Hoekom is Starmer stil oor Trump se Londen-aanmerkings? - September 25, 2025
Die Britse eerste minister Keir Starmer is opnuut onder skoot oor sy stilswye nadat Amerikaanse president Donald Trump in sy toespraak by die Verenigde Nasies se algemene vergadering Londen se burgemeester, Sadiq Khan, aangeval het. Trump het terwyl hy oor immigrasie gepraat het, gesê Khan is ‘n verskriklik slegte burgemeester en die stad beweeg na […]
Cran verwelkom hofuitspraak oor gedeelde infrastruktuur - September 25, 2025
Die hoërhof het ten gunste van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beslis in ‘n saak wat verband hou met ‘n dekade-oue veselhuurooreenkoms tussen MTC, Telecom Namibia en NamPower. Die kern van die dispuut was ‘n omstrede klousule wat MTC en Telecom eksklusiewe, outomatiese toegang tot NamPower se donkerveselnetwerk gegee het. Cran het aangevoer dat die […]
ATM sê minderjargie swangerskappe is nasionale pandemie - September 25, 2025
Die Afrika-Transformasiebeweging het die regering versoek om minderjarige swangerskappe tot ‘n nasionale pandemie te verklaar. Die ATM is bekommerd oor die meer as 2 700 meisies tussen tien en 14 jaar wat jaarliks geboorte gee, insluitend meer as 100 gevalle in die Oos-Kaap. Die party noem sistemiese mislukkings, ‘n gebrek aan voortplantingsgesondheidsdienste, en seksuele misbruik, […]
Kremlin verwerp Trump se aanmerkings oor oorlog - September 25, 2025
Die Kremlin het Amerikaanse president Donald Trump se argumente in sy ommeswaai oor die oorlog in Oekraïne verwerp, terwyl nasionaliste met ‘n mengsel van verset en bespotting reageer het. Trump sê hy glo Oekraïne kan al sy grond wat deur Rusland beheer word, terugneem. Hy meen Kiëf moet nou optree terwyl Moskou “groot” ekonomiese probleme […]
Sinner sal sy spel aanpas na hy teen Alcaraz verloor - September 25, 2025
Jannik Sinner het veranderings aan sy spel aangebring voor sy eerste verskyning sedert hy teen Carlos Alcaraz in die Amerikaanse Ope die spit afgebyt het. Die Italianer kon nie sy titel die maand in New York teen Alcaraz verdedig nie, wat hom in vier stelle geklop het om weer die wêreld se nommer een te […]
Man wat Ingrid Scholtz doodry, kry N$10 000 boete - September 25, 2025
Die bestuurder wat fietsryer Ingrid Scholtz op 15 November 2019 op die Westelike Verbypad doodgery het, is met 10 000 Namibiese dollar beboet. Streekshof-landdros Victor Nyazo het die 47-jarige Paulus Kambata skuldig bevind aan roekelose bestuur maar nie strafbare manslag nie en hom daarvoor 8 000 dollar beboet en 2 000 dollar gehef vir die […]
Cyril praat oor finansieringsgaping in New York - September 25, 2025
President Cyril Ramaphosa sê sommige nasies kan duisend-miljarde beskikbaarstel om hul burgers en ekonomieë teen pandemies en ander krisisse te beskerm, terwyl ander gekniehalter word deur skuld en gebrek aan toegang tot globale kapitaal. Hy het deelgeneem aan die tweejaarlikse beraad vir ʼn volhoubare, veerkragtige en inklusiewe wêreldekonomie by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering […]
Guinee stel nuwe Grondwet in, opposisie is boos - September 25, 2025
Die opposisie in Guinee is gekant teen ‘n omstrede grondwetlike referendum wat die weg kan baan vir die land se junta-leier om vir president te staan. Amptelike uitslae wat Dinsdag vrygestel is, toon dat 89,38 persent van die kiesers die nuwe grondwet gesteun het, maar opposisieleier Faya Millimono verwerp dit. Die konsepgrondwet verleng presidensiële termyne […]
Man brand los op ICE-sentum in Dallas - September 25, 2025
ʼn Skietvoorval by ʼn Amerikaanse immigrasie- en doeane-veldkantoor in Dallas het tot een immigrasie-aangehoudene se dood gelei en twee ander is beseer. Beamptes sê ʼn voorlopige ondersoek toon die verdagte het van ʼn naasliggende gebou lukraak losgebrand op die ICE-gebou en ʼn bussie waarin die slagoffers was. Die skieter het homself daarna om die lewe […]
Goreangab Mall 82% verhuur - September 25, 2025
Oryx Properties het aangekondig dat die maatskappy 270 miljoen Namibiese dollar belê het in die ontwikkeling van die Goreangab-winkelsentrum. Die ontwikkeling, in vennootskap met Safland Property Group, sal 40 kleinhandelaars huisves. Met Shoprite as die ankerhuurder, sal die winkelsentrum Woolworths, Clicks, Markhams, Jet en Ackermans onder ander gewilde kleinhandelaars insluit. Dit sal na verwagting in […]