Jongste bloedskenkingsveldtog in die Noorde - September 24, 2025
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou tans bloedskenkingsklinieke in Khorixas en Outjo. Skenkers, veral dié met O-tipe, word aangemoedig om bloed te skenk om lewens te help red. Kosmos 94.1 Nuus het met Frieda Vatileni-Asino van die diens gesels.
Amupanda open debat oor Strafhof-onttrekking - September 24, 2025
Die AR-leier Job Amupanda het Dinsdag in die parlement kennis gegee dat hy vandag ‘n mosie ter tafel sal lê dat Namibië van die Internasionale Strafhof onttrek. Dit volg kort op die hakke van Burkina Faso, Mali en Niger wat Maandag aangekondig het dat hulle van die hof onttrek, en dit ‘n instrument van neo-kolonialistiese […]
Namibië misluk op mededinging - September 24, 2025
Namibië is tweede laaste, 68ste uit 69 lande, in die 2025 IMD World Competitiveness Yearbook geplaas wat volgehoue strukturele en ekonomiese uitdagings weerspieël. In sake-doeltreffendheid het die land 63ste gekom terwyl die 64ste plek behaal is vir produktiwiteit en doeltreffendheid. Die arbeidsmark het 65ste ingekom. Infrastruktuur is as nog ‘n swak punt geïdentifiseer, met Namibië […]
Edelweiss kan van Namibië ‘n sportbestemming maak - September 24, 2025
Namibië se toerismesektor toon sterk herstel, met gemiddelde besettingsyfers wat tot dusver vanjaar 50,07 persent bereik het, teenoor 48,93 persent in 2019. Nou is die Switserse lugredery Edelweiss gereed om twee keer per week direkte vlugte tussen Zürich en Windhoek te loods vanaf Junie 2026. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Almandro Jansen, […]
Fossiel met krokodilbeen in bek, opgegrawe - September 24, 2025
‘n Fossiel wat in Argentinië opgegrawe is van ‘n nuut geïdentifiseerde spesie vleisvretende dinosourus en bied insig in ‘n groep roofdiere uit die Kryttydperk, nie net danksy sy uitgebreide skedeloorskot nie, maar ook danksy die merkwaardige voorwerp wat hy steeds in sy kake gehad het – die been van ‘n krokodil. Joaquinraptor casali het ongeveer 67 […]
LPM verifieer nog kandidate, registrasie open Vrydag - September 24, 2025
Kandidaatregistrasie vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings open Vrydag amptelik. Politieke partye het tot 16 Oktober om hul kandidate te registreer, terwyl onafhanklike kandidate hul name teen 14 Oktober moet indien. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM gepraat, wat sê dat hulle steeds besig is om hul kandidate te verifieer voordat hulle ‘n […]
SAPD waarsku oor bedrogspul wat sy naam betrek - September 24, 2025
Die Polisiediens waarsku die publiek oor ‘n uitvissing-bedrogspul waarin sy naam en kenteken gebruik word. ‘n Woordvoerder, Amanda van Wyk, sê die bedrieërs stuur vals briewe of WhatsApp-boodskappe of maak intimiderende oproepe waarin hulle vals sake en polisiestasies noem om geld of persoonlike inligting te kry. Van Wyk beklemtoon dat die polisie nooit geld sal […]
Rusland martel aangehoudenes in Oekraïne – VN - September 24, 2025
Die Verenigde Nasies sê Russiese owerhede het burgerlike aangehoudenes in besette Oekraïnse gebiede gemartel en aan seksuele geweld onderwerp. Die VN se Menseregte-kantoor het in ‘n nuwe ondersoek ‘n patroon van ernstige skendings van internasionale wetgewing deur Rusland teen burgerlike aangehoudenes van Oekraïne bevind. VN-ondersoekers het volgens die verslag onderhoude met 216 burgerlikes gevoer wat […]
Suid-Koreanse fabriekshoof 15 jaar gevonnis na brand - September 24, 2025
Die uitvoerende hoof van ‘n Suid-Koreanse litiumbatteryvervaardiger is tot 15-jaar tronkstraf gevonnis nadat tientalle werkers verlede jaar in ‘n brand in ‘n fabriek oorlede is. Die Suwon Streekshof het die lang tronkstraf aan Aricell hoof Park Soon-kwan opgelê, en verklaar dat die maatskappy se praktyke wins hoër as werkersveiligheid ag. Gedurende die brand in Junie […]
Sankwasa bepleit landelike beleggings - September 24, 2025
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, waarsku dat Namibië se stedelike sentrums onder toenemende druk kom as gevolg van migrasie en doen ‘n beroep op landelike beleggings om die druk op dorpe en stede te verminder. Hy sê migrasie uit landelike streke, veral onder werklose jongmense, belas infrastruktuur en dienslewering. Met onafhanklikheid […]