Europese Raad roskam Rusland - September 27, 2025

Die president van die Europese Raad, Antonio Costa, veroordeel Russiese aggressie en waarsku dat die oortredings deur ‘n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad plaas elke VN-lidland in gevaar. Costa het in New York by die 80ste algemende vergadering van die VN gepraat.

Read More

Sokker: Liverpool pak Crystal Palace vandag - September 27, 2025

Liverpool, wat tot dusver die seisoen foutloos in die verdediging van hulle Premierliga-titel was, kom vandag voor ‘n strawwe toets te staan wanneer hulle besoek aflê by die onoorwonne Crystal Palace. Liverpool het weggespring met sewe agtereenvolgende oorwinnings in alle kompetisies, maar die Premierliga-voorlopers sal swaar getoets word by Selhurst Park. Liverpool, versterk deur hulle […]

Read More

Konstruksie begin aan Safland se Lüderitz-inkoopsentrum - September 27, 2025

‘n Sooispitseremonie vir Safland Property Group se Buchter Village Mall op Lüderitz het Vrydag plaasgevind. Belegging in dié inkoopsentrum van 23 000 vierkante meter beloop 220 miljoen Namibiese dollar. Dit sal verskeie winkels huisves, asook ‘n hotel met 50 kamers. Die inkoopsentrum sal na verwagting in November volgende jaar sy deure open. 

Read More

AfriForum boos oor Paul Kruger-standbeeld - September 27, 2025

AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg ‘n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger sekuriteit en herstelwerk eis en […]

Read More

Oermens ‘Java Man’ gaan terug huis toe - September 27, 2025

Nederland het belowe om die oorskot van “Java Man”, die eerste Homo Erectus wat deur moderne wetenskaplikes opgegrawe is, aan Indonesië terug te besorg. Hierdie opgrawing word beskou as ‘n mylpaalontdekking vir menslike evolusie. Nederland beplan om sowat 28 000 fossiele van die Dubois-versameling, wat die anatomis en geoloog Eugene Dubois in 1891, toe Indonesië […]

Read More

Vryduik: Nuwe wêreldrekord vir Russiese Molchanov - September 27, 2025

Die Russiese vryduiker Alexey Molchanov het 126 meter met ‘n enkele asemteug geduik om ‘n nuwe wêreldrekord op te stel by die AIDA-vryduikwêreldkampioenskap in Limassol, Ciprus. Hy het diep in die Middellandse See afgeduik met niks anders as ‘n koplig, twee vinne en ‘n tou as ‘n gids nie. Dit word beskou as een van […]

Read More

Net meer as helfte van werkgewers betaal minimumloon - September 27, 2025

Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet 45 persent van werkgewers steeds […]

Read More

Vier nuwe gevalle van bek-en-klou in Vrystaat - September 27, 2025

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig. Dit bring die totale aantal infeksies in die provinsie op 34 te staan, versprei oor ses gebiede. Boere en bedryfsvennote word versoek om alle vermeende gevalle onmiddellik aan te meld. Die departement se woordvoerder, Moliehi Moeng, sê daar […]

Read More

Haagse Groep onwrikbaar oor Palestynse staat - September 27, 2025

Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê die Haagse Groep sal nie rus totdat dit die wêreld verenig het om die internasionale wette wat die mense van Palestina beskerm, te verdedig nie. Die Haagse Groep, bestaande uit 30 lande, insluitend Suid-Afrika, eis dat Israel voldoen aan internasionale wette rakende sy onwettige […]

Read More

Rugby: ‘Strawwe toets’ wag vanaand op Leeus - September 27, 2025

Die afrigter van die Leeus, Ivan van Rooyen, sê hulle openingswedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap vanaand in Wallis is ‘n strawwe toets vir sy span. Hulle spel om 8.45nm teen Cardiff op Cardiff Arms Park. Lubabalo Dobela het die taak om die agterlyn te beheer in die afwesigheid van Chris Smith wat ‘n kopbesering opgedoen […]

Read More