Sauma eis wetgewing om in-situ-loging te reguleer - September 29, 2025

Die Stampriet-akwifer-uraanmynbouvereniging, Sauma, eis dringende wetgewing om in-situ-loging van uraanmynbou te reguleer, voordat enige mynbouaktiwiteite begin. Met toenemende kommer oor die veiligheid van die Stampriet-akwifer, waarsku Sauma dat die noodsaaklike waterbron steeds in gevaar is. Kosmos 94.1 Nuus het met Sauma se vise-voorsitter, Wolfgang Teichert, gepraat vir meer.

Read More

Solidariteit wil SA-regering se verhouding met VSA ondermyn - September 29, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Solidariteit se jongste besoek aan Amerika is ‘n doelbewuste strategie om die regering se verhouding met Washington te ondermyn. Die Solidariteitsbeweging, ‘n sambreelliggaam vir verskeie Afrikaanse belangegroepe insluitend AfriForum en Solidariteit, voer aan die hoofdoelwit van sy besoek was om handelsbetrekkinge te bespreek. Lamola het […]

Read More

Etosha-brand: Geen plan nie en reaksie was te stadig - September 29, 2025

Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds afgebrand. Die omgewingsministerie het aanvanklik […]

Read More

Uitspraak vandag in Malema vuurwapensaak verwag - September 29, 2025

Die Oos-Londense landdroshof lewer na verwagting vandag uitspraak in die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy lyfwag en medebeskuldigde, Adriaan Snyman. Hulle is onder meer beskuldig dat hulle die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het. Malema word beskuldig dat hy in 2018 in Mdantsane ʼn vuurwapen onwettig afgevuur het tydens die party se vyfde […]

Read More

Zelensky sê Rusland se aanval is barbaars - September 29, 2025

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Rusland se lugaanval as ʼn veragtelike, barbaarse aanval beskryf. Moskou het die naweek 600 hommeltuie en missiele op teikens in Kiëf afgevuur. Minstens vier mense is dood en sowat 70 is beseer. Dit was volgens die Oekraïnse lugmag die derde grootste aanval sedert die begin van die volskaalse […]

Read More

Marc Marquez vat 7de MotoGP-kampioenskap - September 29, 2025

Die Spaanse Ducati-renjaer Marc Márquez het sy sewende MotoGP-wêreldkampioenskap by die Japannese Grand Prix verseker, sy eerste sedert 2019. Die 32-jarige het in Motegi tweede agter sy spanmaat, Francesco Bagnaia, geëindig om die titel te beklink. Honda se Joan Mir was in die derde plek. Brad Binder van Suid-Afrika was 12de. Márquez, wat 11 oorwinnings […]

Read More

Etosha-brand versprei na Omusati, Oshana - September 28, 2025

Die verwoestende brand in Etosha, wat reeds sowat 34% van die nasionale park vernietig het, het na die omliggende kommunale gebiede van Omusati en Oshana versprei. Omgewingsminister Indileni Daniel sê meer as 156 000 hektaar noord van die park en bykans 15 000 hektaar suid daarvan is vernietig. Verskeie nedersettings is geraak, insluitende Okambango, Okerine en […]

Read More

Cosatu bekommerd oor Madlanga-onthullings - September 28, 2025

Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen ‘n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize van Cosatu sê die federasie […]

Read More

Hollywood-spanning laai op oor Gaza - September 28, 2025

‘n Nuwe ope brief wat deur meer as ‘n duisend akteurs onderteken is, veroordeel “anti-Semitiese” oproepe om sekere Israelse filminstellings oor die oorlog in Gaza te boikot, wat die groeiende spanning in die vermaakliheidswêreld onderstreep. Die brief beskuldig die meer as agt-duisend mense wat die boikot ondersteun, insluitende sterre Emma Stone en Joaquin Phoenix, dat […]

Read More

Ananias Shikongo tweede in uitdun in Indië - September 28, 2025

Namibië se para-atleet Ananias Shikongo het tweede geëndig in die eerste uitdun van die eerste ronde van die kategorie vir gesiggestremdes by die Wêreldkampioenskap vir Para-atlete in Indië. Shikongo het ‘n tyd van 54,26 sekondes behaal. Gauthier Makunda van Frankryk was eerste met ‘n tyd van 52,52 sekondes. 

Read More