Toilette: 77,5% van Zambezi se inwoners het geen toegang nie - September 26, 2025

Sanitasie uitdagings duur voort in Namibië en volgens die jongste berigte het 77,5 persent, of driekwart van Zambezi se inwoners, amper 29 000 mense geen toegang tot toilette nie en moet die bos gebruik. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het meer as 6 600 stedelike inwoners in die streek geen toilette van enige aard nie terwyl […]

Read More

Miskrame en aborsies: Die syfers weerspieël ‘n dieper krisis - September 26, 2025

Reproduktiewe gesondheid in Namibië is opnuut onder die loep, na byna 2 900 miskrame in 2024 aangemeld is. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die menseregtekonsultant en veranderingsproses-fasiliteerder Ethne Mudge gesê die syfers weerspieël ‘n dieper krisis, aangevuur deur beperkende aborsiewette, beperkte toegang tot voorbehoeding en ‘n gebrek aan omvattende gesondheidsorg.

Read More

VRK skop vanaand af, SA-franchises in aksie - September 26, 2025

Die vyfde weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap skop vandag af met die vier Suid-Afrikaanse franchises wat sonder hulle Springbokheelagters moet klaarkom. Die Stormers en die Bulle begin hulle veldtogte met tuiswedstryde in Kaapstad en Pretoria, terwyl die Haaie in Skotland is en die Leeus is in Wallis. Vanaand om seweuur speel die Stormers teen Leinster, […]

Read More

Konstruksie-sektor op opwaartse trajek - September 26, 2025

Terwyl ekonomiese groei in die tweede kwartaal vanjaar tot 1,6 persent jaar-tot-jaar gedaal het, hou die konstruksiesektor aan met ‘n opwaartse trajek sedert die tweede kwartaal van 2024. Die sektor het in die tweede kwartaal groei van 4,1 persent in reële waarde toegevoeg, vergeleke met ‘n toename van 1,2 persent in die tweede kwartaal van […]

Read More

Cyril bly optimisties oor VSA-handelsooreenkoms - September 26, 2025

President Cyril Ramaphosa sê hy is optimisties dat Suid-Afrika ʼn voordelige handelsooreenkoms met Amerika sal bereik. President Donald Trump het verlede maand ʼn tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel nadat Pretoria versuim het om voor die sperdatum op 1 Augustus ʼn ooreenkoms met Amerika te bereik. Die regering het sedertdien ʼn voorstel vir ʼn […]

Read More

Trump sê sanksies teen Turkye sal opgehef word - September 26, 2025

President Donald Trump het laat blyk dat die VSA sanksies teen Turkye kan ophef en dit toelaat om Amerikaanse F-35 vegvliegtuie te koop, terwyl hy Donderdag samesprekings met die Turkse president Tayyip Erdogan begin het. Hy het gesê as hulle ‘n goeie vergadering gehad het, sanksies byna onmiddellik opgehef kan word. Hy het egter tydens […]

Read More

Argentyne kry hupstoot vir rugby-verrassing - September 26, 2025

Argentinië se kanse om vir ‘n verrassing in die Rugbykampioenskap te sorg, soos wat hulle in 2015 in Durban vermag het, het ‘n hupstoot gekry. Losskakel Tomas Albornoz het by die groep aangesluit en sal waarskynlik in die beginvyftiental wees in Durban vir die wedstryd teen die Bokke. Albanoz is ‘n groot rede waarom Felipe […]

Read More

Agribank verduidelik staking van salarisgesteunde lenings - September 25, 2025

Agribank het die onmiddellike staking van nuwe salarisgesteunde lenings vir staatsamptenare aangekondig, na die finansministerie se besluit om bande met Avril Payment Solutions te verbreek. Geen nuwe persoonlike lenings sal deur die platform verwerk word nie. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat bestaande lenings onaangeraak sal bly en deur die finansministerie […]

Read More

Omstrede Renaldo Gouws sluit aan by VF Plus - September 25, 2025

Die voormalige DA-parlementslid Renaldo Gouws het byna ‘n jaar na hy oor ‘n rassisme-skandaal uit die party geskop is, amptelik by die Vryheidsfront Plus aangesluit. Die DA het hom in September 2024 geskors nadat ‘n video te voorskyn gekom het waar hy rassistiese uitsprake maak. Gouws het later ‘n openbare verskoning uitgereik. Die VF Plus […]

Read More

Sarkozy eerste na-oorlogse Franse leier wat tronk toe gaan - September 25, 2025

Die voormalige president, Nicolas Sarkozy sal Frankryk se eerste na-oorlogse leier word om tronk toe te gaan, nadat ‘n hof hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het oor ‘n skema waarin die oorlede Libiese diktator Moammar Kadhafi, Sarkozy se presidensiële verkiesing in 2007 befonds het. Die hof het hom skuldig bevind op aanklagte van misdadige […]

Read More