Lüderitz-burgemeester bedank, ook uit IPC - September 23, 2025
Lüderitz se burgemeester, Phil Balhao, het uit die pos bedank asook uit die IPC, om persoonlike redes. Dit is nie duidelik of dit met onmiddelike effek is nie. Balhao sê in ‘n plasing op sy sosiale media dat dit ‘n eer was om die gemeenskap en alle belanghebbendes te dien. Hy voeg by dat hy […]
Wees geduldig oor nuwe ambassadeurs, maan Ngurare - September 23, 2025
Die kontroversie oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ambassadeursaanstellings hou aan om debat in die parlement te veroorsaak. Kritici, insluitend PDM-leier McHenry Venaani, het die keuses as stamgebonde en gebrekkig aan inklusiwiteit gekritiseer, met bewerings dat 7 uit 10 van die onlangs aangesteldes uit die noorde kom. In ‘n reaksie vanmiddag in die Nasionale Vergadering het […]
Namibië se mededingendheid ‘swak’, maar daar’s hoop - September 23, 2025
Namibië beklee die 68ste plek uit 69 lande in die 2025 IMD Wêreld Mededingendheid-jaarboek, wat aanhoudende strukturele en ekonomiese uitdagings weerspieël. Namibië is 67ste in ekonomiese prestasie geplaas en het die slegste gevaar in indiensneming, waar dit in die 69ste plek was, met die binnelandse ekonomie in 68ste plek. Internasionale handel en belegging was onderskeidelik […]
Goud tref nuwe rekord, ‘kan nog styg’ - September 23, 2025
Die prys van goud het vanoggend bo 3 780 Amerikaanse dollar per fynons verhandel en rekordhoogtes bereik. In vergelyking met ‘n jaar gelede het die prys van goud met amper 43 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Chris Hart gesels wat sê dat stygende inflasie, markwisselvalligheid en sentrale bankbeleid die goudprys tot […]
Wetgewing op pad teen kuberbedrog - September 23, 2025
Namate die land sy verskuiwing na ‘n volledig digitale betaalstelsel versnel, neem kommer oor kubermisdaad ook toe. In reaksie hierop sê die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat die regering nuwe wetgewing voorberei wat daarop gemik is om verbruikers teen aanlynbedrog te beskerm. Theofelus waarsku vanoggend by die Payments Thought Leadership-geleentheid dat die […]
KZN huurmoordenaar kry twee keer lewenslank - September 23, 2025
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het die huurmoordenaar Sabelo Phewa tot twee maal lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die munisipale bestuurder van Richmond, Sibusiso Sithole. Sithole is buite die lisensiekantoor in die dorp doodgeskiet, onderweg na ‘n vergadering oor bedrog en korrupsie rondom tenders en gunslone in die munisipaliteit. Phewa word ook met die […]
Internasionale Strafhof kla Duterte aan, lê klem op onpartydigheid - September 23, 2025
Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart in Nederland in aanhouding. ‘n […]
Dembélé, Bonmati wen Ballon d’Or - September 23, 2025
Paris St-Germain en Frankryk se voorspeler, Ousmane Dembélé, het sy eerste Ballon d’Or gewen. Die 28-jarige speler het die vorige PSG-seisoen 35 doele aangeteken toe sy span die Kampioeneliga, die liga-titel en die Franse Beker gewen het. PSG-bestuurder Luis Enrique is die afrigter van die jaar. Barcelona en Spanje se middelveldspeler, Aitana Bonmati, is die […]
Amushelelo, Nauyoma se eis oor aanhouding voor hof - September 23, 2025
Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma se dagvaardiging van die ministerie van binnelandse sake kom vandag vir sy tweede dag van verhoor voor regter Natasha Bassingsthwaite voor. Die twee dagvaar vir hulle aanhouding van 21 Maart tot 12 Oktober 2023. Alle klagte teen hulle is laat vaar. Die twee sê hulle is uiters swak in die […]
DA maak alarm oor haglike olifantbestuur in Madikwe - September 23, 2025
Die DA in Noordwes doen ‘n beroep vir dringende optrede en sê riglyne oor olifantbestuur by die Madikwe-wildreservaat word blatant deur provinsiale owerhede verontagsaam. Dit volg na die Noordwes-parke- en toerismeraad en die provinsiale regering na bewering ses ononderhandelbare riglyne van die Parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing geïgnoreer het. Andrew de Blocq […]