Interpol behaal groot sukses met sekstorsie-operasie in Afrika - September 26, 2025

Owerhede in 14 Afrikalande het 260 mense in hegtenis geneem in ‘n groot klopjag teen kubermisdaad wat op romantiese bedrog en sekstorsie gemik is. Die twee weke lange operasie is deur Interpol georganiseer. Die polisie het meer as 1 200 elektroniese toestelle gekonfiskeer, 81 aanlyn misdaadinfrastrukture afgeskakel en byna 1 500 slagoffers regoor die vasteland […]

Read More

Trump vorder met TikTok-ooreenkoms - September 26, 2025

President Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken wat verklaar dat sy plan om die Chinese TikTok se Amerikaanse bedrywighede aan Amerikaanse en globale beleggers te verkoop, die nasionale veiligheidsvereistes in ‘n 2024-wet sal aanspreek. Die nuwe Amerikaanse maatskappy sal op ongeveer 14 miljard Amerikaanse dollar gewaardeer word, volgens visepresident JD Vance. Trump het ook […]

Read More

Owerhede begin beheer kry oor Etosha-brand - September 26, 2025

Die ongewingsministerie, saam met die weermag het daarin geslaag om die brand in die Renostervlei-blok omstreeks drie-uur vanoggend onder beheer te bring. Blusoperasies rondom Olifantsrus is ook suksesvol voltooi, wat verdere verspreiding in daardie gebied voorkom. Tans is ‘n toegewyde span na Dolomite ontplooi om die situasie noukeurig te monitor, aangesien die brand oos van […]

Read More

GRN gee N$10m vir Premierliga - September 26, 2025

Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar toegewy om die Namibiese Premierliga van stapel te stuur na die afsluiting van Debmarine se driejaar-borgskap. Die sokkerliga, wat oorspronklik geskeduleer was om op 1 September te begin, het vertragings ondervind weens die gebrek aan ‘n nuwe borg. Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het die befondsing in […]

Read More

Finansiële argitektuur moet hersien word - September 26, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê daar is ʼn behoefte aan finansiële geregtigheid. Hy sê dit beteken die internasionale finansiële argitektuur moet hersien word om dit regverdiger en geskik vir vandag se realiteite te maak. Hy het gister deelgeneem aan die G20-vergadering van Buitelandse ministers in New York. Guterres sê wanneer uitleenkoste daal […]

Read More

Skoon lug die tema vir Wêreldomgewinggesondheidsdag - September 26, 2025

Die tema vir vandag se Wêreldomgewinggesondheidsdag is Skoon Lug, Gesonde Mense. Vandag word samewerking tussen publiek en privaat ondernemings aangemoedig om onderhoubare gebruike in te stel, besoedeling te bekamp en by klimaatverandering aan te pas om openbare gesondheid te bevorder. Sowat 99-persent van mense wêreldwyd asem lug in wat die WGO se veiligheidsreëls oorskry en […]

Read More

Olie styg te midde van Rusland se uitdagings - September 26, 2025

Die olieprys het vanoggend gestyg, op koers om teen sy steilste verhoging sedert vroeg in Junie te behaal, na die Oekraïne se aanvalle op Rusland se energie-infrastruktuur Moskou dryf om brandstofuitvoere te beperk en naby daaraan is om ru-olieproduksie te verminder. Olie het op ‘n stadium teen net onder 70 Amerikaanse dollar per vat verhandel […]

Read More

Vertroue van SA se verbruikers daal verder, na -13 - September 26, 2025

FNB se hoofekonoom, Mamello Matikinca-Ngwenya, sê die FNB/BER verbruikersvertroue-indeks het in die derde kwartaal vanjaar van minus 10 na minus 13 teruggesak. Sy sê die daling in die algehele indeks beteken verbruikersentiment het selfs verder wegbeweeg vanaf die gemiddelde indekslesing van minus 1 sedert 1994. Matikinca-Ngwenya sê dit dui op ‘n verlangsaming in die groei […]

Read More

Nog 11 gevalle van Ebola in DRK bevestig - September 26, 2025

Die DRK worstel met ‘n nuwe uitbreking van Ebola, en 11 bykomende gevalle is in die Kasai-provinsie bevestig. Teen 21 September het die totale aantal aangemelde gevalle tot 57 gestyg. Die uitbreking het 35 lewens geëis, wat ‘n algehele sterftesyfer van 61,4 persent aandui. Vyf gesondheidswerkers is onder die bevestigde gevalle. Die eerste inentings het reeds […]

Read More

Sumud-flotielje sê Israel lieg oor sekerheidskwessies - September 26, 2025

Die Globale Sumud-flotielje sê onafhanklike ondersoeke, insluitende deur die Verenigde Nasies, het geen wapens aan boord van enige hulpkonvooie gevind nie, maar Israel gebruik vals sekerheidseise as ‘n voorwendsel om gewelddadige aanvalle te regverdig. ‘n Lid van die organisasie se reëlingskomitee, Yasemin Acar, waarsku dieselfde taktiek word nou gebruik teen die flotielje wat na Gaza […]

Read More