Outapi gereed vir tussenverkiesing - September 28, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië sê alles is gereed vir môre se tussenverkiesing in die Outapi-kiesafdeling tussen die Independent Patriots for Change se Fillemon Shikwambi en Swapo se Selma Asino. Die vakante raadstoel volg ná Immanuel Shikongo se bedanking in Julie toe hy as goewerneur van die Omusati-streek aangestel is. Kiesers kan by 40 vaste stempunte hul […]

Read More

Sindikaat vir mensehandel in Kenya oopgekrap - September 28, 2025

Meer as 20 mense is in Kenya van ‘n vermeende mensehandelsindikaat gered. Dié sindikaat het slagoffers met werksgeleenthede in Rusland gelok, maar wou hulle glo as soldate na Oekraïne stuur. Hulle is gered ná die polisie inligting ontvang het en op ‘n woonstel in Nairobi toegesak het. Een verdagte is in hegtenis geneem wat glo […]

Read More

Colombië se Petro lag VSA-visumbesluit af - September 28, 2025

Die Colombiaanse president Gustavo Petro het die VSA se besluit om sy visum te herroep, afgelag en Washington beskuldig dat hy internasionale reg skend oor sy kritiek op Israel se oorlog in Gaza. Die VSA het Vrydag gesê hulle gaan Petro se visum herroep nadat hy Vrydag in New York by ‘n pro-Palestynse betoging deelgeneem […]

Read More

Tennis: Alcaraz deur na kwarteindstryd in Japan Ope - September 28, 2025

Carlos Alcaraz sê hy het die “beste fisioterapeut ter wêreld” nadat hy ondanks ‘n enkelbesering daarin kon slaag om Zizou Bergs van België in die tweede ronde van die Japan Ope te klop. Die wêreld se nommer een sê hy was “bang” nadat hy Donderdag skeef geland het tydens sy eerste ronde oorwinning oor Sebastian […]

Read More

Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers - September 28, 2025

Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.

Read More

Madlanga: Getuienisleier wil kommissie verlaat - September 28, 2025

Die hoofgetuienisleier, advokaat en senior regsverteenwoordiger van die Madlanga-kommissie, Terry Motau, het bevestig dat hy in gesprek is oor sy toekoms by die kommissie. Volgens News24 het Motau aan waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga geskryf en versoek om die kommissie te verlaat. Motau moet nog sy besluit finaliseer terwyl die kommissie voorberei om getuienis aan te hoor oor […]

Read More

Greenpeace bekommerd oor kernaanleg in Oekraïne - September 28, 2025

‘n Kernkragaanleg in Oekraïne wat onder Russiese beheer is, is reeds ses dae van noodopwekkers afhanklik ná kragtoevoer afgesluit is. Greenpeace Ukraine het Saterdag gesê die situasie is toenemend kommerwekkend, aangesien dieselopwekkers nou moet verseker die reaktor bly koel. ‘n Vergadering tussen president Vladimir Putin van Rusland en die Internasionale Atoomkragagentskap was futiel en kon […]

Read More

Vrouerugby: Engeland wen derde Wêreldbeker - September 28, 2025

Engeland “kan die wêreld vir ‘n lang tyd oorheers” glo die Rooi Rose se hoofafrigter, John Mitchell, nadat sy span Kanada geklop het om hul derde Wêreldbeker-titel te wen. Engeland het Kanada met 33-13 verslaan nadat hulle teen Nieu-Seeland in die eindstryd van die vorige Wêreldbeker verloor het. Engeland het elk van hul afgelope 64 […]

Read More

Miljoene om meer aartappels te plant - September 28, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar jaarliks vir dié skema beskikbaar […]

Read More

Duisende pro-Palestynse betogers ruk op in Kaap - September 28, 2025

Pro-Palestynse betogers eis dringende optrede van die Suid-Afrikaanse regering teen volksmoorde in Palestina met die instelling van die Apartheidswetsontwerp teen Israel om boikotte, disinvestering en sanksies te verseker. Gister het duisende in Kaapstad opgeruk, onder leiding van burgerlike samelewingskoalisies, om strenger sankies teen Israel te bevorder. Die leier van die Global Anti Apartheid Movement, eerwaarde Frank […]

Read More