Madlanga: FOSA eis aanspreekliheid vir Ramaphosa - September 24, 2025
Die Forum for South Africa sê president Cyril Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word vir die versuim om op te tree teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se poging om die politiekemoorde-taakspan te ontbind. In getuienis voor die Madlanga-kommissie gister het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, onthul dat hy Ramaphosa ingelig het oor Mchunu se […]
Zelensky sê Trump sien nou Putin vir wie hy is - September 24, 2025
President Volodymyr Zelensky het gereageer op kommentaar deur Amerikaanse president Donald Trump dat hy glo Oekraïne al sy grond wat deur Rusland beset is, kan terugneem en dat Kiëf nou moet optree, veral met Moskou wat “groot” ekonomiese probleme in die gesig staar. Dit was ‘n skokkende ommekeer deur Trump, wat bygevoeg het dat sy […]
Ragasa tref Hongkong - September 24, 2025
Supertifoon Ragasa, die wêreld se kragtigste tropiese sikloon vanjaar, het Hongkong vroeër vandag met orkaansterkte wind en stortreën getref, met 14 mense wat in Taiwan dood is as gevolg van die swaar reën. ‘n Meer in Taiwan se oostelike Hualien-distrik het oorstroom en ‘n muur van water oor ‘n dorp losgelaat, terwyl die eiland deurloop […]
Dowes in Namibië kry ‘n toep - September 24, 2025
Die Namibiese Gebaretaal-toep word vandag amptelik by die Walvisbaai Munisipaliteit se stadsaal bekendgestel . Die toep is ontwikkel in vennootskap met die Namibië Nasionale Vereniging van Dowes en die Konrad-Adenauer-stigting. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is daar en het met Claudia Gossouw van die stigting gesels.
WGO sê hipertensie is ‘n wêreldwye krisis - September 24, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se tweede wêreldverslag oor hoë bloeddruk het bevind dat onbeheerde hipertensie meer as 1,4 miljard mense in gevaar stel. Die WGO sê dat net meer as een uit elke vyf die toestand onder beheer het en dit word as ‘n wêreldwye krisis beskryf. Toegang tot en die beskikbaarheid van noodsaaklike medisyne bly ‘n […]
Trump los sewe oorloë op sonder bystand van VN, sê hy - September 24, 2025
Amerika se president Donald Trump het tydens sy toespraak in die Verenigde Nasies se algemene vergadering skerp kritiek op die wêreldliggaam gelewer. Hy het herhaal dat hy sewe oorloë beëindig het en sê dat die VN hom nie bygestaan het nie. Hy het ook die VN blameer vir oop grense en gesê lande moet wegdoen […]
Keegan Bradley wroeg oor Ryderbeker - September 24, 2025
Die kaptein van Amerika, Keegan Bradley, sê hy het vandeesweek gewroeg oor wat kon wees as hy homself gekies het om dié naweek in die Ryderbeker-kompetisie te speel. Die 39-jarige kaptein van Amerika – wat 13de die wêreldranglys is – het dit oorweeg om homself as een van die ses kapteinskeuses aan te kondig wat […]
Swartbooi ontevrede met NBC se skikking met staande komitee - September 24, 2025
Die NBC se omstrede bonusuitbetaling van 5,4 miljoen Namibiese dollar is terug in die kollig. LPM-leier Bernadus Swartbooi sê hy sal op 2 Oktober ‘n mosie in die parlement ter tafel lê om die wettigheid van ‘n skikking tussen die NBC direkteur-generaal en die Speaker uit te daag. Die skikking het gelei tot ‘n hoërhof-bevel […]
Kaapstad se inwoners moet sê oor ontwikkelings - September 24, 2025
Die Stad Kaapstad dring aan dat inwoners moet deelneem aan die opstel van ‘n Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk vir Kensington en Factreton langs die Voortrekkerweg-korridor. Die raamwerk is ‘n riglyn vir die metro wanneer hulle besluite neem oor ontwikkelingsaansoeke en grondgebruike in die gebied. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê […]
Routh skuldig op sluipmoordpoging, probeer selfmoord pleeg - September 24, 2025
Ryan Routh is skuldig bevind op ‘n sluipmoordpoging op president Donald Trump op ‘n gholfbaan in Florida in September verlede jaar. ‘n Jurie het Routh, 59, skuldig bevind aan alle aanklagte, insluitend ‘n rits vuurwapenmisdrywe. Die voorval het op 15 September 2024 plaasgevind toe Trump, toe ‘n presidensiële kandidaat, gholf gespeel het op ‘n baan […]