Berugte Engels vir moord in VK gearresteer - September 24, 2025

Die 39-jarige Arno Engels, die voormalige eienaar van die omstrede Mount Sinai Herstelsentrum op Usakos, is in Brittanje van moord op ‘n pensionaris aangekla. Volgens die BBC is die 80-jarige Anthony Scarrott op 11 September met ernstige beserings in ‘n huis in Worthing, Wes-Sussex aangetref. Hy is drie dae later in ‘n hospitaal dood. Engels, […]

Read More

Oproep op SARB om rentekoers te verlaag - September 24, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om ‘n rentekoersverlaging tydens sy laaste vergadering in November te oorweeg. Die Reserwebank het verlede week die repokoers onveranderd op sewe-persent gelaat, terwyl die prima uitleenkoers op 10,5 persent bly. Claude Naicker van die staatsdiensvakbond sê staatsamptenare en ander werkers, wat […]

Read More

Trump vaar uit by die VN, oor die VN - September 24, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het in ‘n byna uurlange toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, in plaas van die aangewese 15 minute, te velde getrek teen die wêreldliggaam, lande wat Palestina as ‘n staat herken en ‘n reeks ander kwessies. Hy het soms aanvegbare stellings gemaak, soos toe hy klimaatsverandering ‘n verneukspul genoem […]

Read More

Rassie fokus op bestendigheid in spankeuse - September 24, 2025

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het op bestendigheid gefokus met die keuse van die span vir Saterdag se Rugbykampioenskapstryd teen Argentinië op Kings Park in Durban. Eben Etzebeth en Damian Willemse is in die beginspan in die plek van die beseerde Lood de Jager en Aphelele Fassi. Damian de Allende keer terug op binnesenter langs Canan […]

Read More

Sterk brande in Etosha, ook op 3 plase teenaan park - September 23, 2025

Sterk brande woed tans in die weste van die Etosha Nasionale Park en op drie plase aangrensend aan die park. Volgens berigte het 81-duisend hektaar veld in twee uur afgebrand. Die brande word suid gedruk deur ‘n sterk noordewind, en daar is geen brandpaaie in Etosha wat dit kan stuit nie. Die geraakte plase is […]

Read More

Finansiële stres ‘kniehalter werkers’ - September 23, 2025

Finansiële stres word ‘n stille krisis in Namibiese werkplekke, met die 2024 Old Mutual Financial Services Monitor wat onthul dat meer as die helfte van werkende Namibiërs sukkel om kop bo water te hou. Volgens Ashante Manetti, stigtings- en kleinhandelbemarkingsbestuurder by Old Mutual Namibia, bly hierdie stres nie by die huis nie, dit volg werknemers […]

Read More

Joburg kyk na nywerheidsparke vir SME-groei - September 23, 2025

Die Stad Johannesburg se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling sê pogings om die metro as ‘n spilpunt vir ekonomiese groei te posisioneer, duur voort, insluitend die ontsluiting van die potensiaal van nywerheidsparke. Die burgemeester Dada Morero het ‘n teiken gestel om die metro se ekonomie met drie persent te laat groei, en die meeste van die […]

Read More

Jimmy Kimmel Live vanaand terug op die lug - September 23, 2025

Die ABC-televisienetwerk het aangekondig dat die program Jimmy Kimmel Live vanaand weer uitgesaai sal word. Die laataandprogram is verlede week vir ‘n onbepaalde tyd van die lug gehaal nadat Jimmy Kimmel opmerkings gemaak het oor die moord op die konserwatiewe mediapersoonlikheid Charlie Kirk. Kimmel het in sy monoloog verlede Maandag gesê die MAGA-groep probeer politieke […]

Read More

Film- en kreatiewe stad in pyplyn vir Namibië - September 23, 2025

Die regering het planne aangekondig om ‘n film- en kreatiewe stad te ontwikkel. Die projek sal ontwikkel word as ‘n spesiale ekonomiese sone, wat ‘n omvattende reeks dienste sal bied. Die fokus sal wees op sleutel subsektore, insluitend mode-ontwerp, musiek en uitvoerende kunste, filmvervaardiging, sowel as tegnologie en innovasie. Die woordvoerder van die beleggingsbevorderingsraad, Catherine […]

Read More

Junior fietsryspan eerste keer by UCI Pad Wêreldkampioenskappe - September 23, 2025

Namibië se junior fietsryspan neem tans deel aan die 2025 UCI Pad Wêreldkampioenskappe in Kigali, Rwanda, waar hulle vir die eerste keer op die wêreldverhoog kompeteer. Delsia van Vuuren en Rosemarie Thiel neem deel in die vroue junior-kategorie, Monique du Plessis in die vroue Onder-23-kategorie, en Roger Surén en Marco Thiel in die mans junior-kategorie. […]

Read More