Midrand-man vas vir 80kg kokaïen - October 29, 2025

ʼn Ses-en-vyftigjarige man is gearresteer nadat die polisie by sy huis in Midrand, Gauteng, beslag gelê het op 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen. Die polisie het tydens ʼn misdaadintelligensie-operasie ʼn wenk opgevolg oor dwelms wat op ʼn kleinhoewe in Blue Hills, Midrand, geberg word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê toe die huis deursoek […]

Read More

Amerikaners moet Mali verlaat - October 29, 2025

Die Amerikaanse ambassade in Mali doen ‘n beroep op alle Amerikaanse burgers om die land onmiddellik te verlaat en waarsku teen toenemende terreurdreigemente en ‘n verergerende brandstofkrisis wat veroorsaak word deur ‘n jihadistiese blokkade. Dit is die tweede waarskuwing in net drie dae, na ‘n vroeëre waarskuwing teen reise na Mali weens misdaad, terrorisme en […]

Read More

Oekraïne, EU vergader oor wapenstilstand - October 29, 2025

Te midde van toenemende wedersydse aanvalle het president Volodymyr Zelensky gesê dat Oekraïnse en Europese amptenare aan die einde van die week sal vergader om die besonderhede van ‘n wapenstilstandsplan te bespreek. Hy sê dit is nie ‘n plan om die oorlog te beëindig nie. ‘n Wapenstilstand is eers nodig en die vergadering is ‘n […]

Read More

Omgewingsaktiviste kry teenspoed - October 29, 2025

Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek aankom, maar nie sonder dat […]

Read More

Uitstel van boorgatregistrasies tot Vrydag was net vir NLU-lede - October 29, 2025

Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Namibiese Landbou-unie het ‘n verlenging van agt maande, tot 31 Oktober, aangevra maar, dit geld net vir lede van die landbou-unie. Sakeus Ihemba, die hoofhidroloog by die ministerie verduidelik. Ihemba sê wel […]

Read More

Agribank sleep oudminister, nou presidensiële adviseur, hof toe - October 29, 2025

Agribank dagvaar die presidensiële adviseur Christine Hoebes vir betaling van meer as 232 000 Namibiese dollar in lenings wat sy as adjunkminister in 2015 gemaak het. Sy het destyds 193 000 dollar vir die aankoop van bees en 7 000 dollar vir die aankoop van ‘n bok- en skaapram geleen. Die eerste lening was betaalbaar […]

Read More

Slagkapasiteit moet verbeter vir internasionale marktoegang - October 29, 2025

China het belangstelling getoon om tot 20 000 ton beesvleis uit Namibië elke maand in te voer, meer as dubbel die land se huidige jaarlikse uitvoere na die Europese Unie, wat ongeveer 8 000 ton beloop. Daar is kommer omdat Namibië se beperkte produksiekapasiteit ‘n groot struikelblok bly om aan sulke vraag te voldoen. Uitvoerende […]

Read More

Aarde se magnetiese veld verswak vinniger as verwag - October 29, 2025

Wetenskaplikes het bevind dat die Aarde se magneties veld vinniger verswak as verwag. Satellietdata toon dat die Suid-Atlantiese Anomalie, ‘n swak gebied wat oor die Suid-Atlantiese Oseaan na Afrika strek, uitgebrei het tot ongeveer die helfte van die grootte van die Europese vasteland. Omdat die magnetiese veld die Aarde teen sonbestraling beskerm, loop satelliete wat […]

Read More

Nictus-groep brei uit na Walvisbaai - October 29, 2025

Nictus Holdings het nuwe grond in Walvisbaai gebreek. Die maatskappy begin met die konstruksie van ses nuwe kleinhandelwinkels oor twee top-liggings in die dorp. Die ontwikkeling dui op ‘n groot uitbreiding vir die groep in die Erongo-streek, wat verskeie van sy toonaangewende handelsmerke onder een strategiese groeiplan saambring. Wilmar Fourie, die besturende direkteur van die […]

Read More

VF+ veroordeel Kubayi se Orania-aanmerkings - October 29, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, se opmerkings oor Afrikaner-selfbeskikking ondermyn Artikel 235 van die Grondwet. Die party voer aan Kubayi se opmerkings ondermyn 1994 se ooreenkoms wat kulturele en gemeenskapsregte erken. Wynand Boshoff van die VF Plus se die minister se bewering dat Orania in die Noord-Kaap […]

Read More