TLU SA prys optrede teen onwettige jagters - September 24, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA het die suksesvolle arrestasie bevestig van 24 verdagtes wat betrokke is by onwettige jag met honde in Ermelo, Mpumalanga. Bennie van Zyl van TLU sê die ondersoek is deur plaaslike boere, die polisie en die Dierebeskermingsvereniging uitgevoer en daar is beslag gelê op 50 honde en verskeie voertuie. Van Zyl beklemtoon […]

Read More

Ten minste een sterf in skietery op ICE-kantoor in Dallas - September 24, 2025

Ten minste een persoon is dood en twee ander beseer in ‘n skietvoorval by ‘n kantoor van die immigrasie- en doeane-afdwingingsgesag, of ICE, in Dallas, Texas. Volgens die owerhede het die skieter homself geskiet en gesterf. ‘n Voorlopige ondersoek het gevind dat die skieter die skote op die kantoor van die dak van ‘n naburige […]

Read More

NNN gaan Omaheke-boere en inwoners besoek - September 24, 2025

In ‘n poging om toenemende gemeenskaps- en landboubekommernisse aan te spreek, gaan president Netumbo Nandi-Ndaitwah Gobabis op 1 Oktober besoek. Die besoek kom te midde van toenemende uitdagings waarmee inwoners en boere te kampe het, van watertekorte en weidingsgeskille tot diensleweringsprobleme. Gemeenskapslid Marie Beukes het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Korrektiewe Dienste gee toon aan in MTC Namibië Netbal Premierliga - September 24, 2025

Met net vier rondtes oor in die MTC Namibië Netbal Premierliga, blyk dit asof Namibië Korrektiewe Dienste weer die titel gaan wen, maar niks is seker nie. Die span is boaan die punteleer op 36 punte na die naweek se wedstryde, gevolg deur Otjozondjupa NamPol op 29 punte. Unam Ogongo is tans derde op 26 […]

Read More

Riglyn sal glo verseker parlementêre besluite word geïmplementeer - September 24, 2025

Parlementslede het kommer uitgespreek oor verskeie verslae en riglyne wat, ten spyte daarvan dat hulle deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, nog nie geïmplementeer is nie. Dit sluit in aanbevelings wat deur verskeie parlementêre staande komitees voorgelê is. Die kwessie is in die Nasionale Vergadering geopper deur AR-leier Job Amupanda. In reaksie hierop het die […]

Read More

NNN ‘moet skade aan volksmoord-groepe by VN uitlig’ - September 24, 2025

Die politieke ontleder Henning Melber sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah moet die geleentheid by die 80ste VN Algemene Vergadering aangryp om druk uit te oefen vir herstelbetalings oor die Ovaherero-Nama-volksmoord. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die raamwerk van die saak binne die breër Globale Suide se eise vir geregtigheid oor slawerny en kolonialisme […]

Read More

Malaria-voorkoming struikel weens swak ingeligte inwoners - September 24, 2025

Die gesondheidsminister Esperance Luvindao sê tussen Januarie en September vanjaar is 95 412 gevalle van malaria aangemeld met 154 sterftes. Daar is groot kommer uitgespreek omdat die uitbreking beperk kon word as daar beter dekking was. In Kavango Wes het die streek net 52 persent dekking bereik omdat inwoners binnenshuise besproeiing weier. Luvindao het ‘n […]

Read More

Kimmel raak emosioneel oor Charlie Kirk - September 24, 2025

In sy terugkeer na Amerikaanse televisie Dinsdagaand het Jimmy Kimmel ‘n hartseer toon gehandhaaf oor sy omstrede opmerkings ná die dood van Charlie Kirk, sonder om jammer te sê. Hy het dit ook duidelik gemaak dat die woede van die afgelope dae hom nie sal dwing om sy behandeling en kritiek van Donald Trump te […]

Read More

Oppas vir blink voorspellings oor ekonomie, sê ekonoom - September 24, 2025

TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie toon ‘n vlaag van optimisme oor die ekonomie onder Namibiërs, met 71 persent wat sê dat hulle hoopvol voel oor die jaar wat voorlê, en 78 persent wat ‘n inkomsteverhoging verwag. Ekonoom Gabriel Erastus, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, dring egter aan dat ‘n trompetgeskal oor die ekonomie […]

Read More

Kommissie hoor van polisiebase wat sindikate beskerm - September 24, 2025

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê die taakspan vir politieke moorde het kragtige misdaadsindikate ontbloot, wat deur senior polisiebeamptes beskerm is. Masemola het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê die eenheid se ondersoeke het aan die lig gebring hoe georganiseerde netwerke met behulp van hooggeplaaste amptenare in wetstoepassing gewerk het. Hy sê die bevindings het […]

Read More