Bokke onderskat nie Los Pumas, sê Rassie - September 25, 2025

Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie die gevaarlike Argentyne in Saterdag se Rugbykampioenskap-botsing in Durban onderskat nie. Die Bokke het tien van hul laaste 12 wedstryde sedert 2018 teen die Pumas gewen met hul enigste twee nederlae teen Argentinië die afgelope seisoen en in 2018. Erasmus sê die Los Pumas hou oral […]

Read More

Staak partytjies in begraafplase, beveel Stad Windhoek - September 25, 2025

Die Stad Windhoek veroordeel die misbruik van begraafplase na ‘n ontstellende voorval by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark. Rouklaers is afgeneem terwyl hulle ‘n byeenkoms na ‘n begrafnis aanbied, kompleet met stoele, koelbokse en alkohol. Bottels en rommel was ook oor grafte agtergelaat. Die Stad herinner die publiek daaraan dat begraafplase plekke van begrafnis en herdenking […]

Read More

Taiwan slaan terug teen SA oor Pretoria skakelkantoor - September 25, 2025

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om die afgradering van Taiwan se skakelkantoor in Pretoria om te keer. Die party sê Taiwan het uitvoere van sy halfgeleierskyfies na Suid-Afrika beperk, ‘n stap wat die vervaardigingsektor, veral die motor- en inligtingstegnologiebedrywe, kan vernietig. Die DA-lid, Ryan Smith, […]

Read More

Oud-Franse president skuldig aan kriminele sameswering - September 25, 2025

‘n Franse hof het die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy skuldig bevind op aanklagte van kriminele sameswering, maar het hom vrygespreek op klagtes dat hy onwettige veldtogfinansiering aanvaar het. Die hofsaak spruit uit beskuldigings dat die oorlede Libiese diktator Moeamer Kadhafi gehelp het om sy suksesvolle presidensiële veldtog in 2007 te befonds. Die saak is […]

Read More

Marc Marquez kan dié naweek MotoGP-geskiedenis maak - September 25, 2025

Motorsport: Marc Marquez kan hierdie naweek in Japan ná ʼn seisoen waarin hy oorheers het, sy 7de MotoGP-wêreldkampioenskap wen en daarmee die motorfietslegende, Valentino Rossi, se rekord verbeter. Die Spaanse Ducati-renjaer het ʼn enorme 512 punte en kort net drie punte meer as sy broer Alex Marquez om die titel te wen met vyf naweke […]

Read More

Huidige beleggingswet bevoordeel net elites - September 25, 2025

Die regering hersien weer sy beleggingswet om ‘n enkele raamwerk te skep en beleggersvertroue te verhoog. Dit is aangekondig op die kantlyn van die 80ste VN Algemene Vergadering deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, wat sê die huidige wetsontwerp is ‘n absolute […]

Read More

Walvis se hawe onder mees ondoeltreffend ter wêreld - September 25, 2025

Die Walvisbaai-hawe is onder die swakste presterende hawens wêreldwyd gereken, en is 376ste uit 405 in die 2024 Container Port Performance-indeks geplaas. Die indeks, gepubliseer deur die Wêreldbank en S&P Global Market Intelligence, dui op ‘n ernstige en versnellende afname in die hawe se doeltreffendheid oor die afgelope vyf jaar, wat kommer wek oor sy […]

Read More

Die kwessie van miskrame en onwettige aborsies - September 25, 2025

Miskrame maak 40 persent van neonatale noodgevalle by hospitale in die land uit met 2 953 wat in 2024 aangemeld is. Die feit dat meeste van die pasiënte onder 35 jaar oud is, het vrae laat ontstaan oor onwettige of tuisaborsies omdat die ouderdomsgroep normaalweg ‘n laer risiko het vir miskrame. Volgens dr. David Emvula, […]

Read More

AfriForum oorhandig Malema-dossier aan Trump amptenare - September 25, 2025

AfriForum sê hy het sy dossier oor die EFF-leier Julius Malema aan senior beamptes in president Donald Trump se administrasie oorhandig. Die burgerregte-organisasie en Solidariteit het Woensdag die Withuis besoek as deel van ʼn opvolg-skakelingsbesoek in Amerika. Ernst van Zyl van AfriForum sê om Malema se ekstremisme onder die Trump-administrasie se aandag te bring, is […]

Read More

Toerisme: Europese mark is onder druk - September 25, 2025

Namibië se toerismesektor het wel sy sterkste herstel sedert die pandemie aangeteken, maar daar is kommer oor die hoë koste van vliegkaartjies, visumvertragings en voortdurende probleme in die eVisa-platform. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê beperkte direkte lugtoegang en visumverwante uitdagings bly ernstige beperkings. Vertragings by toegangspunte en nuwe administratiewe fooie vir visums by aankoms is […]

Read More