Probleemleeu in Kruger hervestig - September 25, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, veldwagters en privaat vennote het ‘n leeumannetjie gevang en van die Letaba Ranch na die Krugerwildtuin hervestig. Die leeu het vroeër vandeesmaand vee naby Giyani en Phalaborwa doodgemaak. Limpopo se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing en Toerisme, Tshitereke Matibe, het die span geprys en gemeenskappe aangespoor […]
Twee ore, een mond, so luister twee keer meer as praat - September 25, 2025
Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het met CNN gepraat oor politieke verdeeldheid in die VSA. Dit kom na die debakel met TV-aanbieder Jimmy Kimmel en president Donald Trump wat sê hy haat sy vyande. Schwarzenegger sê God het ons twee ore gegee en een mond – so ons moet dubbel soveel […]
Ryderbeker-betaling raak nie spanprestasie nie - September 25, 2025
Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die Ryder-beker begin Vrydag op Bethpage […]
Balhao sal organisasie vir Lüderitz-inwoners registreer - September 25, 2025
Lüderitz se dorpsraad sal na verwagting volgende stem vir ‘n nuwe burgemeester na Phil Balhao sy bedanking aangekondig het. Volgens die kandidaatlys van die Verkiesingskommissie is Josua Pineas volgende in lyn. Balhao het ook bedank uit sy party die IPC en die party het sy bedanking aanvaar en hom bedank vir sy diens. Daar word […]
ANC-jeugliga vol lof vir Cyril se VN-toespraak - September 25, 2025
Die ANC-jeugliga sê president Cyril Ramaphosa se toespraak by die 80ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem ooreen met sy stryd vir ʼn regverdige, billike en mensgesentreerde wêreld. Die president het Dinsdag in sy toespraak gevra vir hervorming van die VN-veiligheidsraad en aanspreeklikheid vir oortredings van internasionale reg. Die jeugliga se nasionale woordvoerder, Zama […]
Mutharika is (weer) Malawi se president - September 25, 2025
Malawi se voormalige president, Peter Mutharika, het die verkiesing gewen en neem nou ʼn land oor met ʼn ekonomie in ʼn krisis, hoë lewenskoste, ʼn tekort aan buitelandse valuta en grootskaalse korrupsie. Die 85-jarige oudpresident het 56,8-persent van die stemme gekry teenoor 33-persent vir president Lazarus Chakwera. Mutharika, ʼn gewese regsprofessor, was van 2014 tot […]
Zelensky rig waarskuwing aan VN - September 25, 2025
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, waarsku president Vladimir Putin van Rusland sal aanhou om die oorlog in sy land selfs verder te dryf tensy hy gekeer word. Hy het gister die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Zelensky doen ʼn beroep op wêreldleiers om in te gryp en te keer dat Rusland […]
Etosha-brand versprei Noord, nuwe een begin by Ombika - September 25, 2025
Dit brand steeds in Etosha met die brand wat teen een-uur vanoggend noordwaarts versprei het uit die grense van die park en is nou ook in die suide van Ovamboland. Maar die uitdagings verdiep. ‘n Nuwe brand het in die omgewing van die Ombika begin. Daar is berigte dat dit ooswaarts in die rigting van […]
Madlanga-getuienis bevestig wat almal vermoed het - September 25, 2025
Die Activists and Citizens Forum sê getuienis deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het politieke inmenging in die polisie blootgelê. Voormalige polisieministers Nathi Mthetwa, Bheki Cele, en huidige Senzo Mchunu is geïmpliseer in verdoemende getuienis by die Madlanga-kommissie. Woordvoerder Dennis Bloem sê die onthullings bevestig jarelange kommer oor korrupsie […]
Italiaanse vloot staan Greta Thunberg flottielje by - September 25, 2025
Italië het ‘n vlootfregat ontplooi om ‘n flottielje van meer as 50 bote, wat aktivis Greta Thunberg aanboord het, te monitor wat probeer om hulp aan Gaza te lewer, na berigte van hommeltuigaanvalle op die konvooi toe dit Griekeland verlaat het. Aktiviste, wetgewers en joernaliste aan boord van die Global Sumud-flotielje sê hulle is geteister […]