Kiëf steier onder hommeltuig-, missielaanvalle - September 28, 2025

Kiëf het vroeg vanoggend onder ‘n hewige hommeltuig- en missielbombardement deurgeloop, in wat onafhanklike waarnemers beskryf as een van die grootste Russiese aanvalle op die Oekraïense hoofstad en omliggende streek sedert die volskaalse oorlog begin het. Die hoof van Kiëf se militêre administrasie, Tymur Tkachenko, sê ten minste drie mense is dood en ongeveer tien […]

Read More

Gholf: Span Europa oorheers Ryderbeker - September 28, 2025

Span Europa het oorheers by Bethpage Black in New York en Saterdag se Viertal- en Vierbal-sessies gewen om met ‘n geskiedkudige voorsprong van 11,5 teenoor Amerika se 4,5 te open. Die voorsprong van sewe punte is die grootste ooit op die laaste dag van die enkelspelkompetisie in die moderne formaat. Rory McIlroy, Tommy Fleetwood en […]

Read More

Toivo ya Toivo-standbeeld pryk op Robbeneiland - September 28, 2025

‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000 voormalige gevangenes is ook tydens […]

Read More

DA vat spoor van R23 m se skuld in Tshwane - September 28, 2025

Die DA in Tshwane het ‘n ondersoek begin na die 23 miljoen rand wat deur Mzansi Resorts aan die stad verskuldig is. Die oord behoort aan die ANC adjunkburgemeester, Eugene Modise. Die leier van die DA in Tshwane, Cilliers Brink, beskuldig die burgemeester, Nasiphi Moya, dat sy Modise beskerm, terwyl inwoners gebukkend gaan onder hoë […]

Read More

Trump stuur troepe na ‘oorloggeteisterde’ Portland - September 28, 2025

President Donald Trump van die VSA het opdrag gegee dat Amerikaanse troepe na Portland in Oregon ontplooi word en gesê hulle moet betogings by aanhoudingsenstrums vir immigrante met volle mag onderdruk. Volgens Trump is Portland ‘n oorloggeteisterde stad. Die goewerneur van Oregon, Tina Kotek, ontken enige nasionale veiligheidsrisiko en sê daar is geen rede vir […]

Read More

Rugby: Só lyk die naweek se VRK-uitslae - September 28, 2025

Die Bulle en Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-veldtogte met tuisoorwinnings geopen, maar die Leeus en die Haaie was nie so gelukkig nie. Gister het die Bulle sterk in die tweede helfte teruggekom om die Ospreys met 53-40 op Loftus Versfeld te verslaan. Vrydagaand het die Stormers Leinster met 35-0 op die Kaapstad-stadion oorrompel. Maar die […]

Read More

Rosh Pinah leen miljarde vir uitbreiding - September 28, 2025

Rosh Pinah Zinc het finansiering van sowat 2,6 miljard Namibiese dollar van Standard Bank bekom om onder meer sy ondergrondse myn verder te ontwikkel en ‘n nuwe verwerkingsaanleg te bou. Dié projek, wat na verwagtiing in die derde kwartaal van volgende jaar voltooi sal wees, sal die myn se produksie na sowat 170 miljoen ton […]

Read More

Ondersoek na heffings van kragverspreiders - September 28, 2025

Die Nasionale Energiereguleerder het die begin van ‘n marknavorsingsprojek aangekondig gefokus op die instelling en uitwerking van vaste en ander verwante koste wat deur elektrisiteitsverspreiders, insluitend Eskom en munisipaliteite, gehef word. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die ondersoek is daarop gemik om te vas te stel hoe verspreiders hulle koste geformuleer het, wat gelei […]

Read More

Rusland sal nie aggressie duld nie, dreig Lavrov - September 28, 2025

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê.

Read More

Padwedloop: SA se Xaba wen derde Grand Prix-uitdaging - September 28, 2025

Die Suid-Afrikaanse padwedloop-ster Glenrose Xaba het haar goeie vertoning voortgesit deur haar derde 10 km Grand Prix-uitdaging vir vroue in die Gqeberha-wedloop te wen. Sy sal na die laaste byeenkoms by Mark’s Park in Johannesburg op Sondag 7 Oktober waarskynlik as die eerste Suid-Afrikaanse atleet gekroon word om die reeks drie keer te wen. 

Read More