Etosha brand vir sesde dag - September 27, 2025
Boere en ander vrywilligers wat sedert Vrydag toegelaat word om die omgewingsministerie en weermag by te staan om die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park te bestry, het gehelp om dit plek-plek onder beheer te bring. Volgens die ministerie woed die egter steeds tussen Olifantbad en die kraglyn na Halali. Sterk wind en die veld […]
Patriotic Alliance dreig ANC met DA-alliansie - September 27, 2025
Die president van die Patriotic Alliance en die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party ‘n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene, teen Dinsdag as burgemeesterskomiteelid vir vervoer in […]
EU soek ‘muur’ teen hommeltuie - September 27, 2025
EU-lande het begin met gesprekke rondom voorstelle om ‘n “muur” van anti-hommeltuig-verdediging te bou, nadat luginvalle vanuit Rusland oostelike lede ontsenu het. Daar was die afgelope dae verskerpte fokus op die bedreiging vir Europa se lugruim met lughawens in Denemarke wat moes sluit oor ongeïdentifiseerde hommeltuie. Die president van die EU, Ursula von der Leyen, […]
Gholf: Span Europa voor in Ryderbeker - September 27, 2025
Span Europa het ‘n sterk voorsprong van 5,5 tot 2,5 oor die Verenigde State behaal op die eerste dag van die Ryderbeker op die Bethpage Black-baan in New York. Die besoekers het die oggend se vierbalstryd oorheers met ‘n voorsprong van 3-1, gekenmerk deur indrukwekkende oorwinnings van Jon Rahm en Tyrrell Hatton, Ludvig Åberg en […]
Swaar neerslae, sopnat Suide - September 27, 2025
Swaar neerslae het Vrydagmiddag in die Suide voorgekom, met tot 60 mm wat op plase in die Maltahöhe-omgewing gemeet is. Haelstorms het in die Stampriet-area voorgekom. Van die riviere in die Suide het ook begin vloei. Die reënweer sal verwagting vandag voortduur, met ‘n 60-persent-kans op buie in die Verre Suide.
Madlanga-kommissie: Skrap van taakspan het krisis veroorsaak - September 27, 2025
Die direkteur van openbare vervolgings in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, het die Madlanga-kommissie meegedeel dat die minister van polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moordetaakspan te ontbind, het ‘n krisis veroorsaak met die ondersoeke oor politieke moorde. Harrison sê die skuif het die toegewyde aanklaers ontwrig, die vordering van sake vertraag, en het die […]
Netanyahu sê erkenning van Palestynse staat is ‘skandelik’ - September 27, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Vrydag aan die VN se Algemene Vergadering gesê alle regerings moet Donald Trump se leiding volg en weier om ‘n Palestynse staat te erken. Tientalle afgevaardigdes het uitgestap toe Netanyahu met sy toespraak van ongeveer 40 minute begin het, in plaas van die toegekende 15. Netanyahu het gesê […]
Rugby: Kolisi verwag ‘reusestryd’ vandag teen Pumas - September 27, 2025
Springbokkaptein Siya Kolisi en hulpafrigter Mzwandile Stick beskryf hulle voorlaaste Rugbykampioenskapwedstryd teen die Pumas vanmiddag in Durban as ‘n “halfeindstryd.” Hulle sê hulle behandel die besoekers met die “respek” wat hulle verdien op die vooraand van hierdie belangrike kragmeting. Met die Wallabies, Bokke, All Blacks en Argentinië wat almal nog die kompetisie kan wen, verwag […]
Copps 94.1: Walvis-polisie het hande vol met ‘huiskroeë’ - September 27, 2025
Copps 94.1 het ‘n bedrywige aand in Walvisbaai agter die rug, met veral die hokslaan van onwettige drankverkopers wat hulle besig gehou het. Adjunkoffisier Tuyenikelao Fernando van NamPol se gemeenskapspolisiëring op die kusdorp, het meer:
SA bou nuwe tronk vir korrupte amptenare, politici - September 27, 2025
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê ‘n nuwe gevangenis vir korrupte amptenare en politici is voltooi en sal ná die 2026 plaaslike regeringsverkiesing in gebruik geneem word. Hy het munisipaliteite soos Ekurhuleni, Johannesburg en Nelson Mandelabaai uitgesonder as voorbeelde van waar korrupsie geseëvier het. Macpherson beklemtoon die fasiliteit is ‘n teken […]