Werkloosheid: Hou op wag vir regering - September 26, 2025

Jeugwerkloosheid in Oshikoto het tot 63 persent gestyg, en die land se grootste vakbond sê dat ‘n oplossing nie in kantore lê nie, maar in die landerye. Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro, het tydens ‘n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus ‘n nasionale denkwyseverskuiwing aangespoor en landbou Namibië se mees […]

Read More

Sassa-toelaag styg… met R10 - September 26, 2025

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap het bevestig dat alle maatskaplike toelae van die Oktober 2025 betalingsiklus met 10 Suid-Afrikaanse rand verhoog sal word. Dit volg na die minister van Finansies, Enoch Godongwana se aankondinging tydens die begroting vroeër vanjaar. Ouderdoms-, gestremdheids-, Versorgings – en Oorlogsveteranetoelaes sal almal geringe verhogings ontvang. ‘n Woordvoerder van Sassa, Andile Tshona, […]

Read More

Aandklokreël in Madagaskar na betogings - September 26, 2025

Owerhede in Madagaskar het ‘n aandklokreël in die hoofstad ingestel nadat protesoptogte oor gereelde kragonderbrekings en watertekorte gewelddadig geword het. Die polisie het traangas afgevuur om die duisende, meestal jeugdige betogers wat in Antananarivo, die hoofstad, protes gehou het, uiteen te jaag. Die betogers het die regering veroordeel en die herstel van betroubare water en […]

Read More

Withuis dreig afdankings as regeringsafsluiting nie afgeweer word nie - September 26, 2025

Die Withuis het sy agentskappe opdrag gegee om met voorbereidings te begin vir massa-afdankings indien die Kongres nie volgende week ‘n regeringsafsluiting afweer nie. In ‘n memo wat deur Amerikaanse media gesien is, waarsku die Kantoor van Begroting en Bestuur teen permanente afdankings by veral federale programme, projekte en aktiwiteite wat nie ander befondsingsbronne het […]

Read More

Dag van die Namibiese Kind herdenk, te midde van uitdagings - September 26, 2025

Terwyl Namibië vandag die Dag van die Namibiese Kind vier, het voormalige ombudsman John Walters gewaarsku dat die viering min beteken vir kinders wat honger, verwaarlosing en ‘n gebrek aan toegang tot gehalte-onderwys in die gesig staar. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Walters dringend opgetree om te verseker dat wette wat kinders […]

Read More

Banke eis N$30m se skuld in mosiehof - September 26, 2025

Regters Nate Ndauendapo en Lotta Ambunda het vanoggend 78 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer waarvan nege op die reël-108 rol was. Banke het 43 van die aansoeke gebring met 18 eiendomme, met skuld van 22 miljoen Namibiese dollar, op opgeëis is sowel as 25 lenings met ‘n skuldlas van 8 miljoen dollar wat […]

Read More

Oktober-brandstofprys onveranderd - September 26, 2025

Die energie-ministerie het die brandstofprys vir Oktober onveranderd gehou. Die ministerie sê onderverhalings van 10,37 sent is per liter petrol aangeteken terwyl diesel 50ppm onderverhalings van 52,91 sent per liter en 44,85 sent vir ‘n liter 10ppm aangeteken het, die Nasionale Energiefonds dit sal absorbeer. ‘n Liter petrol kos dus 20 dollar 37 op Walvisbaai […]

Read More

Toivo ya Toivo kry Robbeneiland-standbeeld - September 26, 2025

Suid-Afrika vier Erfenisweek met ‘n geskiedkundige Robbeneiland-gevangenesreünie ter ere van voormalige politieke gevangenes. By die reünie, wat vandag en môre plaasvind, word ‘n Muur van Herdenking onthul, saam met ses lewensgrootte standbeelde, insluitend een van die Namibiese bevrydingsikoon Andimba Toivo ya Toivo, wat 16 jaar op die eiland gevange gehou is. Hy was onder 61 […]

Read More

Toerisme kry hupstoot in Britse reistydskrif - September 26, 2025

In ‘n groot hupstoot vir Namibië se toerismesektor, verskyn die land prominent in die jongste uitgawe van Outlook Travel Magazine, ‘n toonaangewende wêreldwye reispublikasie in Brittanje. Met die tema “Toerisme en Volhoubare Transformasie” as tema vir Wêreldtoerismedag, staan Namibië uit as die enigste Afrika-nasie wat in die uitgawe van meer as 200 bladsye ingesluit is. […]

Read More

Om Kruger Wildtuin se naam te verander kan skade berokken – DA - September 26, 2025

Die DA het die mosie wat in die Mpumalanga Wetgewer goedgekeur is om die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en die Nasionale Krugerwildtuin te hernoem, as suiwer politieke vertoon verwerp en sê dit het geen regswaarde nie. Die mosie, wat deur die ANC, EFF en MK-partye ondersteun is, word beskryf as ‘n growwe misverstand van die […]

Read More