Protea-vroue haal eerste keer Wêreldbeker-eindstryd - October 30, 2025

In krieketnuus het die Protea-vroue geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer vir die Wêreldbeker vir vroue se eindstryd te kwalifiseer. Hulle het Engeland in hul semifinaal met 125 lopies geklop. Kaptein Laura Wolfaardt was die speler van die wedstryd na haar kolfvertoning van 169 lopies van 143 balle, terwyl bouler Marizanne Kapp vyf paaltjies […]

Read More

Meer Chinese besighede kyk na Namibië, sê ambassadeur - October 29, 2025

Die Chinese ambassade het hulle jaarlikse media vergadering gehou saam met die Chinese ambasadeur, Zhao Weiping. Op die agenda was Namibië en China se bilaterale vennootskap, met China wat hoop om die bande te versterk. Weiping sê dat meer Chinese maatskappye belangstel om in Namibië te belê. China het onlangs aangekondig dat hy nul-invoertariewe vir […]

Read More

Oranjemund-paartjie in plas bloed in straat gevind - October 29, 2025

‘n Verbyganger het in die vroeë oggendure vandag op ‘n grusame toneel in Oranjemund afgekom. Volgens die polisieverslag het die persoon omstreeks tien-oor-twee in Bagdad-township ‘n man en ‘n vrou in ‘n plas bloed in die straat aangetref, met ‘n vuurwapen tussen hulle. Die paartjie het na bewering ‘n bekende geskiedenis van huishoudelike geweld. Die vrou, […]

Read More

KI word ingespan in SA huurmark - October 29, 2025

Die Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappye, Specno en Tentra, het die bekendstelling van ‘n nuwe kunsmatige intelligensie-gedrewe huurplatform vir huise in Suid-Afrika aangekondig. Tentra se stigter en uitvoerende hoof, Joram Hinds, sê deur KI-geaktiveerde stelsels ten volle te benut, beoog Tentra om huuraansoeke in die land te stroomlyn. Hy sê dit sal beide agente en voornemende huurders bevoordeel […]

Read More

Minstens 104 sterftes oornag in Gaza in Israelse aanvalle - October 29, 2025

Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Israelse lugaanvalle in Gaza. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu die weermag opdrag gegee het om onmiddellik verskerpte aanvalle uit te voer. Hy beskuldig Hamas van die dood van ‘n soldaat en die kamma-ontdekking van ‘n gyselaar se liggaam. Hamas veroordeel wat hy […]

Read More

Welwitschias slyp kragte teen Boland Kavaliers, voor Dubai - October 29, 2025

Die Namibiese rugbyspan sal Saterdag teen Suid-Afrika se Sanlam Boland Kavaliers in Malmesbury in die Wes-Kaap in ‘n finale wedstryd speel, voor die span na Dubai vertrek in sy laaste poging om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi in Dubai vind plaas van 8 tot 18 November by die Sevens-stadion. Die span het […]

Read More

Bekende dr. Ulf Tubbesing genomineer vir globale toekenning - October 29, 2025

Die bekende wildveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia, is genomineer vir die 2025 Worldwide Vets Golden Star-toekenning. Die jaarlikse toekenning erken individue vir hul bydraes tot dierewelsyn of -bewaring. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Tubbesing gesê die nominasie is ‘n verrassing.

Read More

RP-leier Mudge kap Prado-aankope, maar het lof vir NNN - October 29, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat die vervoerministerie het die aankoop van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van meer as 24 miljoen Namibiese dollar vir openbare amptenare bevestig, maar nie almal is beïndruk nie. Die Republikeinse Party van Namibië het die skuif as verkwistende uitgawes bestempel. Partyleier Henk Mudge het aan Kosmos […]

Read More

Euro-obligasie van US$750 miljoen ten volle terugbetaal - October 29, 2025

Namibië het amptelik sy Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, ongeveer 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Die aankondiging is vandag gemaak deur die minister van finansies, Ericah Shafudah, wat bevestig het dat die regering die meerderheid van die vereiste fondse verseker het. Die oorblywende 6 miljard dollar is gefinansier deur lenings by Standard Bank, FNB […]

Read More

Erongo-polisie arresteer vrou met meer as 1 000 Mandrax-tablette - October 29, 2025

Die Erongo-polisie in Walvisbaai het nog ‘n dwelm-deurbraak gemaak toe hulle ‘n vrou in hegtenis geneem het wat na bewering dwelms vir ‘n bekende dwelmbaas, wat tans in aanhouding is, wegsteek. Die polisie het inligting bekom en Dinsdag by ‘n huis in Kwilimbastraat toegeslaan. Hulle het op 1 070 vol Mandrax-tablette ter waarde van 128 […]

Read More