdieptes wat wissel van 200 tot 2 500 meter. Chevron beplan om tot vyf […]