Spaanse premier sê politieke dialoog is nodig vir Gaza-vrede - September 29, 2025

Die Spaanse eerste minister Pedro Sanchez sê dit help niks vir Israel om oorlog teen terreur te verklaar, sonder enige politieke dialoog nie. Sanchez sê ‘n meer gematigde politieke aanslag is nodig in Gaza om blywende vrede te bewerkstellig.

Read More

McIlory vaar uit teen New York-skare tydens Ryder-beker - September 29, 2025

Die vyfmalige major-kampioen Rory McIlroy het die New Yorkse skare gekritiseer vir onaanvaarbare en beledigende gedrag tydens die Ryderbeker-kompetisie in Bethpage Black. Span Europa het Amerika 15-13 geklop om agtereenvolgende titels te verower, en die eerste keer sedert 2021 op Amerikaanse bodem te wen. ‘n Raserige skare het voortdurend persoonlike beledigings teenoor die Europese spelers […]

Read More

Nanso teiken damprook onder jeug - September 29, 2025

Die groeiende bedreiging van damprook, of ‘vaping’, onder Namibiese jeug sal sentraal staan by vanjaar se Edu Run, wat op 4 Oktober in Windhoek plaasvind. Die geleentheid, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, in vennootskap met Girl Up Namibia, begin by Van Rhyn Laerskool en is daarop gemik om bewustheid te verhoog rondom belangrike […]

Read More

Brandstofprys sal styg - September 29, 2025

Oliepryse het ‘n beskeie styging beleef, met Brent-ru-olie wat bo 70 Amerikaanse dollar per vat verhandel het maar teruggesak het na net onder 69 dollar. Hierdie styging kom midde toenemende geopolitieke spanning, insluitend Rusland se uitgesproke teenkanting teen die herinstelling van die Verenigde Nasies se sanksies teen Iran en onlangse sanksies wat Russiese olie-uitvoere teiken. […]

Read More

Akkerbouraad presteer goed - September 29, 2025

Namibië het akkerbouprodukte ter waarde van 1,9 miljard Namibiese dollar in die 2023/24 finansiële jaar uitgevoer, teenoor 1,7 miljard dollar die vorige jaar. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerouraad sê die groei is gedryf deur sterk inspeksiedienste, voldoening aan voedselveiligheidstandaarde en verbeterde marktoegang. Verder het inkomste vir die jaar wat in Maart 2024 […]

Read More

Namibiërs leen wild by mikroleners - September 29, 2025

Die jongste Namfisa-jaarverslag toon dat invididuele Namibiërs amper 28 000 Namibiese dollar maandeliks by mikro-leners leen. Volgens die verslag is dit van toepassing op termynleners terwyl betaaldagleners net minder as 4 000 dollar maandeliks leen. Laasgenoemde maak 82 persent van die leningsboek uit. Lenings het met amper 45 persent in 2024 gegroei tot 5,2 miljard […]

Read More

Groei sal (steeds) op mynbou staatmaak - September 29, 2025

Namibië se ekonomie het met 1,6 persent in die tweede kwartaal gegroei, wat die 17de agtereenvolgende kwartaal van reële BBP-groei sedert vroeg in 2021 is, maar teen die stadigste tempo tot nog toe. Groei is gedryf deur dienste en ‘n styging van 50 persent in mynbouwaarde, danksy hoë uraan- en goudpryse, hoewel reële mynbouproduksie met […]

Read More

Wise verduidelik visserman kommentaar - September 29, 2025

Die arbeidsminister, Wise Immanuel, verwerp onlangse mediaberigte wat beweer dat hy die salarisse van die Okapare-vissermanne in Walvisbaai wil stop. Hy het verduidelik dat hy bloot kommer uitgespreek het oor moontlike salarisbedrog en sy eweknie in visserye versoek het om ondersoek in te stel. In ‘n kabinetskomitee-inligtingsessie sê die ministerie bly verbind tot die handhawing […]

Read More

NSFAS, waar’s die 4% verhoging? - September 29, 2025

Die DA-studente-organisasie het die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se volgehoue versuim om sy mees basiese verpligtinge teenoor Suid-Afrikaanse studente na te kom, sterk veroordeel. Andrea Martinez van DASO sê in April 2025 het die voormalige minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, ‘n vier-persent-verhoging in studentetoelaes aangekondig. Sy sê maande later bly hierdie belofte onvervuld. […]

Read More

Pro-EU party loop voor in Moldawië - September 29, 2025

Moldawië se regerende pro-Europese party, gelei deur president Maia Sandu, gaan waarskynlik ʼn belangrike parlementêre verkiesing wen wat oorskadu is deur bewerings van Russiese inmengery. Met 96-persent stemme reeds getel, loop Sandu se Party van Aksie en Solidariteit voor met 46,6-persent van die stemme teenoor die pro-Russiese Patriotiese Verkiesingsblok se 26,6-persent. Peilings toon Sandu sal […]

Read More