Britse uitspraak teen Trustco plaaslik bekragtig - September 26, 2025

Hoërhofregter Esi Schimming-Chase het ‘n Britse hofuitspraak, wat Trustco dwing om 371 miljoen Namibiese dollar terug te betaal aan ‘n beleggingsmaatskappy van Mauritius, plaaslik bekragtig. Die Britse uitspraak is in Januarie 2021 gelewer ten gunste van Helios Oryx Limited. Helios het gedagvaar en sê Trustco het nie sy verpligting rakende twee ooreenkomste, wat in Desember […]

Read More

San- en Khoi-groepe moet gedrag aanpas – Kaapse Forum - September 26, 2025

Die Kaapse Forum sê die land se Khoi- en San-groepe moet begin optree op wyses wat ‘n einde kan maak aan die bespotting wat van hulle gemaak word oor ondermeer onderlinge geskille oor posisies en tradisies. Die forum se voorsitter, Heindrich Wyngaard, sê indien die Khoi- en San-groepe ernstig is oor die bewerkstelling van ‘n […]

Read More

Abbas sê Hamas sal nie toekomstige rol in Palestina speel nie - September 26, 2025

Die president van die Palestynse owerheid, Mahmoud Abbas, het Israel se gebruik van honger as ‘n wapen verdoem, en wat hy noem die ekstremistiese Israeliese regering se voortgesette nedersettingsprojekte wat ‘n toekomstige Palestynse staat feitlik onmoontlik maak, uitgewys. Die 89-jarige het wêreldleiers Donderdag via ‘n videoskakel toegespreek by die VN nadat Amerika hom ‘n visum […]

Read More

Indonesië se skoolvoedingprogram onder skoot, 1 000 siek - September 26, 2025

Meer as 1 000 kinders het hierdie week siek geword as gevolg van gratis skoolmiddagetes in Indonesië. Dit is die jongste in ‘n reeks massa-voedselvergiftigingsgevalle wat verbind word met president Prabowo Subianto se multimiljard-dollar program vir voedsame maaltye. Owerhede vra nou dat die program opgeskort word oor gesondheidskommer. Verlede week het 800 leerders siek geword […]

Read More

Thieme bepleit versagting in VSA-beleid vir lamuitvoere  - September 26, 2025

Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, Sven Thieme, het ‘n beroep op belanghebbendes by die hawe van Philadelphia gedoen om die streng protokolle rakende vleisinvoer aan te spreek. O&L bedryf ‘n internasionaal geakkrediteerde abattoir en wil lamsvleis na die Amerikaanse mark uitvoer maar die bestaande regulasies maak dit moeilik.  Thieme is deel van […]

Read More

SA hersien raamwerk vir gratis elektrisiteit  - September 26, 2025

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering sal die raamwerk vir gratis basiese elektrisiteit hersien om seker te maak dié wat kwalifiseer word reg gesubsidieer. Daar is tans sowat 2,1-miljoen klante wat volgens Eskom vir gratis basiese elektrisiteit kwalifiseer, maar slegs 485 000 kry dit. Ramokgopa sê sodra slim-meters ingestel is, […]

Read More

Oud-FBI-baas Comey formeel aangekla  - September 26, 2025

Die voormalige FBI-direkteur James Comey is deur ʼn federale jurie aangekla. Dit volg kort nadat die Amerikaanse president Donald Trump die prokureur-generaal, Pam Bondi, opdrag gegee het om Comey en ander amptenare wat hy as politieke vyande beskou, vinnig te vervolg. Die Justisiedepartement sê Comey word aangekla dat hy in September 2020 vals verklarings by […]

Read More

Indië koop nog vegvliegtuie  - September 26, 2025

Indië het ‘n 121 miljard Namibiese dollar bestelling vir 97 sy eie plaaslik vervaardigde vegvliegtuie onderteken terwyl hulle lugmag sy Russiese MiG-21 vliegtuie na dekades van gebruik uit diens stel. Die eerste “Tejas” vleigtuie – wat “briljantheid” in Hindi beteken – is in 2016 deur die lugmag in gebruik geneem. Die jongste bestelling is vir […]

Read More

Balhao verskuif sy fokus van politiek na die gemeenskap  - September 26, 2025

Nadat hy as beide burgemeester van Lüderitz en lid van die IPC bedank het, het Phil Balhao sy fokus verskuif na gemeenskapsbetrokkenheid op grondvlak. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Balhao verduidelik dat sy bedanking uit die party voortspruit uit ‘n gebrek aan erkenning vir sy pogings. Hy is nou besig om die […]

Read More

Agoa is dood – ekonoom - September 26, 2025

Die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, is op die punt om te verval. Tensy die Amerikaanse Kongres optree, sal die baanbrekende handelsooreenkoms op 30 September verval, wat twee dekades van tariefvrye uitvoere vir sekere Afrika-lande beëindig. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Agoa nog altyd ‘n […]

Read More