Etosha-brand: Nóg honderde soldate ontplooi - September 28, 2025
Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds ontplooide weermaglede om die brand […]
Ministens 100 dood in myn in Nigerië - September 28, 2025
Minstens 100 mense is waarskynlik dood na die ineenstorting van ‘n goudmyngroef in Nigerië se Zamfara-staat. Die groef by die Kadauri-mynterrein in die Maru-plaaslike regeringsgebied het Donderdag ingestort terwyl tientalle mynwerkers ondergronds gewerk het. Reddingsoperasies is tot die naweek uitgevoer. Sanusi Auwal, ‘n inwoner wat by reddingspogings betrokke was, sê ten minste 13 lyke is […]
Colombië president VSA-visum kwyt - September 28, 2025
Die Verenigde State sê die Colombiaanse president Gustavo Petro se visum sal ingetrek word nadat hy Vrydag die strate van New York ingevaar het in ‘n pro-Palestynse betoging en Amerikaanse soldate aangespoor het om president Donald Trump se bevele te verontagsaam. Petro het ‘n skare pro-Palestynse betogers buite die VN-hoofkwartier in Manhattan toegespreek en ‘n […]
Rugby: Bokke maal Pumas in Durban - September 28, 2025
Suid-Afrika het Argentinië Saterdagaand met 67-30 in hul Rugbykampioenskap-kragmeting by die Kingspark-stadion in Durban verslaan om tot bo-aan die punteleer te skuif met een ronde oor. Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het die rekord verbeter vir die meeste punte aangeteken deur ‘n Suid-Afrikaner in ‘n toets met 37. Hy het drie drieë gedruk, geslaag met agt doelskoppe […]
NNN pleit vir vreedsame atoomkraggebruik - September 27, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
Dag Hammarskjöld-medalje aan SA majoor toegeken - September 27, 2025
Die Verenigde Nasies het die Dag Hammarskjöld-medalje toegeken aan die oorlede lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, majoor Tolla Pieterse. Die adjunkhoof van die SANW, generaal-majoor René Mercuur, sê Pieterse is in Julie 2024 noodlottig gewond toe ‘n handgranaat naby sy slaapvertrek in die Beni-basis in die oostelike streek van die Demokratiese Republiek van die […]
Sanksies teen Iran tree môre in werking - September 27, 2025
Iran het sy gesante na die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland teruggeroep vir konsultasies, volgens staatsmedia, nadat die drie Europese lande ‘n meganisme geaktiveer het wat die Verenigde Nasies se sanksies teen die Islamitiese Republiek vir die eerste keer in ‘n dekade herstel. Die sanksies, wat Sondag om 00:00 GMT in werking sal tree, sal […]
Tennis: Boulter, Norrie in skoonstel-nederlae by Chinese Ope - September 27, 2025
Katie Boulter en Cameron Norrie van Brittanje het albei skoonstel-nederlae by die Chinese Ope gely. Die Britse nommer twee, Boulter, het die spit lelik afgebyt teen die Wimbledon en Amerikaanse Ope-finalis, Amanda Anisimova, nadat sy haar Amerikaanse landgenoot Hailey Baptiste in die eerste ronde geklop het. In die mansloting is Norrie ook uit nadat hy […]
Leerlooiery kry lewe op Ondangwa - September 27, 2025
‘n Ooreenkoms om lewe in die dormante Ondangwa Northern Tannery-projek te blaas, is Vrydag tussen die nywerheidsministerie, Nida en ‘n belegger, Desert Planet Industries, onderteken. Desert Planet Industries beoog om 58 miljoen Namibiese dollar oor ‘n tydperk van 25 jaar in die projek te belê. Na verwagting sal die leerlooiery teen Maart volgende jaar in […]
Eskom gaan derduisende onwettige verbindings verwyder - September 27, 2025
Eskom sê hulle is daartoe verbind om ladingsvermindering binne die volgende 12 tot 18 maande uit te skakel. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die doelwit sal bereik word deur 640 000 onwettige verbindings te verwyder en die infrastruktuur op te gradeer. Sy sê dit sluit die installering van slimmeters in wat onwettige elektrisiteitsverkope bekamp, en toegang […]