Orkaan Melissa sit verwoesting voort in Kuba - October 29, 2025
Orkaan Melissa het Kuba getref met winde van meer as 165km/h, terwyl Jamaika wakker word te midde van groot verwoesting. Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum waarsku dat die ooste van Kuba sal deurloop onder lewensgevaarlike en potensieel katastrofiese kitsvloede met talle grondverskuiwings, en ‘n gevaarlike stormstuwing. Die sentrum sê Jamaika sal na verwagting steeds donderweer, katastrofiese […]
Studiepermit-aansoeke open op 3 November - October 29, 2025
Die ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat aansoeke vir studiepermitte vir die 2026 akademiese jaar op 3 November sal open en op 20 Maart 2026 sal sluit. Alle buitelandse studente wat in Namibië studeer, of beplan om te studeer, word versoek om binne hierdie tydperk aansoek te doen. Geen verlengings sal toegestaan word nie. […]
EFF vies oor omstrede verkiesingskommissie-kandidate - October 29, 2025
Die EFF is bekommerd oor die besluit van die parlement om die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die vul van vakatures in die Verkiesingskommissie goed te keur. Die party sê die besluit verontagsaam die bevindinge en aanbevelings van die paneel onder voorsitterskap van hoofregter Mandisa Maya, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die […]
Trump-tariewe, swak China-verkope knou Mercedes-Benz - October 29, 2025
Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes-Benz het ‘n daling van 30,8-persent in netto wins aangekondig, weens swak verkope in China en ook die Amerikaanse tariewe. Die maatskappy het in Julie sy vooruitsigte vir die jaar verlaag nadat die Amerikaanse president Donald Trump sy tariefaanslag begin het. Mercedes-Benz verwag dat inkomste vir 2025 “aansienlik laer” sal wees as […]
Rassie vertrou jong stut Zachary Porthen se vermoëns - October 29, 2025
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy het volle vertroue in die stut Zachary Porthen. Die 21-jarige is gereed om Saterdag die eerste keer vir Suid-Afrika uit te draf in die toets teen Japan op Wembley in Londen. Die voormalige SA Onder-20-kaptein het slegs in vyf senior wedstryde vir die Stormers gespeel – vier vanaf die […]
Mariental begin Informele Nedersetting Opgraderingsprojek - October 29, 2025
Die Mariental munisipaliteit het sy Informele Nedersetting Opgraderingsprojek van stapel gestuur, wat deel is van die regering se breër inisiatief om lewensomstandighede in informele gebiede te verbeter. Burgemeester Cherien Kock het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die projek is daarop gemik om meer duursame behuising te bied, toegang tot noodsaaklike dienste soos sanitasie en afvalverwydering […]
Kommissie hoor van Valke by ‘KT’ Molefe se arrestasie - October 29, 2025
‘n Voormalige lid van die politieke moorde-taakspan, kaptein Maxwell Wanda, het aan die Madlanga-kommissie gesê lede van die Valke het ingemeng en aggressief opgetree tydens die inhegtenisneming van die sakeman Katiso “KT” Molefe in Desember verlede jaar. Molefe word daarvan beskuldig dat hy opdrag gegee het vir die moord op die ingenieur Armand Swart. Wanda […]
Nederlanders gaan na stembus, regsgesindes op voorgrond - October 29, 2025
Nederlanders stem vandag in ‘n blitsverkiesing wat beskou word as ‘n lakmoestoets vir die sterkte van die regsgesindes, wat baie groei getoon het in Europa. Meningspeilings dui aan die anti-immigrasie- en anti-Islam-rebel Geert Wilders is op koers om sy verkiesingsukses van twee jaar gelede met sy ver-regse Vryheidsparty te herhaal. Die helfte van die kiesers […]
Anrich Nortjé keer terug in T20-uitdaagreeks - October 29, 2025
Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé sal na verwagting die naweek weer terug op die speelveld wees. Die 32-jarige het by die Durbanse span, die Dolphins, aangesluit vir Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaging. Hy het weens ‘n besering nog nie weer gespeel sedert die Indiese Premierliga in Mei nie en sy laaste wedstryd vir die Proteas was […]
NSA in finale fase van opname oor inkomste, uitgawes - October 29, 2025
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Die opname sluit op 4 November. Die opname sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie beampte gepraat oor die jongste.