Konfronteer ver-regse ‘leuens’, sê Starmer - September 27, 2025

Die eerste minister van Brittanje, Keir Starmer, het aan ‘n wêreldkonferensie van sentristies-linkse leiers gesê hulle moet onbeheerde migrasie aanpak en die “leuens” wat ver-regse politici oor hulle lande verkondig, konfronteer. By die vergadering in Londen was ook die Australiese eerste minister Anthony Albanese en die Kanadese premier Mark Carney. Dit het plaasgevind te midde […]

Read More

Rugby: Ses Bokke in Bulle-span teen Ospreys - September 27, 2025

Die Bulle word geknel deur beserings, maar die afrigter Johan Ackermann kon steeds ses Springbokke insluit in sy opdrafspan vir vandag se Verenigde Rugbykampioenskap wedstryd teen die Ospreys op Loftus. Dit is die eerste toets vir Ackermann se afrigtingstelsel sedert hy tweede maande gelede die span oorgeneem het. Onder die mees noemenswaardige insluitings, is die […]

Read More

Moenie van Strafhof onttrek, maak dit van binne reg - September 26, 2025

In plaas daarvan om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, moet Namibië maniere vind om die organisasie van binne af reg te stel, sê Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum. Daar is voortdurende debat in Namibië oor sy lidmaatskap van die Strafhof. Sommige kritici voer aan dat die hof bevooroordeeld is, veral teenoor sake in […]

Read More

Steenhuisen sien blink toekoms vir bloubessies - September 26, 2025

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering, nywerheid en navorsingsvennote moet saamwerk om boere te help om kompeterend, doeltreffent en veerkragtig te bly. Hy het gister die konferensie van die Internasionale Bessie-organisasie in Kaapstad toegespreek. Volgens ‘n studie van die Buro van Voedsel en Landboubeleid, het bloubessies die hoogste getal arbeiders per hektaar […]

Read More

Chaos in VN met Bibi se toespraak, dosyne lande stap uit - September 26, 2025

Chaos het in die Verenigde Nasies se algemene vergadering uitgebreek tydens die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu se toespraak. Dosyne afgevaardigdes het uitgestap, te midde van luide boe’s en ook toejuiging. Netanyahu het gesê sy land het die grootste deel van Hamas se “terreurmasjien verpletter” en probeer om die werk “so vinnig as moontlik” af […]

Read More

VRK skop af met Stormers teen Leinster - September 26, 2025

Rugby: Die vyfde weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap skop vandag af met die Stormers en die Bulle wat tuiswedstryde in Kaapstad en Pretoria het, terwyl die Haaie in Skotland is en die Leeus hulle veldtog in Wallis begin. Die Stormers speel vanaand sewe-uur teen die verdedigende kampioene, Leinster, terwyl die Haaie om vyf oor nege […]

Read More

Amushelelo gaan in verkiesing staan, mik na Windhoek-stadsraad - September 26, 2025

Die aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat hy in die komende verkiesings vir ‘n setel in die Windhoek-stadsraad sal meeding. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo kommer uitgespreek oor swak dienslewering, toenemende misdaad en wat hy die sistematiese teikenstelling van informele handelaars noem. Hy sê Windhoek het ‘n plattelandse dorpie geword as […]

Read More

Eagles draf Kenia met 136 lopies kaf - September 26, 2025

Namibië se FNB Eagles het Kenia met 136 lopies gewen in hul eerste groepwedstryd by die IKR T20 Wêreldbeker Afrika kwalifiserende toernooi in Harare, Zimbabwe. Die Eagles het eerste gekolf en ‘n telling van 241 vir 5 opgestapel. Kenia kon net 105 vir 7 haal. Die speler van die wedstryd was JJ Smit, wat ‘n […]

Read More

Geen borgtog vir 6 Namcor-bedrogbeskuldigdes - September 26, 2025

Landdros Linus Samunzala het in die Windhoek laerhof borgtog geweier aan ses aansoekers in die hoëprofiel-Namcor korrupsiesaak. Die beskuldigdes, insluitend voormalige Namcor-baas Immanuel Mulunga, Peter Elindi, Malakia Elindi, Olivia Dunaiski, Jennifer Hamukwaya en Leo Nandago, ses ander indiwidue en vyf korporatiewe entiteite, staan tereg op aanklagte wat meer as 480 miljoen Namibiese dollar behels. Slegs […]

Read More

Uranium One bly verbind tot Leonardville-projek - September 26, 2025

Uranium One-woordvoerder Riaan van Rooyen sê die maatskappy bly verbind tot sy in-situ uraanlogingsprojek in Leonardville, ten spyte van sterk teenkanting van boere en goedkeuringsvertragings by die landbouministerie, en vrese oor besoedeling van die Stampriet-akwifeer. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Van Rooyen gesê die metode is oor 60 jaar verfyn en die […]

Read More