All Blacks se afrigter verander aan span vir Wallabies - September 25, 2025
Rugby: Die afrigter van Nieu-Seeland, Scott Robertson het vier veranderinge aan die span gemaak wat ‘n geskiedkundige nederlaag teen die Springbokke gely het, vir hulle wedstryd teen Australië. Die wedstryd, as deel van die Rugbykampioenskap, vind Saterdag op Eden Park plaas. Fabian Holland is in die span in die plek van kaptein Scott Barrett wat […]
Toerustinghulpskema help duisende SME’s - September 25, 2025
Meer as 3 200 SME’s in al 14 streke het voordeel getrek uit die regering se toerustinghulpskema. Die skema bied ondersteuning vir produksietoerusting in sektore soos vervaardiging, landbouverwerking, kleinskaalse mynbou, edelsteenverwerking, farmaseutiese produkte, skoonheidsmiddels en lugversorging. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, sê die impak is sigbaar. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat […]
Krieket Namibië gereed vir Proteas in nuwe tuiste - September 25, 2025
Opwinding bou op voor die geskiedkundige T20 Internasionale botsing op 11 Oktober tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Die wedstryd sal die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld amptelik open. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat beide die span en die lokaal ten volle voorbereid is […]
Groei neem skerp af in tweede kwartaal: NSA - September 25, 2025
Nuwe syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat ekonomiese groei in die tweede kwartaal van 2025 tot 1,6 persent verlangsaam het, ‘n skerp afname van 3,3 persent gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. In terme van reële groei het Namibië die swakste kwartaal sedert die begin van 2021 beleef toe die land nog styf in die […]
Buffelsterftes in stormloop was natuurlik, sê omgewingminister - September 25, 2025
Die omgewingminister, Indileni Daniel, het in die Nasionale Vergadering bevestig dat 90 buffels Dinsdag in ‘n stormloop langs die Chobe-rivier dood is. Die voorval, wat deur ‘n leeujaagtog veroorsaak is, is die derde van sy soort in die afgelope vyf jaar by dieselfde steil rivieroewer. Die voorval het ook internasionaal aandag getrek.Met ‘n geraamde 11 […]
Houtskoolvereniging waarsku oor bedryf se toekoms - September 25, 2025
Terwyl die brande in die Etosha Nasionale Park voortwoed, is die Namibiese Houtskoolvereniging ontevrede oor die omgewingministerie se ongeverifieerde bespiegeling dat die brand by houtskool-werke ontstaan het, en het dit aan die ministerie oorgedra. Die vereniging gee toe dat daar artisinale houtskool-bedrywighede op hervestigingsplase rondom Etosha plaasvind, maar hulle is nie lede van die liggaam […]
Bibi trek los teen lande wat Palestynse staat erken - September 25, 2025
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het op pad na die Verenigde State leiers veroordeel wat ‘n Palestynse staat erken. Hy gaan Withuis-gesprekke voer en ‘n toespraak lewer by die VN se Algemene Vergadering. Sy opmerkings volg drie dae nadat Frankryk ‘n spesiale beraad ten tye van die Algemene Vergadering gelei het, waar talle Westerse […]
NamPol se Eric Clay word Kunene-bevelvoerder - September 25, 2025
Die bekende Eric Clay, wat jare lank die woordvoerder was van die Hardap-polisie is bevorder tot kommissaris en sal vanaf 1 Oktober dien as die bevelvoerder van die Kunene-polisie. NamPol het vandag ‘n verklaring uitgereik. Kommissaris Clay is meer as 30 jaar werksaam by die polisie en volgens die verklaring, het hy ook verskeie opleidingsprogramme […]
DBV steek stokkie voor skool se kameelresies - September 25, 2025
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in Gauteng sê hy het daarin geslaag om die ontoelaatbare beplande kameelresies by die Laerskool A.G. Visser in Heidelberg se Kameelfees hierdie naweek te voorkom. Jacques Peacock van die NDBV sê nadat die Departement van Landbou in kennis gestel is, is bevestig die skool se lisensie vir Dierebeskerming sluit net in ry, […]
Franse vloot onderskep 10 ton kokaïen by Wes-Afrika - September 25, 2025
Die Franse vloot het beslag gelê op byna 10 ton kokaïen ter waarde van meer as 10-miljard Namibiese dollar op ‘n vissersboot langs die kus van Wes-Afrika. Die beslaglegging deur twee vlootskepe, het gevolg ná ‘n wenk deur anti-dwelm- en maritieme intelligensie-owerhede en die Britse polisie. Die vlootsending is reeds sedert 1990 in die Golf […]