NNN lewer nooienstoespraak by VN - September 25, 2025
President Netumbo Nand-Ndaitwah het haar nooienstoespraak by die 80ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York gelewer. Sy het verskeie kwessies aangeraak en haar administrasie geloof vir sy prestasies tot dusver. Sy sê dit is ‘n tyd van globale onsekerheid. Sy het ook ‘n beroep gedoen vir die implementering van Namib-verklaring om grond […]
Ekonoom reageer op power vertoning van Namibië in mededingingslys - September 25, 2025
Namibië se globale mededingendheid het ‘n ernstige knou gekry en is 68ste uit 69 lande in die 2025 Wêreldmededingendheidsjaarboek van die Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling. Namibië het ook 67ste geëindig in ekonomiese prestasie. Internasionale handel en belegging was ook swak en het onderskeidelik 58ste en 62ste plek behaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert […]
Shifeta sê huishoudelike skuld word deur dobbelary aangedryf - September 25, 2025
Swapo-LP Pohamba Shifeta sê dobbelary is die hoofrede vir die skuldkrisis waarin Namibiërs hulle bevind. Hy het die kommentaar gemaak tydens ‘n debat in die Nasionale Vergadering oor verbruikerbeskerming teen mikroleners. Shifeta sê mense leen geld om te dobbel en doen dit meestens by ongeregistreerde mikroleners wat dan die verbruiker uitbuit. Daar is ook vroeër […]
Errol Musk van seksuele misbruik van sy kinders beskuldig - September 25, 2025
Die miljardêr Elon Musk se pa, Errol Musk, word daarvan beskuldig dat hy ten minste vyf van sy kinders en stiefkinders drie dekades lank seksueel misbruik het. Volgens ‘n ondersoek deur die New York Times strek die bewerings terug tot 1993 in Suid-Afrika en Kalifornië, en sluit misbruik in van slagoffers so jonk as vier […]
Coetzee skuldig aan bedrog - September 25, 2025
Die 52-jarige Maria Johanna Coetzee, die voormalige finansiële bestuurder van die Windhoek Internasionale Skool, is skuldig bevind aan bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar. Sy het tussen Maart en Oktober 2018 die geld vanaf die skool se rekening na haar persoonlike rekeninge oorgeplaas. Waarnemende regter Makapa Simasiku het haar in die Windhoek […]
UDM veroordeel seksuele misbruik deur onderwysers - September 25, 2025
Die UDM sê hy is woedend en hartgebroke oor onlangse berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers regoor die land betrokke is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê daar het verlede maand sake in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorgekom wat ‘n diep en sistemiese krisis in die onderwystelsel aandui. Sy […]
Hamas hergroepeer terwyl Gazastad-aanvalle voortduur - September 25, 2025
Israeliese magte het Woensdagmiddag die middel van Gazastad genader, terwyl duisende Hamas-vegters na bewering hergroepeer, te midde van vrese vir intense straat-tot-straat-gevegte. Tussen 300 000 en 600 000 Palestyne moes uit die stad vlug sedert Israel verlede week sy grond-offensief begin het. Nog honderde duisende burgerlikes is na raming in die stad. Die Israeliese Weermag […]
Groot opgewondenheid vir Artemis II - September 25, 2025
Reid Wiseman, die bevelvoerder van Artemis II, Nasa se volgende sending na die maan, sê dat hy en sy bemanning dinge sal sien wat geen mens nog ooit gesien het nie. Wiseman het op ‘n nuuskonferensie in die Johnson Space Centre in Houston, Texas, gesê dat sy ruimtetuig waarskynlik oor groot dele van die maan […]
Massiewe Etosha-brand woed voort - September 24, 2025
Die massiewe veldbrand in die Etosha Nasionale Park woed steeds voort. Die omgewingministerie sê dat die brand, wat deur die suidwestelike deel van die park en plase geskeur het, vermoedelik Maandagaand ontstaan het uit nabygeleë houtskoolproduksie-aktiwiteite. Toe dit begin het, is meer as 81 000 hektaar in net twee uur verbrand en ‘n huis op die […]
Vuurwapen-diefstalsaak teen polisiemanne uitgegooi – vir nou - September 24, 2025
Die saak teen agt polisie-beamptes wat aangekla is dat hulle 180 pistole van NamPol gesteel het, is in die Windhoek streekhof van die rol geskrap. Dit kom na landdros Justinus Asino geweier het om die Staat uitstel te gee. Die beamptes het twee klagte van vuurwapen-diefstal, die korrupte gebruik van ‘n pos om betaling te […]